Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » swak bestuurs vermoë
swak bestuurs vermoë [boodskap #37158] So, 26 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kom ons gesels oor ons irritasies. Dan weet ék waar frustreer ek jòu
en jy verstaan daai kyk wat ek jou gee!

Ek vind byvoorbeeld die bestuurder wat dertig treë voor die draai,
nadat hy rééds spoed verminder het en werklik rééds begìn draai het,
en dàn eers die flikkerlig aanskakel om te wys dat hy gaan draai, byna
nét so erg as die ou wat verbysteek om onmiddelik reg voor jou, spoed
te verminder om af te draai.

Of die mens wat van baan verander en presies dieselfde tyd flikkerlig
aanskakel of selfs nàdat hy reeds in die ander baan is!
Is jy ook een van daardie bestuurders wat dink dat die flikkerlig en
stuurwiel dieselfde tyd gebruik word?

Is jy ook een van daai ouens wat in die nag as jy by my verby steek,
ligte verskerp (bright)? Hoekom doen jy dit? Wat sê jy vir my? Indien
jy sê 'hallo' is die skerp ligte wat jy van my af terug kry ook 'n
'hallo'.
Of sê jy dalk, "ek weet dat jy nog al die pad reguit ry, maar moet
asseblief nie links(regs?) swaai terwyl ek verbysteek nie? Dan sê die
skerp ligte wat jy van my af in jou truspieël terugkry, 'toemaar ek
sal nie".

Of myl na myl ry jy agter my om skielik verby te steek en dan
dieselfde spoed voor my te ry.

Of (verdomp!) so vermetel is om by die stopstraat bò op die
voetoorgangstrepe stil te hou terwyl die voetgangers om jou kar moet
stap?

Om op te krop is nie lekker nie. Ek voel sommer ligter nou.


DD
Re: swak bestuurs vermoë [boodskap #37159 is 'n antwoord op boodskap #37158] So, 26 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Groot irritasies waarvan jy nou hier praat. 'n Ander een......as die ou
aankom en een lig is skerp en een " gedomp" en as hy werklik domp dan is
dit vice versa. Ooglopend bedradings probleem. Ja, en die een lig alleen is
baie algemeen hier Sue.Uiters gevaarlik ook as die binnekantse lig dood is en
hier is groot vragmotors meeste van die tyd skuldig. (Wonder wat doen die
verkeersmanne behalwe om êrens onder 'n boom te skuil ens.)
Ek dink as ons eers begin sal die lys oor irritasies baie lank kan word soos
oa. hierdie "fancy" dames met daai laaaaang dun sigaretjies wat nie weet
watter hand moet dit hou om al die ander kontroles by te kom nie en dan
natuurlik daai ewige selfoon teen die oor. Die nuwe wet word ook maar nie
juis toegepas nie want almal doet steeds so. En so kan ons aangaan en
aangaan.
Groetnis
Christo

Davie Davis wrote:

> On Sun, 26 Nov 2000 19:28:31 GMT, Sue wrote:
>
>> In article , davie...@email.com
>> says...
>>
>>> Kom ons gesels oor ons irritasies. Dan weet ék waar frustreer ek jòu
>>> en jy verstaan daai kyk wat ek jou gee!
>>
>> Dit was nou lekker lees! Ek voel jou pyn DX2! :-)
>> Jy moet ook sommer vra wat is die bedoeling van een hooflig in die
>> aand/nag? Ek neem aan dis darem seker beter as geen hoofligte nie?. :-)
>> Of is dit nie so groot probleem daar by julle nie?
>
> Een hooflig sê jy Sue? Dit is nie werklik 'n probleem nie so lank die
> lig aan die binnekant van die pad is en nie buite nie. Dit is wel 'n
> probleem as daardie een hooflig nié 'n dompstelling het nie en al die
> pad moet jy langs die pad kyk tot hy verby is.
> Of die motorfietsryer wat (let wel, ek my Kawa verkoop!) nie weet waar
> stel jy die ligte (dim en bright) nie. Hulle is 'n irritasie tot
> helder oordag!
>
> Haai dié site kan nogal terapeutiese waarde hê né!
>
> Dx2
>
Re: swak bestuurs vermoë [boodskap #37218 is 'n antwoord op boodskap #37158] Ma, 27 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
krokkie[2]  is tans af-lyn  krokkie[2]
Boodskappe: 60
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Riaan wrote in message ...
> Wat dink jy van die een
> reel. Wanneer gaan hulle besef 'n mini sirkel is presies dieselfde as 'n
> stopstraat ?
>

Nee dit is nie 'n stopstraat nie maar wel 'n toegee vir die 1ste persoon wat
die sirkel binnegaan
of eerste is by die toegeestreep is , Hulle verwyder dan juis stopstate en
vervang dit met mini sirkels
Re: swak bestuurs vermoë [boodskap #37257 is 'n antwoord op boodskap #37158] Ma, 27 November 2000 07:39 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat dink jy van die een

Jy kom aangery in 'n 2 tot 3 baan straat en die lig is vir jou rooi. Daar
staan al klaar 'n paar motors by die lig en wag maar een van die bane (die
een waarin jy ry) is oop. 'n motor wat so entjie voor jou in 'n ander baan
ry sien dit en "skiet reguit" vir die plekkie om ook heel voor by die
verkeerslig te wag.

Skakel die lig dan oor groen toe is dit dan ook die ou wat LAASTE wegtrek.
Nou wil ek graag weet hoekom het die asshole dan nou vir die voorste plek
"geskiet"

Ek dink ook dat 80% van die mense dink die nuwe mini sirkels moet hanteer
word soos die groter sirkels met die gee toe aan die ouens in die regterkant
reel. Wanneer gaan hulle besef 'n mini sirkel is presies dieselfde as 'n
stopstraat ?
Vorige onderwerp: Re: 'On'Skriftuurlike Blommetjie ? [Ha Ha]
Volgende onderwerp: Re: Adam en Evolusie en blommetjie se "tatta" :-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 13:03:42 MGT 2024