Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oefening
Oefening [boodskap #35013] Ma, 02 Oktober 2000 00:00
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
oefening

dink weer aan die dorpsdam
en die rivier wat daardeur vloei
dink vir oulaas in september
aan die droë geel gras
die populierbome se blare
wat raas in die wind
dink aan die wilde eende,
die waterhoendertjies, die reier,
die bontkiewiet in die veld daaragter
dink aan die teerpad
wat onder die brug deur draai
aan gister se stemme
dink aan die wolke
en die son agter die wolke
dink daaraan

vergeet dan die voëls, die teerpad, die brug, die wolke, die bome
die son
die gras
en gister
vergeet alles, maar onthou
onthou die wind op die blink water
Vorige onderwerp: Re: Lag 'n slag
Volgende onderwerp: Gloudina terg julle.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 12:00:38 MGT 2024