Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Boererate
Re: Boererate [boodskap #34909] Vr, 29 September 2000 00:00
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Swem? Waar? Ek bly in 'n "townhouse" en die kinders staan op die rand van
die swembad en kyk wie kan die verste pie!! hehehhe
Pretoria is ongelukkig ook buite die kwessie want ek werk in Johannesburg.
Maar dankie ek gaan volgende week anyway 'n homeopaat sien. Miskien kan hy
help.

Elaine

GROOTBAAS skryf in boodskap news:39d4f60c$0$234@helios.is.co.za...
> Lugbesoedeling dra seker die meeste by tot asma en sinus in ons stede.
> Trek na die ooste van Pretoria en ek verseker jou sou probleem sal baie gou
> verbeter.
> Begin ook ernstig swem om so jou longkapasiteit en sterkte te verhoog.
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:39d4e6e3.0@news1.mweb.co.za...
>> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle
> my
>> kan help.
>>
>> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
>> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om
> te
>> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
>> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
>> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en
> bloeddruk
>> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
>> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
>> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
>> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter
> werk
>> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
>> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
>> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
>> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
>> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
>> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as
> die
>> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
>> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek
> (net
>> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank
> (of
>> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
>> met asma en brongitus en die klas van goed.
>> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>>
>> Elaine
>>
>
Vorige onderwerp: Testing een twee drie
Volgende onderwerp: Re: Oor Bokbreine
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 00:07:48 MGT 2024