Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanada
Kanada [boodskap #37235] Ma, 27 November 2000 00:00 na volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Lees hierdie interessante brief

Harry

Besoek gerus ons twee webbladsye:

www.egafrikaans.co.za en
www.stuursms.co.za

/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\

OUENS IN DIE BUITELAND:

Gerrilene vertel:

Ek's regtig so bevoorreg om in 'n eerste wêreldland te kan bly, dat ek graag
my ervaringe hier in Vancouver, Kanada met julle wil deel. Ons stad is
maklik een van die mooiste stede in die wêreld...veral as 'n mens op 'n
wolkelose dag, in die winter, vir die eerste keer in Vancouver land...is
die sneeu op die berge, so ver as wat jy kan sien, voorwaar 'n pragtige
gesig. Die Amerikaanse grens is so 40 minute se ry van die middestad af en
Seattle is net meer as 2 ure se ry suid van Vancouver.

Ek sal graag hier wil oud word. Die mense leef lank, want dis 'n goeie,
rustige kwaliteitlewe en dit maak die Groot Trek hierheen beslis die moeite
werd. Ek ervaar hier baie minder stres as in SA. Die mense is uiters
beskaafd, beleefd, baie vriendelik, vreeslik verdraagsaam, hulpvaardig en
net plein 'nice' om mee saam te leef. Hier voel ek waarlik vry, ek kan
laataand, vrou alleen, ver gaan stap sonder om een keer om te kyk. Amper
niks bedreig my lewe, my eiendom of my privaatheid hier nie.

As jy 'n huis/meenthuis/woonstel hier koop of huur dan kry jy gewoonlik die
5 elektriese masjiene saam met die huis, maw jy trek nie hier rond met jou
skottelgoedwasser, yskas, stoof, wasmasjien en droër nie. Hier is ook geen
TV antennes op die dakke nie, die "cable" soos ons dit ken, is maklik....as
jy intrek, prop jy net jou TV in die muur in en die beeld is dadelik 100 %
reg. Jy maak een oproep en nog dieselfde dag is jou TV konneksie lewendig.
Ons betaal vir die aantal kanale, hier is meer as 60 om van te kies....maw
meer kanale, meer geld per maand, 'n baie regverdige stelsel. Ook as jy
aansoek doen vir 'n telefoon .... dis net een oproep en nog dieselfde dag
het jy 'n lewendige lyn en 'n nommer. Alle plaaslike oproepe is gratis en
hier is 'n keuse tussen ten minste 4 langafstand
telefoondiensverskaffers.....dis net so maklik om hier te woon. Die
"stelsel" werk en diensverskaffing is 'n prioriteit.

Alle huise het 'n 'furnace' ... 'n wonderlike sentrale verhittingstelsel wat
warm lug deur 'n gaatjie in die vloer in elke vertrek inblaas .... dan moet
al die vensters natuurlik toe wees ... heelwat van die warmwatersilinders en
'furnaces' werk op natuurlike aardgas.

Ons het dadelik die Kanadese gewoonte aangeleer om ons skoene by die
voordeur uit te trek en in die kas by die voordeur te bêre. Alle warm klere
soos jasse, serpe en handskoene word ook daar opgehang. Ook gaste wat kom
kuier trek hul skoene in die voorportaal uit en dan loop almal op hulle
sokkies in die huis. Die gewoonte kom oorspronklik van die sneeuprovinsies
af ..... as jy met sneeu aan jou skoene, in 'n warm verhitte huis loop, dan
smelt die sneeu en los orals sulke klein waterplassies en omrede die huise
lekker warm binne is, is dit net natuurlik om jou warm jas, ens uit te trek
sodra jy binneshuis is.

Ons is baie gelukkig hier en hoor gereeld Afrikaans op straat en in die
winkels....hier is letterlik duisende Suid Afrikaners, sommige meen hier is
al meer as 30 000, en soveel van hulle kan nie verkeerd wees nie !

Julle is baie welkom om my te vonkpos met navrae of sommer net om te gesels
g...@attcanada.net

Groete uit Vancouver
Re: Kanada [boodskap #37384 is 'n antwoord op boodskap #37235] Wo, 29 November 2000 01:08 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

HW Gird wrote:

> Lees hierdie interessante brief
>
> Gerrilene vertel:
>
> Ek's regtig so bevoorreg om in 'n eerste wêreldland te kan bly

Gerrilene vertel so van die "eerste wêreldland" waarin sy bly.Dit wys
duidelik dat sy nog nie 'n Kanadees is nie. Want dan
sal sy weet van die derde wêreldse armoede wat daar in haar
eie provinsie van British Columbia is, en sy sal haar daaroor
bekommer.
En Gerrilene vertel julle natuurlik nie van die werklik
ernstige misdaad wat daar in dele van Vancouver is nie.
Gerrilene, as sy eerlik is, sal toegee dat sy maar net een
deeltjie van Vancouver ken.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: spotprent uit die boere-oorlog ..... LW., aanhangsel van 80KB
Volgende onderwerp: Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:31:08 MGT 2024