Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taalmisbruik. Was Vrylating van prisoniere
Taalmisbruik. Was Vrylating van prisoniere [boodskap #34934] Vr, 29 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in article ...
>
> Kan jy nou vir my vertel - hoekom klink die Afrikaans in
> die SA koerante op die net en in die poste van so baie
> van die mene op hierdie nuusgroep, en in die briewe en
> eposse wat ek uit SA kry, en die Afrikaans op Litnet,
> nog so baie soos die Afrikaans waaraan ek gewoond is?
> Is die taal van die Beeld en die Burger en van Litnet
> en van my familie en vriende in SA uit die ou doos, en net
> die Afrikaans wat ou Krokkie hierbo gebruik nou blykbaar
> moderne Afrikaans? Of is ou Krokkie se Afrikaans maar

Ek geniet die pos van Gloudina, en die van Ferdie, en nog 'n hele paar
ander wat ten minste 'n poging aanwend om in duidelike verstaanbare en
boonop meesal ongekruide trant hulle saak te stel, hetsy in 'n verouderde
of nuwe vorm. Dit wil nie sê dat ek noodwendig met elke standpunt saamstem
nie. Die nuutste stel javels, skimmels en ander glibberige ongediertes wat
hier uitkruip en anoniem gal en ander spysverteringsresidue deur die
sleutelbord braak toon doodeenvoudig die volgende:

Dat jou taalgebruik 'n direkte weerspieëling van jou opvoeding is.
Opleiding kan jy koop maar sowaar nie opvoeding nie. Die meeste van hierdie
"laergeslagskanaalfunksie"-skrywers het die "kleurvolle" woordeskat in die
ouerhuis aangeleer, of gee glad nie eens om om dit in die teenwoordigheid
van hulle ouers te gebruik nie. As jy wel sou omgee om dit voor jou ouers
te gebruik, hoekom doen jy dit hier?

Dat die "ek skryf soos ek praat" brigade nie in staat is om hulleself
duidelik in hulle eie taal uit te druk nie. Vloekwoorde en 'n algemene lae
onbeskaafde woordeskat is die enigste manier om uiting te gee aan enige
emosie, hetsy frustrasie, woede of selfs geluk.

Dat jou boodskappe ook jou benadering in die lewe weerspieël. Ondeurdagte
verbale diaree, beledigings en afbrekende kommentaar in 'n boodskap wat
selfs nie eens eenkeer deurgelees word voor versending om ten minste die
mees ooglopende spelfoute reg te maak nie, dui op 'n persoonlikheid wat net
so vlugtig en plofbaar soos eter is, en net so onstabiel. Maak maar sommer
als vinnig met die vuis reg, wat, of vertel die persoon presies wat jy van
hom dink. Beskou jouself as reguit maar is in werklikheid doodeenvoudig
ongeskik. Is boonop nog te onnosel om dit ooit self agter te kom.

Watter nuusleser het 'n regtige doeltreffende uitsluitmeganisme ("bozo bin,
kill file, block file")? Ten spyte daarvan dat ek diesulkes daarheen afdank
in die derde potensiële nuusleser, bly ek steeds hulle gemors ontvang.
Re: Taalmisbruik. Was Vrylating van prisoniere [boodskap #34935 is 'n antwoord op boodskap #34934] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in article ...
Jan wrote:

>> "laergeslagskanaalfunksie"-skrywers het die "kleurvolle" woordeskat in die
>> ouerhuis aangeleer, of gee glad nie eens om om dit in die teenwoordigheid
>> van hulle ouers te gebruik nie.

Mens wonder of dit ook die taal is wat hulle voor die kinders gebruik. Dié
sal seker ook later dink dis modern en stylvol.

> Uitstekende voorbeeld is janvdvr, wat letterlik pornografie
> op die nuusgroep gepos het (wat ek ongelukkig nie te
> siene gekry het nie.) Ek is eintlik vol deernis vir so 'n

Gloudina, jy is verkeerd. Jy is gelukkig en nie ongelukkig nie. My
diensverskaffer filtreer gelukkig die binêre pos uit die nie-binêre
nuusgroepe en ek ontvang dit doodeenvoudig gladnie. Die probleem met sulke
pos is dat jy dit nie kan wegwens uit jou brein nadat jy dit gesien het
nie. Dis vir altyd daar. Dis 'n growwe skending van jou reg as mens om te
besluit wat jy wil sien of nie. Dit is net soos iemand wat sy naaktheid in
openbare plekke op jou of jou kinders wil afdwing, of jy nou daarin
belangstel of nie. Iemand wat sulke ongevraagde en ontoepaslike pos stuur,
moet net soos die voorgemelde spul taalvarke 'n ernstige selfbeeldprobleem
hê, of 'n absolute perverse plesier daaruit put om ander mense af te trek
in dieselfde misput waarin hy hom bevind.
Re: Taalmisbruik. Was Vrylating van prisoniere [boodskap #34940 is 'n antwoord op boodskap #34934] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan wrote:

> . Die nuutste stel javels, skimmels en ander glibberige ongediertes wat
> hier uitkruip en anoniem gal en ander spysverteringsresidue deur die
> sleutelbord braak, toon doodeenvoudig die volgende:
>
> Die meeste van hierdie
> "laergeslagskanaalfunksie"-skrywers het die "kleurvolle" woordeskat in die
> ouerhuis aangeleer, of gee glad nie eens om om dit in die teenwoordigheid
> van hulle ouers te gebruik nie. As jy wel sou omgee om dit voor jou ouers
> te gebruik, hoekom doen jy dit hier?
>
> Dat die "ek skryf soos ek praat" brigade nie in staat is om hulleself
> duidelik in hulle eie taal uit te druk nie.
>
> Dat jou boodskappe ook jou benadering in die lewe weerspieël. Ondeurdagte
> verbale diaree, beledigings en afbrekende kommentaar in 'n boodskap wat
> selfs nie eens eenkeer deurgelees word voor versending om ten minste die
> mees ooglopende spelfoute reg te maak nie, dui op 'n persoonlikheid wat net
> so vlugtig en plofbaar soos eter is, en net so onstabiel. Maak maar sommer
> als vinnig met die vuis reg, wat, of vertel die persoon presies wat jy van
> hom dink. Beskou jouself as reguit maar is in werklikheid doodeenvoudig
> ongeskik. Is boonop nog te onnosel om dit ooit self agter te kom.
>

Amen, Jan. Jy slaan die spyker op die kop. En jy doen
dit in die soort Afrikaans wat nog klink soos waaraan
ek gewoond is. En dit is vir my so snaaks dat daar 'n
direkte verband is tussen die geradbraakte Afrikaans en die
amper pornografiese inhoud van hulle geskrywery. 'n
Uitstekende voorbeeld is janvdvr, wat letterlik pornografie
op die nuusgroep gepos het (wat ek ongelukkig nie te
siene gekry het nie.) Ek is eintlik vol deernis vir so 'n
persoon. Wat gebeur in so 'n persoon se gemoed as
hy sy o"e toemaak net voor hy aan die slaap raak, en
al hierdie brommers wat hy losgelaat het gedurende
die dag kom rus op sy hart en in sy brein. Mens kan
maar net hoop sulke mense is nog jonk en dat daar
nie klein kindertjies rond is wat hierdie soort brommers
om hulle hoor vlieg nie.

Gloudina
Re: Taalmisbruik. Was Vrylating van prisoniere [boodskap #34976 is 'n antwoord op boodskap #34934] Sa, 30 September 2000 00:26 Na vorige boodskap
Blommetjie  is tans af-lyn  Blommetjie
Boodskappe: 157
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jan skryf in boodskap news:01c02a1b$5a90da60$80d3f09b@hvanzyl.agric.za...
> @home.com wrote in article ...
> Jan wrote:
>
>>> "laergeslagskanaalfunksie"-skrywers het die "kleurvolle" woordeskat in
> die
>>> ouerhuis aangeleer, of gee glad nie eens om om dit in die
> teenwoordigheid
>>> van hulle ouers te gebruik nie.
>
> Mens wonder of dit ook die taal is wat hulle voor die kinders gebruik. Dié
> sal seker ook later dink dis modern en stylvol.
>
>> Uitstekende voorbeeld is janvdvr, wat letterlik pornografie
>> op die nuusgroep gepos het (wat ek ongelukkig nie te
>> siene gekry het nie.) Ek is eintlik vol deernis vir so 'n
>
> Gloudina, jy is verkeerd. Jy is gelukkig en nie ongelukkig nie. My
> diensverskaffer filtreer gelukkig die binêre pos uit die nie-binêre
> nuusgroepe en ek ontvang dit doodeenvoudig gladnie. Die probleem met sulke
> pos is dat jy dit nie kan wegwens uit jou brein nadat jy dit gesien het
> nie. Dis vir altyd daar. Dis 'n growwe skending van jou reg as mens om te
> besluit wat jy wil sien of nie. Dit is net soos iemand wat sy naaktheid in
> openbare plekke op jou of jou kinders wil afdwing, of jy nou daarin
> belangstel of nie. Iemand wat sulke ongevraagde en ontoepaslike pos stuur,
> moet net soos die voorgemelde spul taalvarke 'n ernstige selfbeeldprobleem
> hê, of 'n absolute perverse plesier daaruit put om ander mense af te trek
> in dieselfde misput waarin hy hom bevind.

U moet net nie eendag U morsdood skrik wanneer U dalk per ongeluk 'n kaal
vrou sien nie ! U sal maar solank hard moet begin oefen om al die "growwe"
prentjies van die lewe uit u tingerige brein te kan verwyder.
Probeer ook om altyd reguit vorentoe te kyk sodat U nie toevallig U eie
penis raaksien en dan moontlik 'n ligte hartaanval opdoen nie. -U sal dan
ook weer van vooraf sukkel om hierdie gruwelike prentjie uit U brein te kry.
Dit mag vir U baie onnodige frustrasie veroorsaak met mediese nagevolge.

Ai, ja; Dit is só 'n hartseer saak wanneer "skokkende prentjies" op
swakkelinge se geestes-oog "afgedwing" word sonder om eers toestemming
te vra. Uit nuuskierigheid wonder 'n mens maar net hoe U dit reggekry het
om kinders te kry. [Dit is as hulle nou nie aangeneem is nie].
Ons is darem verbly om te verneem dat ál hierdie dinge [tot dusver] nog geen
nadelige nagevolge op U selfbeeld uitgeöefen het nie.
Bly gerus in die "Put van Goud" waarin U verkeer.
Vorige onderwerp: ASB. - F*CK OFF Gloudina - PO*S !
Volgende onderwerp: Re: Vrylating van Brouwer-siektes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 03:13:47 MGT 2024