Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Riemvasmaak
Riemvasmaak [boodskap #36920 is 'n antwoord op boodskap #36923] Di, 21 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Inga Van Meerbergen V  is tans af-lyn  Inga Van Meerbergen V
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand van die nuusgroep my meer inligtinge gee oor "RIEMVASMAAK"? Is
dit 'n plek se naam? Wat sien mens daar?
Ek het gesien daar is toere van Kakamas af na "Riemvasmaak".
Groete uit Vlaanderen,
Inga
Re: Riemvasmaak [boodskap #36921 is 'n antwoord op boodskap #36923] Di, 21 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Daar's baie troepies (=soldate) wat jou een en ander oor Riemvasmaak kan
vertel! Kortweg, Riemvasmaak word algemeen gesien as 'n deel noord van die
Oranjerivier daar naby die Aughrabieswaterval. Droë semi-woestyn met enkele
koppies. Baie klipperige wêreld. Daar het, voor die destydse SA Weermag sy
gevegsoefenterrein daar gevestig het, 'n groep mense (ek kan nie onthou of
dit Kleurlinge of Boesmans of Xhosa's of Tswana's was nie) daar gebly. Van
hulle is hervestig in Suidwes (soos Namibië toe bekend gestaan het), en
ander is na Herschel in die Transkei geneem. Toe die Weermag hier in 1992
rond sy terrein daar opgesê het, het baie van daardie mense weer gevra om
teruggeplaas te word daarnatoe. Daar was heelwat probleme met die klomp wat
uit Namibië teruggeplaas moes word, omdat Namibië intussen onafhanklik
geword het. Deesdae word sterk gepoog om die gebied as eko-toerisme
bestemming te bemark en te bedryf.

Groete,
Dries

"zebra" skryf in boodskap news:8veicq$4h9$1@news.planetinternet.be...
> Kan iemand van die nuusgroep my meer inligtinge gee oor "RIEMVASMAAK"? Is
> dit 'n plek se naam? Wat sien mens daar?
> Ek het gesien daar is toere van Kakamas af na "Riemvasmaak".
Re: Riemvasmaak [boodskap #36922 is 'n antwoord op boodskap #36920] Di, 21 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

zebra wrote:

> Kan iemand van die nuusgroep my meer inligtinge gee oor "RIEMVASMAAK"? Is
> dit 'n plek se naam? Wat sien mens daar?
> Ek het gesien daar is toere van Kakamas af na "Riemvasmaak".
>

Ek hoop iemand anders sa vir jou meerbesonderhede gee. Ja, dit is 'n
pleknaam. Al
het ek seker minder as honderd kilometers
daarvandaan grootgeword, was ek nog nooit
daar nie. Ek dink daar was 'n sendingstasie.
Op ons landkaarte kan ek nie agterkom of
dit verder wes as die Aughrabiese Valle is nie.
Ek neem aan dat as daar toere uit Kakamas
(waar ek op hoërskool was) gedoen word
na Riemvasmaak, dit ten minste die Aughrabiese
Valle sal moet insluit.

Gloudina
Re: Riemvasmaak [boodskap #36923 is 'n antwoord op boodskap #36921] Di, 21 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Deesdae word sterk gepoog om die gebied as eko-toerisme
> bestemming te bemark en te bedryf.
>

Dries, vertel meer van die redes hoekom dit as 'n eko-toeristiese
bestemming bemark word. Toe ek klein was, het ons buurvrou
Ant Bessie Sans altyd van Riemvasmaak gepraat en hulle het
dan ook baiekeer die kar en perde gevat en Riemvasmaak toe
gery. Ek was altyd so jaloers dat ek nooit Riemvasmaak toe
kon gaan nie. Is daar swawelbronne, soos daar by Ai-Ais
is, waarnatoe die Sanse ook gereeld gegaan het (nog 'n bron
van jaloesie by my.) Is dit naby die Visrivier-Canyon? En
ek wonder of die naam Riemvasmaak verwys na 'n plek wat
baie styl is en waar die wawiele met rieme moes vasgemaak
word.
Nog 'n plek wat wes van ons was, en waar ek nooit uitgekom
het nie, was "Onseepkans." (Ek dink dit is suid van die rivier.)
Ek het altyd gedink die naam kom van die feit dat die mense
gedink het hulle seep het 'n kans. Nou lees ek in een van ons
toeriste-brosjures van die Noordkaap die volgende oor die
oorsprong van die naam Onseepkans: "The name is either a
combination of three Nama words: "tconsiep" (an elbow
projecting into the river), "nias" (a rocky surface) and "tcaans"
(thorntrees) , or it is the derivation of the Nama word meaning
"watering place for cattle."

Gloudina
Re: Riemvasmaak [boodskap #36996 is 'n antwoord op boodskap #36923] Wo, 22 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nee, gits, ek weet nie rêrig hoekom nie. Behalwe dat die yuppies met hulle
4x4's baie geld het om te spandeer en hulle dink dis "cool" om bietjie in
die woestyn(?) te gaan rondkuier en "nader" aan die natuur te kom. Dan ry
hulle so bietjie heen en weer oor die duine agter toe vensters met die CD
vol oop. Kompleet met Police/Rayban sonbrille en Calvin Klein klere.
Vanaand sit hulle in groot geamk hulle sondonnertjies en drink en gesels oor
die lekker "adventure". En dan mis hulle die toktokkie wat deur die veld
aangestap gekom het, of die rooivalkie wat op die boom gesit, en al die
klein-klein blommetjies en vetplante. Ag, ek raak sommer moereloos...

Maar, daai omgewing is mos so op die oorgang van die halfwoestyn van
suidelike Namibië en die Vaalbos-Karoo en die sand van die regte Kalahari.
En elke deel het sy eie unieke flora & fauna. Geologies-gesproke is dit ook
'n baie interessante gebied. Het jy geweet die Kalahari-sandgebied is die
grootste en diepste sandkom in die wêreld? Dis net nie so opsigtelik soos
byv. die Namib nie, omdat daar tog gras en bome groei.

Terloops, 'n nuwe term vandag gehoor, in die lyn van "yuppies". Hier in
Delmas se wêreld praat hulle van "frappies" = "f****n ryk as gevolg van
pappie"

Groete,
Dries

skryf in boodskap news:3A1B0A7E.37B5943B@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> Deesdae word sterk gepoog om die gebied as eko-toerisme
>> bestemming te bemark en te bedryf.
>>
>
> Dries, vertel meer van die redes hoekom dit as 'n eko-toeristiese
> bestemming bemark word. Toe ek klein was, het ons buurvrou
> Ant Bessie Sans altyd van Riemvasmaak gepraat en hulle het
> dan ook baiekeer die kar en perde gevat en Riemvasmaak toe
> gery. Ek was altyd so jaloers dat ek nooit Riemvasmaak toe
> kon gaan nie. Is daar swawelbronne, soos daar by Ai-Ais
> is, waarnatoe die Sanse ook gereeld gegaan het (nog 'n bron
> van jaloesie by my.) Is dit naby die Visrivier-Canyon? En
> ek wonder of die naam Riemvasmaak verwys na 'n plek wat
> baie styl is en waar die wawiele met rieme moes vasgemaak
> word.
> Nog 'n plek wat wes van ons was, en waar ek nooit uitgekom
> het nie, was "Onseepkans." (Ek dink dit is suid van die rivier.)
> Ek het altyd gedink die naam kom van die feit dat die mense
> gedink het hulle seep het 'n kans. Nou lees ek in een van ons
> toeriste-brosjures van die Noordkaap die volgende oor die
> oorsprong van die naam Onseepkans: "The name is either a
> combination of three Nama words: "tconsiep" (an elbow
> projecting into the river), "nias" (a rocky surface) and "tcaans"
> (thorntrees) , or it is the derivation of the Nama word meaning
> "watering place for cattle."
>
> Gloudina
>
Re: Riemvasmaak [boodskap #36997 is 'n antwoord op boodskap #36923] Wo, 22 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Nee, gits, ek weet nie rêrig hoekom nie.

Wel, daar moes 'n rede gewees het hoekom OomJan en Ant Bessie Sans so baie
daarheen gery het.
Daar moes iets aangegaan het. Ek dink nog daar
was heelwaarskynlik warmbaddens, soos by Ais-
Ais.

> En dan mis hulle die toktokkie wat deur die veld
> aangestap gekom het, of die rooivalkie wat op die boom gesit, en al die
> klein-klein blommetjies en vetplante.

Ja, ek was so bly toe ons kinders van 'n onlangse besoek aan SA terug-kom en
hulle het 'n detail-foto van 'n miskruier.

> Maar, daai omgewing is mos so op die oorgang van die halfwoestyn van
> suidelike Namibië en die Vaalbos-Karoo en die sand van die regte Kalahari.
> En elke deel het sy eie unieke flora & fauna. Geologies-gesproke is dit ook
> 'n baie interessante gebied. Het jy geweet die Kalahari-sandgebied is die
> grootste en diepste sandkom in die wêreld?
>

Dis interessant. Ek het ook nou die dag gelees dat die Visrivier Canyon
die grootste is behalwe vir die Grand Canyon in die VSA. Dis darem
jammer dat ek al die duisende myle afgery het om die Grand Canyon
te gaan kyk, en ek het nooit by die Visrivier canyon uitgekom nie, al
het ek relatief naby daar grootgeword. Soos mense wat die Niagara
Falls in die VSA besoek uit SA, maar nog nooit die Aughrabiese
Valle gesien het nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: GO AND F. etc
Volgende onderwerp: Recap die gebeure 1
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 17:30:14 MGT 2024