Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner
Die Afrikaner [boodskap #7705] Vr, 22 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste Internet uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ********

Trompop botsing tussen Piet Pretorius en Hartzenberg

Dr. Ferdi Hartzenberg en mnre. Daan du Plessis en Casper Uys het aansoek
gedoen
vir 'n verhoordatum in die saak teen adv. Piet Pretorius, skrywer van
Volksverraad.
Hulle het hom kennis gegee om bloot te lê.

Adv. Pretorius se reaksie hierop was hy die drie here versoek om alle
bankstate wat op hulle
betrekking het, insluitende trustrekeninge, Beslote Korporasies, en
ander, saam te bring hof toe. Die
datum wat hy hiervoor vasstel, is Januarie 1981 (een jaar voor die
stigting van die KP). Voorts
vereis hy dat hulle ook volledige inligting moet verskaf van hulle
lidmaatskap van alle geheime
organisasies waaraan hulle sedert 1960 behoort het of steeds behoort. Die
oogmerk is dat sodanige
dokumentasie ter insae van die publiek sal wees.

In 'n persverklaring vind adv. Pretorius dit uiters vreemd dat hierdie
drie persone tot November
1996 voete gesleep het en inderdaad geen poging aangewend het om hulle
lastersaak teen hom te
laat vorder nie.

Hy verwys ook na die gebeure wat die verskyning van Volksverraad
voorafgegaan het. Hy vermeld
dat die advokaat van die drie here, adv. Fanie Jacobsz, hom in April 1995
getelefoneer het en hom
versoek het om alle verwysings na die KP en sy leiers uit die boek te
verwyder. Sy reaksie daarop
was dat hy dit slegs sou oorweeg indien dr. Hartzenberg sou reageer op
bewerings dat hy laat in
1986 vir 'n maand lank in Amerika was as gas van die State Department, en
op die beskuldiging dat
hy 'n Vrymesselaar is. Adv. Pretorius wys daarop dat dr. Hartzenberg glad
nie hierop gereageer het
nie.

Adv. Pretorius se verklaring vir die skielike besluit van die KP-leiers
om wel voort te gaan met die
lastereis, is dat dit volg op 'n persverklaring van hom op 'n verklaring
van mnr. FW de Klerk oor
CCN op 25 Oktober vanjaar dat hy nie bewus is van enige skendings van
menseregte tydens sy
ampstermyn nie. Adv. Pretorius het in sy verklaring daarop gewys dat
veral NI gruwelike
menseregteskendings gepleeg het. Hy oordeel dat mnr. De Klerk druk op die
drie here uitgeoefen
het om voort te gaan met die saak teen hom nadat hy kennis geneem het van
sy persverklaring.

Adv. Pretorius wys in sy persverklaring oor mnr. De Klerk se optrede, op
sy eie posisie toe hy op 5
November 1993 geskors is as 'n werknemer van NI sonder 'n interne
verhoor. Dit is uitgereik deur
mnr. Mike Louw, hoof van NI, en goedgekeur deur mnr. Kobie Coetsee, die
verantwoordelike
minister. Net hiervoor is adv. Pretorius deur NI verbied om 'n gesprek
met die Afrikaner-Volksfront
te voer. Daarna is hy onder huisarres geplaas. NI was op daardie stadium
besig om die "regses" met
'n operasionele projek in te trek in die politieke oorgangsproses. Dit
was hulle hoofprioriteit op
daardie stadium, en het uitgeloop op die inval in Bophuthatswana
waartydens vier blankes "onnodig
dood" is.

Die rede wat adv. Pretorius aangee vir die optrede teen hom, is die vrees
dat agente van NI, wat
betrokke was by die "regse" politiek, ontbloot sou word, en die hele
poging tot niet kon gaan.

In hierdie tydperk van huisarres is sy telefoon afgeluister en is hy en
sy vrou agtervolg waarheen hulle
ookal beweeg het. Sy vrou was ook in diens van NI, en is op dieselfde
wyse deur die maatreëls teen
hulle getref. Sy is verplig om 'n pakket teen haar sin te aanvaar, en die
spanning wat die situasie
veroorsaak het, het haar gesondheid aangetas.

Oor die aansoek vir 'n verhoordatum skryf adv. Pretorius: "Hierdie
skielike aansoek vir 'n
verhoordatum is 'n verder aanduiding dat mnre. Hartzenberg, Du Plessis en
Uys steeds die
marionette van mnr. FW de Klerk, die Nasionale Party, die Afrikanerbond
en heel moontlik die
vrymesselary is."
Re: Die Afrikaner [boodskap #35241 is 'n antwoord op boodskap #7705] Vr, 06 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
EV, kan ek jou raad gee? Toe ek vir die eerste keer uitkom na Amerika
(baie jare gelede) het ek dit ook gehaat die eerste jaar, ek het kort kort
vergelykings gemaak tussen Amerika en Suid-Afrika ens. Toe, na n jaar
gaan ons terug na Suid-Afrika vir twee jaar (vir besigheid), en toe ek die
TWEEDE keer terugkom, toe is dit ook heel anders. Nou is ek mal
oor die land, skete en al. Hier is iets vir almal, en jy kan die slegte los
en iets positiefs vind. Die mense is mensliewend en vriendelik, alles
is skoon en werk, en mense gee om vir mekaar. Suid-Afrika is baie mooi
en die mense is ook nice, maar elkeen moet op sy eie meriete gekeur word.

pop

EV skryf in boodskap news:clqD5.33376$tn.694833@typhoon.ne.mediaone.net...
> Wel, wel.
>
> Ek het so vinnig 'n draai gemaak om te sien wat my eie mense te sê het (dit
> is nou julle klomp afrikaners wat deur die jare saam met my rugby kyk,
> biltong vreet en bier drink. Tot my spyt is meeste van die mail...haat mail.
> Een probeer beter wees as 'n ander en die gewone blah blah. Wat my vir al
> moerig maak is die mense soos Gloudina wat soveel swart galligheid in haar
> het, in 'n ander land bly, en dan arrogant, godlik probeer voorkom.
>
> Ek is nou al amper 'n jaar in Amerika......en ek haat dit. Die amerikaners
> is soos wat daai Goudina is. Tot meeste van die Suid Afrikaners wat hierso
> in Amerika is, probeer so hard om Amerikaners te wees dat hulle hul
> kultuur,mense en land heeltemal afskryf. Hulle is mos beter as die wat in SA
> agter gebly het. Dit maak my siek!
>
> Die gras lyk altyd groener aan die anderkant. Ek behoort oor 2 maande terug
> by die huis te wees (my LAND!) met my familie. Dit is net jammer dat ons
> afrikaners nie meer bymekaar staan en mekaar help in nood nie. Julle sal nie
> glo hoe 'n mens julle waardeer wanneer julle nie meer om 'n mense is nie.
> Ons gaan slapend deur die lewe en as ons net kan wakker word met behulp van
> God se krag en genade, dan kan ons weer een nasie word.
>
> Ek wil nou nie soos 'n dominee geklink het nie. :-)
>
> Aanstap vorentoe.
> Totpos.
>
Re: Die Afrikaner [boodskap #35242 is 'n antwoord op boodskap #7705] Vr, 06 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"EV" skryf in boodskap news:clqD5.33376$tn.694833@typhoon.ne.mediaone.net...
>
> Ek is nou al amper 'n jaar in Amerika......en ek haat dit. Die amerikaners
> is soos wat daai Goudina is. Tot meeste van die Suid Afrikaners wat hierso
> in Amerika is, probeer so hard om Amerikaners te wees dat hulle hul
> kultuur,mense en land heeltemal afskryf. Hulle is mos beter as die wat in SA
> agter gebly het. Dit maak my siek!

Tot 'n groot mate moet mens die plaaslike kultuur aanvaar as mens suksesvol
wil immigreer. Deur 'n proper Suid Afrikaner in 'n vreemde land te wil wees
werk nie. Mens raak depressief en verlang te veel. Soos hulle sê, when in
Rome do as the Romans.

> Die gras lyk altyd groener aan die anderkant.

Ja, omdat daar meer stront aan die anderkant is om kleur aan die gras te
gee.

> Dit is net jammer dat ons
> afrikaners nie meer bymekaar staan en mekaar help in nood nie.

Het Afrikaners al ooit in die geskiedenis werklik saamgestaan?
Re: Die Afrikaner [boodskap #35275 is 'n antwoord op boodskap #7705] Sa, 07 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ja Nee  is tans af-lyn  Ja Nee
Boodskappe: 14
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek moet met jou saam stem oor die saam staan gedeelte. Ek was nou al een of
twee keer in 'n koddige situasie waar 'n swart man met 'n fiets deur 'n
voertuig gestamp was. Onmiddelik was daar omtrent iets soos 500 honderd
swart ondersteuners wat kom kyk het. Ek moet byvoeg dit wat in daai area van
die stad. Maar wat treffend vir my was die oomblik toe my vriend die swart
man wou ophelp toe is die 500 swart toeskouers amper, amper op hom. Ek moet
ook bevoeg die man het self probeer opstaan toe die manne op die kant vir
skree hy moet liewer horisontaal verkeer. Die boer wat hom raak gery het sal
betaal.... Die is nie 'n sop storie nie maar het werklik voor my gebeur. Die
punt wat ek wil maak hierdie swart maters van SA weet van saam staan. Al die
blankes by die bg. situasie het hulle nie eens verwerdig oor die situasie
nie en bang in hulle karre bly sit. Ek dink ons is te bang om te lewe en
soos jy gemeld het is die gras vir ons altyd groener anderkant die draad.

--

Rudolph Thomas
rud...@iox.co.za
http://www.iox.co.za/

Design, Research and Manufacturing of electronic Products, Ideas and
Solutions.

Get paid cash every time you receive email!
Sign up FREE at:
http://www.MintMail.com/?m=16880

"EV" skryf in boodskap news:clqD5.33376$tn.694833@typhoon.ne.mediaone.net...
> Wel, wel.
>
> Ek het so vinnig 'n draai gemaak om te sien wat my eie mense te sê het (dit
> is nou julle klomp afrikaners wat deur die jare saam met my rugby kyk,
> biltong vreet en bier drink. Tot my spyt is meeste van die mail...haat mail.
> Een probeer beter wees as 'n ander en die gewone blah blah. Wat my vir al
> moerig maak is die mense soos Gloudina wat soveel swart galligheid in haar
> het, in 'n ander land bly, en dan arrogant, godlik probeer voorkom.
>
> Ek is nou al amper 'n jaar in Amerika......en ek haat dit. Die amerikaners
> is soos wat daai Goudina is. Tot meeste van die Suid Afrikaners wat hierso
> in Amerika is, probeer so hard om Amerikaners te wees dat hulle hul
> kultuur,mense en land heeltemal afskryf. Hulle is mos beter as die wat in SA
> agter gebly het. Dit maak my siek!
>
> Die gras lyk altyd groener aan die anderkant. Ek behoort oor 2 maande terug
> by die huis te wees (my LAND!) met my familie. Dit is net jammer dat ons
> afrikaners nie meer bymekaar staan en mekaar help in nood nie. Julle sal nie
> glo hoe 'n mens julle waardeer wanneer julle nie meer om 'n mense is nie.
> Ons gaan slapend deur die lewe en as ons net kan wakker word met behulp van
> God se krag en genade, dan kan ons weer een nasie word.
>
> Ek wil nou nie soos 'n dominee geklink het nie. :-)
>
> Aanstap vorentoe.
> Totpos.
>
Re: Die Afrikaner [boodskap #35310 is 'n antwoord op boodskap #7705] Ma, 09 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

EV wrote:

> Wat my vir al
> moerig maak is die mense soos Gloudina wat soveel swart galligheid in haar
> het, in 'n ander land bly, en dan arrogant, godlik probeer voorkom.
>
> Ek is nou al amper 'n jaar in Amerika......en ek haat dit.

Ha,ha,ha. Het nie van SA gehou onder die nuwe bedelingnie. Hou nie van die
Amerikaners. Gaan nou stert tussen
die bene terug. Ek ken jou tipe.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Polishing their image
Volgende onderwerp: Die Indian Minors Tobie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 11:54:16 MGT 2024