Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Maniere van bedel
Re: Vals name en feetjies [boodskap #3477 is 'n antwoord op boodskap #3473] Di, 30 Desember 2003 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> LOL! Ek het dit ter harte geneem, so die naam om op my visa te sit is
> Bramble Rainbowwitch.

Dis te OULIK!! Bramble Rainbowwitch sal dit dan wees!! ;-))

> (en onthou ek maak staat op jou vaaridgheid met daardie visa, anders gaan jy
> vir 'n lang tyd vir my moet kom kuier op daai klein puntjie van Kuba :-))

ROTFL!!!!
Re: Vals name en feetjies [boodskap #3478 is 'n antwoord op boodskap #3473] Di, 30 Desember 2003 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> (en onthou ek maak staat op jou vaaridgheid met daardie visa, anders gaan jy
> vir 'n lang tyd vir my moet kom kuier op daai klein puntjie van Kuba :-))

Wou net vinnig nog iets vir jou sê - net INGEVAL jy vergeet. Daardie
Che T-Shirts moet ook weg, hoor. Nie 'n goeie idee om dit in te pak
nie.
;-)))

Iets heeeeel anders. Vanoggend lees ek iets en toe dink ek aan jou,
veral omdat ons nog 'n geskikte foto moet vind wat mooi sal pas by
Bramble Rainbowwitch, wat mos in Parys gaan wees, of dalk al oppad
is...
Die stuk het gegaan oor Freron, 'n Jesuit priest en aartsvyand van
Voltaire.
Tydens een van die digter/skrywer Lauraguais, se besoeke aan
Voltaire, sien hy vir Freron in die tuin, en was heel verbaas daaroor.
Hy vra toe vir Voltaire of dit werklik Freron is, en hy sê: "one
might take exception to some points about the figure, but the likeness
of the face is striking. I am surprised to find him with you; I did
not think that you were on good terms with him."
Waarop Voltaire toe antwoord: 'His body flourishes best in Paris but
his face does better here."

So, Lorinda, ek hoop jou body flourish ook in Parys, maar miskien moet
ons maar die paspoort foto in Londen laat neem? Julle weer is mos
juis so goed bekend as goed vir die kompleksie?
;-)))
Re: Vals name en feetjies [boodskap #3480 is 'n antwoord op boodskap #3478] Di, 30 Desember 2003 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:acm3vv4q6pnk7aq9085avrbgvji6frbmeq@4ax.com...

>
> Wou net vinnig nog iets vir jou sê - net INGEVAL jy vergeet. Daardie
> Che T-Shirts moet ook weg, hoor. Nie 'n goeie idee om dit in te pak
> nie.
> ;-)))

LOL! En die klein rooi boekies...


> Iets heeeeel anders. Vanoggend lees ek iets en toe dink ek aan jou,
> veral omdat ons nog 'n geskikte foto moet vind wat mooi sal pas by
> Bramble Rainbowwitch, wat mos in Parys gaan wees, of dalk al oppad
> is...

Nog nie, ek was juis besig op my kop bymekaar te probeer kry om in te pak.
Ek is moreoggend dou voor dag op pad, maar op die oomblik sit ek hier rond
en lees Usenet, drink koffie, blaai deur boeke, allesbehalwe inpak. Dis net
vir 'n paar dae, ek sal nie baie nodig hê nie, so ek het nog baie tyd...:-))


> Waarop Voltaire toe antwoord: 'His body flourishes best in Paris but
> his face does better here."
>
> So, Lorinda, ek hoop jou body flourish ook in Parys, maar miskien moet
> ons maar die paspoort foto in Londen laat neem? Julle weer is mos
> juis so goed bekend as goed vir die kompleksie?
> ;-)))

LOL! Los die kompleksie Katryn, en dink aan wat die beste uitrusting sal
wees vir die foto.. Ek bedoel, gaan ons vir die "twin set and pearls look"
met 'n knyp brilletjie, of "flowing robes" om by die naam te pas (on moet
net oppas vir te hippierig..:-))?

Dankie vir die goeie wense, en ek hoop jy sal ook eersdaags in Parys
floreer! :-)

Lorinda
Engeland- Parys [boodskap #3482 is 'n antwoord op boodskap #3480] Di, 30 Desember 2003 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

>
> Nog nie, ek was juis besig op my kop bymekaar te probeer kry om in te pak.
> Ek is moreoggend dou voor dag op pad, maar op die oomblik sit ek hier rond
> en lees Usenet, drink koffie, blaai deur boeke, allesbehalwe inpak. Dis net
> vir 'n paar dae, ek sal nie baie nodig hê nie, so ek het nog baie tyd...:-))

LOL!. O, dit klink soooo bekend. :-) Gaan jy vlieg of trein of
veerboot (?ferry) . Ek wonder of daar nog so baie hase by De Gaul
lughawe is? ;-) Laas toe ek daar was, was die vliegveld vol hase!!
;-) En ek was NUGTER!!! ;-))
Re: Engeland- Parys [boodskap #3483 is 'n antwoord op boodskap #3482] Di, 30 Desember 2003 22:30 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:4ur3vv40jq9karqqeovmiuufg72arbgfut@4ax.com...
>
> LOL!. O, dit klink soooo bekend. :-) Gaan jy vlieg of trein of
> veerboot (?ferry) .

Vlieg. Ek sou baie eerder met die trein gegaan het, die hele lughawe ding
met al die sekuriteit neem deesdae so lank, maar die Eurostar was vol
bespreek vir die datums wat ek wou hê.

Ek wonder of daar nog so baie hase by De Gaul
> lughawe is? ;-) Laas toe ek daar was, was die vliegveld vol hase!!
> ;-) En ek was NUGTER!!! ;-))
>

LOL! Wat 'n pragtige prentjie! Ek sal jou laat weet of hulle nog daar is...

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Reflections...
Volgende onderwerp: Engels - Amerikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 18:59:14 MGT 2024