Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Parys - Parys retoer
Parys - Parys retoer [boodskap #3563] Ma, 05 Januarie 2004 21:55 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn   wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>>
>> Dit gaan goed met my, dankie Roely! Ek het gisteraand teruggekom. Ek
>> was nie naby die Champs Elysees nie, ek was in Montmartre vir Nuwe
>> Jaar, maar die riots op die Champs Elysees elke jaar is mos deel van
>> 'n ou gerespekteerde tradisie wat terugreik na die dae van die Paris
>> Commune :-))
>
> Jy is TERUG!!  Baie welkom terug, Lorinda! ;-))
> Vertel vertel!!

Ek weet NIKS van die Paris Commune nie, wat jy ookal mag gehoor het ek
was nie daar nie ! (tyd het my daarvan gered)  :-))
Baie dankie vir die verwelkoming, ek het my klein vakansie baie
geniet. Ek was in 'n baie oulike restaurant op Oujaarsaand, en daar
was 'n soort kabaret (liedjies van Kurt Weil ens). Het ook die
Botticelli uitstalling by die Musee du Luxembourg gesien (nie op
dieselfde aand nie :-))en het soos altyd in Parys myself doodgeëet. Ek
het al die sports op die Champs Elysees gemis, maar ek kla nie :-)

> Gie gie...ook tyd dat jy terug is,  net betyds om te sien hoe ek
> alweer my kop in daardie hellhole (SCSAA)  gaan steek het, en ai AI!!
> ;-)))
>

Ek was so lanklaas daar dat ek hard moes soek, en jy is reg, ai, AI!!
Dis moeilik om oor enigiets 'n gesprek daar te voer. Ek glo nie dit
maak saak wat mens sê nie, die resultaat is dieselfde.  Ja, ons het
seker 'n water kliek hier! :-)

Oor die opskrif van hierdie pos, het jy ooit 'n bundel essays deur
Andre P Brink gelees met die titel Parys - Parys Retoer? Dit het
gegaan oor sy tyd in Parys en ek het baie daarvan gehou; ek dink sy
essays is baie beter as sy novelles (sy karakterisering is altyd so
een-dimensioneel - maar ek moet erken ek het lanklaas 'n boek deur hom
gelees, sy nuwe boeke mag dalk anders wees).

Lorinda
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3565 is 'n antwoord op boodskap #3563] Ma, 05 Januarie 2004 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek weet NIKS van die Paris Commune nie, wat jy ookal mag gehoor het ek
> was nie daar nie ! (tyd het my daarvan gered)  :-))

LOL!!

> Baie dankie vir die verwelkoming, ek het my klein vakansie baie
> geniet. Ek was in 'n baie oulike restaurant op Oujaarsaand, en daar
> was 'n soort kabaret (liedjies van Kurt Weil ens). Het ook die
> Botticelli uitstalling by die Musee du Luxembourg gesien (nie op
> dieselfde aand nie :-))en het soos altyd in Parys myself doodgeëet. Ek
> het al die sports op die Champs Elysees gemis, maar ek kla nie :-)

Ag, dit klink absoluut wonderlik.  Ek het nogal nou die aand met
iemand juis oor Kurt Weil gesels.  Hoe ironies.  

> Ek was so lanklaas daar dat ek hard moes soek, en jy is reg, ai, AI!!
> Dis moeilik om oor enigiets 'n gesprek daar te voer. Ek glo nie dit
> maak saak wat mens sê nie, die resultaat is dieselfde.  Ja, ons het
> seker 'n water kliek hier! :-)

Skuus, ek het darem nie gedink jy sal gaan lees nie, anders kon ek vir
jou die opskrifte gegee het.  Duh...:-))))
Jy's reg, dit maak werklik nie saak wat mens sê nie.  Dit is so
ongelooflik eintlik.  Eintlik so tragies/snaaks ook, want die Nude
Raider beledig hulle iets verskrikliks, maar hulle is so behep en
besig om mekaar te verskeur dat hulle dit nie eens raaksien nie, en in
die proses nogal heeltemal saamstem met die beledigings.  LOL,  as ek
kon skryf, sou dit darem ''n wonderlike tema gewees het.  So Tom
Sharpe meets Monty Python tipe van skets. ;-))
Wel,  heil aan die waterkliek.  Mag ons nog lank kliek!!
;-)))

> Oor die opskrif van hierdie pos, het jy ooit 'n bundel essays deur
> Andre P Brink gelees met die titel Parys - Parys Retoer? Dit het
> gegaan oor sy tyd in Parys en ek het baie daarvan gehou; ek dink sy
> essays is baie beter as sy novelles (sy karakterisering is altyd so
> een-dimensioneel - maar ek moet erken ek het lanklaas 'n boek deur hom
> gelees, sy nuwe boeke mag dalk anders wees).

Ja.  Hy  is nogal een van die bitter min Afrikaanse skrywers wat ek
al  gelees het.   
Ek onthou vaagweg dat hy mos juis die Mei gebeure daar in Frankryk
beskryf het met die opstand van die studente en so aan. Nee, ek sal
nou NIKS verder sê nie, Lorinda. ;'-))
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3579 is 'n antwoord op boodskap #3563] Di, 06 Januarie 2004 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Paar jaar terug het 'n vrind se vrou wie 'n Parysenaar is ons na 'n
kafee/restaurant geneem in Montmartre. 'n Klompie musiekkunstenaars wat in
die stad opgetree het, het die kafee as hul kuierplek gebruik na vertonings.
Ons het daar gekuier tot die volgende oggend toe - met die kunstenaars wat
so om die beurt impromptu bydraes gelewer het deur die loop van die nag.
Nodeloos om te sê dit is my gunsteling herinnering aan Parys en Montmartre.
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3580 is 'n antwoord op boodskap #3565] Di, 06 Januarie 2004 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

knip
> So Tom
> Sharpe meets Monty Python tipe van skets. ;-))

Dit sou baie goed werk! Onthou jy in Life of Brian "We must unite
against the common enemy" Uitroepe: "Yes, the Palestinian People's
Party, where are they?!"
Antwoord:"No, no the ROMANS..."


> Ja. Hy is nogal een van die bitter min Afrikaanse skrywers wat ek
> al gelees het.
> Ek onthou vaagweg dat hy mos juis die Mei gebeure daar in Frankryk
> beskryf het met die opstand van die studente en so aan. Nee, ek sal
> nou NIKS verder sê nie, Lorinda. ;'-))

LOL! Dankie... Dis reg, daar is 'n lang stuk in oor die nag van die
groot clash tussen die polisie en die studente (en werkers) toe hy so
heelnag deur die strate gedwaal het. As ek reg onthou was dit ook die
nag toe sy concierge heeltemaal die kluts kwyt geraak het en nadat sy
vir maande aanhoudend geteem het oor haar vrees vir die kommuniste
groet sy kom met "Dagsê kameraad!" en toe fluister sy "Op my kan jy
staatmaak, want ek, monsieur, is 'n kommunis"!

Lorinda
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3581 is 'n antwoord op boodskap #3579] Di, 06 Januarie 2004 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> 'n Paar jaar terug het 'n vrind se vrou wie 'n Parysenaar is ons na 'n
> kafee/restaurant geneem in Montmartre. 'n Klompie musiekkunstenaars wat in
> die stad opgetree het, het die kafee as hul kuierplek gebruik na vertonings.
> Ons het daar gekuier tot die volgende oggend toe - met die kunstenaars wat
> so om die beurt impromptu bydraes gelewer het deur die loop van die nag.
> Nodeloos om te sê dit is my gunsteling herinnering aan Parys en Montmartre.

Dit klink inderdaad na 'n wonderlike herhinnering. Parys is 'n plek
waar mens altyd baie interessante ondervindinge het, daar is iets
omtrent daai stad wat baie spesiaal is.

Lorinda
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3587 is 'n antwoord op boodskap #3581] Wo, 07 Januarie 2004 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat word nou van die kopdoek-edik daar in Frankryk?
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3589 is 'n antwoord op boodskap #3587] Wo, 07 Januarie 2004 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Wat word nou van die kopdoek-edik daar in Frankryk?


Daar is eersdaags plaaslike verkiesings in Frankryk, en dis een van
die dinge waaroor daar gedebateer sal word. As die verbanning deurgaan
sal dit van Sept af effektief wees.

Lorinda
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3596 is 'n antwoord op boodskap #3589] Wo, 07 Januarie 2004 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo die Europeers, en nie slegs die Franse, besef dat hulle lewenswyse
bedreig word. En ek glo nie die anti-immigrasie en anti-vlugteling moet as
'n regse beweging gebrandmerk word nie. Dis soos mense wat die satan sien in
kinderspeletjies - jy bemagtig daardeur die satan met iets waarvoor hy/sy
nie krediet verdien nie.
(Persoonlik glo ek die water is reeds onder deur die brug en omdraai is nie
meer 'n opsie nie.)
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3600 is 'n antwoord op boodskap #3580] Wo, 07 Januarie 2004 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>> So Tom
>> Sharpe meets Monty Python tipe van skets. ;-))
>
> Dit sou baie goed werk! Onthou jy in Life of Brian "We must unite
> against the common enemy" Uitroepe: "Yes, the Palestinian People's
> Party, where are they?!"
> Antwoord:"No, no the ROMANS..."

ROTFL!!! Ja, ek onthou dit baie goed. Dit is presies die tipe van
ding wat ek bedoel het.
Gisteraand lees blaai ek toe ook toevallig weer deur van my ou
Asterix comics, want ek het die ene gesoek van Asterix en die baba.
En toe dink ek ook weer aan die situasie van die "ander" en "ons".
;-)))

LOL! Ek het netnou gou hier kom lees, maar toe moes ek eers ophou
lees want ek het so gelag vir alles en almal.

> LOL! Dankie... Dis reg, daar is 'n lang stuk in oor die nag van die
> groot clash tussen die polisie en die studente (en werkers) toe hy so
> heelnag deur die strate gedwaal het. As ek reg onthou was dit ook die
> nag toe sy concierge heeltemaal die kluts kwyt geraak het en nadat sy
> vir maande aanhoudend geteem het oor haar vrees vir die kommuniste
> groet sy kom met "Dagsê kameraad!" en toe fluister sy "Op my kan jy
> staatmaak, want ek, monsieur, is 'n kommunis"!

PUIK PUIK!!! ;-)))
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3606 is 'n antwoord op boodskap #3596] Do, 08 Januarie 2004 00:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Ek glo die Europeers, en nie slegs die Franse, besef dat hulle lewenswyse
> bedreig word. En ek glo nie die anti-immigrasie en anti-vlugteling moet as
> 'n regse beweging gebrandmerk word nie. Dis soos mense wat die satan sien in
> kinderspeletjies - jy bemagtig daardeur die satan met iets waarvoor hy/sy
> nie krediet verdien nie.
> (Persoonlik glo ek die water is reeds onder deur die brug en omdraai is nie
> meer 'n opsie nie.)

Daar was 'n artikel deur Umberto Eco 'n ruk terug wat hieroor gegaan
het. Hy het dit vergelyk met die einde van die Romeinse Ryk, toe groot
groepe Gote ens hulleself in die ryk gevestig het. Hy het dit gebind
aan die lae geboortesyfers onder Europeers ens. en sê dat dit dalk 'n
soort vernuwing sal bring wat nodig is, alhoewel dit nie altyd
gemaklik sal wees nie. Daar was nogal baie ooreenkomste soos hy dit
uitgewys het, bv. dat mense sal kla oor verlaagde standaarde, oor die
godsdiens en kultuur verskille ens. Sy punt was egter dat dit dalk die
einde van die "Europese Ryk" is en dat iets nuuts daaruit sal groei.
Ek stem nie noodwendig saam nie, maar het dit tog interessant gevind.

Lorinda
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3607 is 'n antwoord op boodskap #3606] Do, 08 Januarie 2004 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - ek glo dat Eco bloot die sienswyse van 'n klomp mense, myne
ingeslote, verwoord het. Die vergelyk met die Romeinse Ryk is 'n treffende
vergelyking - ooreenkomste is legio.
Ek vind dit egter eienaardig dat die "regse" partye suksesvol was in die
uitbuiting van die situasie - waarskynlik omdat hulle die laer ekonomiese
klasse verteenwoordig - juis daardie mense wat die bedreiging die nouste
aanvoel.
Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3614 is 'n antwoord op boodskap #3607] Do, 08 Januarie 2004 17:15 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Lorinda - ek glo dat Eco bloot die sienswyse van 'n klomp mense, myne
> ingeslote, verwoord het. Die vergelyk met die Romeinse Ryk is 'n treffende
> vergelyking - ooreenkomste is legio.
> Ek vind dit egter eienaardig dat die "regse" partye suksesvol was in die
> uitbuiting van die situasie - waarskynlik omdat hulle die laer ekonomiese
> klasse verteenwoordig - juis daardie mense wat die bedreiging die nouste
> aanvoel.

Onthou egter dat Eco dit nie noodwendig as as 'n negatiewe verloop van
sake sien nie, meer as 'n "natuurlike" siklus.
Die regse partye skep baie keer ook 'n situasie waar daar nie een is
nie. In dele van Engeland waar daar min vlugtelinge ens is, doen hulle
partykeer baie goed. M.a.w. dis 'n abstrakte idee vir daardie mense,
hulle kry nie met die vlugtelinge (ekonomies of andersinds) te doen
nie. Ook is dit baie keer eenvoudig 'n maklike manier om die skuld
iewers te pak waneer dit eintlik elders hoort (by Blair se beleid
byvoorbeeld). In die employment tipe ekonomiese programme waarmee ek
te doen het is die ouens wat reguit sê "ek wil nie werk nie" sonder
uitsondering wit en Brits gebore. Somalis, Irakese ens wil almal graag
werk. Die eintlike probleem is die een van assimilasie(?)van sekere
van die groepe (nie almal nie, baie van hulle wil baie graag aanpas).

Lorinda
Vorige onderwerp: Ons Minister is Besig
Volgende onderwerp: Re: See a Witchdoctor - whinger!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 04:51:52 MGT 2024