Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Living Poets in Somerset Wes
Living Poets in Somerset Wes [boodskap #35881] Ma, 23 Oktober 2000 00:00
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
'n Klompie van ons het hier in Somerset-Wes 'n "Living poets Society"
gevorm. Ons oogmerk is om mense die geleentheid te gee om hul eie skeppings
(digkuns, essays, liedjies, ens.) op 'n verhoog aan 'n gehoor te kom
voordra. Ons aande is baie informeel en word meer as 'n kuieraand gesien
met enkele items wat dan gelewer word. Items wissel dan van voordragte van
eie of ander poësie, essays, ens asook musiekitems (van klassiek tot
wat-ookal).
Verlede Saterdagaand een gehad op 'n plaas hier buite Somerset- Wes. Dit
het die vorm van 'n piekniekaand gehad, en die aand se tema was
"Kruispaaie".

Ons aande is in Engels en Afrikaans.

Diegene wat hier in die omgewing woon en belangstel om dalk te kom kuier,
kan my kontak.

Die konsep is amper soos wat daar jare gelede, voor televisie die vermaak
geword het, in kleiner gemeenskappies 'Vereniging' gehou is. Vereniging of
CJV. Wie onthou dit nog? Julle hoef nie julle ouderdom/jeugdigheid te
verklap nie.

Thys de Wet
Vorige onderwerp: belg op zoek
Volgende onderwerp: Vir Blommetjie - die hele rusie oor Israel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 10:55:28 MGT 2024