Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Maniere van bedel
Maniere van bedel [boodskap #3207] Di, 16 Desember 2003 19:26 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vanaand in die biblioteek sien ek 'n boek met die naam "The how to be a
South-African Handbook". Daarin staan "We advise visitors not to unsettle or
disturb street people in Cape Town. They are known for their formidable
command of the local vernacular and are likely to curse you and several
generations of your ofspring" . Dit het my laat dink aan 'n keer in Kaapstad
toe ek vir geld gevra is, nie met die gewone gedweep nie, maar met 'n bevel:
"Hei! Nooi! Maak 'n two bob!" Ek geen idee gehad wat 'n two bob is nie, maar
het maar aangeneem dit is 20 sent..:-)

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3210 is 'n antwoord op boodskap #3207] Di, 16 Desember 2003 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Dec 2003 19:26:46 -0000, "Lorinda" wrote:
> Vanaand in die biblioteek sien ek 'n boek met die naam "The how to be a
> South-African Handbook". Daarin staan "We advise visitors not to unsettle or
> disturb street people in Cape Town. They are known for their formidable
> command of the local vernacular and are likely to curse you and several
> generations of your ofspring" . Dit het my laat dink aan 'n keer in Kaapstad
> toe ek vir geld gevra is, nie met die gewone gedweep nie, maar met 'n bevel:
> "Hei! Nooi! Maak 'n two bob!" Ek geen idee gehad wat 'n two bob is nie, maar
> het maar aangeneem dit is 20 sent..:-)
>
> Lorinda
>

In die apartheidsjare het iemand my vertel dat hy in Kaapstad
gestap het, toe 'n jong Gammat hom vir two bob gevra het.
'Skoert" was sy antwoord.
"Sjee my two bob of ek sje jy's my pa!"
"Skoert, ek sê!" en die keer is dit vergesel van 'n dreigende plathand hou na sy kop.
"Nee!!! Nee pa! Moet nie my slaan nie...!!!"
Hy sê dat hy in 'n breukdeel van 'n sekonde twee sjielings (of te wel
20 sent:-) uit sy sak gevis het:-)))

DD
Re: Maniere van bedel [boodskap #3212 is 'n antwoord op boodskap #3210] Di, 16 Desember 2003 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> In die apartheidsjare het iemand my vertel dat hy in Kaapstad
> gestap het, toe 'n jong Gammat hom vir two bob gevra het.
> 'Skoert" was sy antwoord.
> "Sjee my two bob of ek sje jy's my pa!"
> "Skoert, ek sê!" en die keer is dit vergesel van 'n dreigende
> plathand hou na sy kop.
> "Nee!!! Nee pa! Moet nie my slaan nie...!!!"
> Hy sê dat hy in 'n breukdeel van 'n sekonde twee sjielings (of te wel
> 20 sent:-) uit sy sak gevis het:-)))
>
> DD
>

Hier in Londen staan daar partykeer sigeuners op die sypaadjie (so reg in
jou pad) en gee vir jou 'n klein bossie heather (ek het geen idee wat dit in
Afrikaans is nie:-( ) en vra dan vir geld; nie two bob nie, meer iets soos
vyf pond. As jy weier om dit te gee, of die heather probeer teruggee, dreig
hulle jou luidkeels met 'n "gypsy curse". Jy sal verbaas wees hoeveel mense
handig dan maar die geld oor.


Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3214 is 'n antwoord op boodskap #3212] Di, 16 Desember 2003 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Dec 2003 20:56:45 -0000, "Lorinda" wrote:
>
>> In die apartheidsjare het iemand my vertel dat hy in Kaapstad
>> gestap het, toe 'n jong Gammat hom vir two bob gevra het.
>> 'Skoert" was sy antwoord.
>> "Sjee my two bob of ek sje jy's my pa!"
>> "Skoert, ek sê!" en die keer is dit vergesel van 'n dreigende
>> plathand hou na sy kop.
>> "Nee!!! Nee pa! Moet nie my slaan nie...!!!"
>> Hy sê dat hy in 'n breukdeel van 'n sekonde twee sjielings (of te wel
>> 20 sent:-) uit sy sak gevis het:-)))
>>
>> DD
>>
>
> Hier in Londen staan daar partykeer sigeuners op die sypaadjie (so reg in
> jou pad) en gee vir jou 'n klein bossie heather (ek het geen idee wat dit in
> Afrikaans is nie:-( ) en vra dan vir geld; nie two bob nie, meer iets soos
> vyf pond. As jy weier om dit te gee, of die heather probeer teruggee, dreig
> hulle jou luidkeels met 'n "gypsy curse". Jy sal verbaas wees hoeveel mense
> handig dan maar die geld oor.
>
>
> Lorinda
>

Heather is Skotse Heide. Interessant dat mense so bygelowig kan wees
né:-) My stiefpa, (oorlede in 1999) het, wanneer ek hom gevra het of
hy bygelowig is, dit heftig ontken. Wanneer ek hom vra of hy op
Vrydag die dertiende in sy kar sal klim en ry, het hy elke keer
geantwoord met 'n eenvoudige "maar daar is mos baie ander dae
om te ry.
" :-)))

DD
Re: Maniere van bedel [boodskap #3216 is 'n antwoord op boodskap #3214] Di, 16 Desember 2003 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:d5uutv8p83s3fdkged6jf9hfpo0gr39als@4ax.com...
> Heather is Skotse Heide. Interessant dat mense so bygelowig kan wees
> né:-) My stiefpa, (oorlede in 1999) het, wanneer ek hom gevra het of
> hy bygelowig is, dit heftig ontken. Wanneer ek hom vra of hy op
> Vrydag die dertiende in sy kar sal klim en ry, het hy elke keer
> geantwoord met 'n eenvoudige "maar daar is mos baie ander dae
> om te ry." :-)))
>
> DD
>

LOL! Ja, baie mense wat nie bygelowig is nie het maar hier en daar 'n
gelofie waaraan hulle vashou; soos 'n "gelukkige" kledingstuk of iets. Was
dit jou stiefpa se enigste bygeloof?
Dankie vir die vertaling van heather, ek sal my bes doen om dit te onthou.

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3224 is 'n antwoord op boodskap #3212] Wo, 17 Desember 2003 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3fdf6f3f$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
> 'n klein bossie heather (ek het geen idee wat dit in
> Afrikaans is nie:-( )

In het Nederlands noemen we het "heide".

Roely
Re: Maniere van bedel [boodskap #3225 is 'n antwoord op boodskap #3212] Wo, 17 Desember 2003 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3fdf6f3f$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> Hier in Londen staan daar partykeer sigeuners op die sypaadjie (so reg in
> jou pad) en gee vir jou 'n klein bossie heather (ek het geen idee wat dit in
> Afrikaans is nie:-( ) en vra dan vir geld; nie two bob nie, meer iets soos
> vyf pond. As jy weier om dit te gee, of die heather probeer teruggee, dreig
> hulle jou luidkeels met 'n "gypsy curse". Jy sal verbaas wees hoeveel mense
> handig dan maar die geld oor.
>
Ja, je mag niet discrimineren, maar het valt me op dat het vaak zigeuners
zijn die het kennelijk nodig vinden op deze manier aan de kost te komen.
Misschien omdat hun een andere manier onmogelijk wordt gemaakt?
In Spaanse steden is het ons ook vaak overkomen dat we werden aangesproken
door zigeuners met een anjer ofzo. Omdat we Amsterdammers zijn en dus wel
gewend aan bedelaars en junkies, peuteren mensen van ons geen geld los, maar
ik kan me levendig voorstellen dat je je heel ongemakkelijk voelt in zo'n
situatie.
Ik heb eens een akkefietje gehad op de camping, toen de kinderen nog in de
luiers zaten. Omdat we het onderzeil waren vergeten en mijn man dat pas
later liet brengen, moest ik de tent ontruimen en later weer inruimen. Bij
het inruimen miste ik een groot pak luiers. De enige andere mensen op die
camping waren een soort zigeuners, en ja hoor, onder een van hun caravans
zag ik mijn pak luiers liggen. Ik ben ontzettend kwaad geworden. De vrouwen
spraken zogenaamd geen Nederlands en stuurden mij door naar de "hoofdman".
Ik heb op hoge toon mijn beklag gedaan en mijn luiers teruggeëist, en ik heb
ze teruggekregen. Het was een "misverstand", de kinderen van die mensen
hadden het pak "gevonden" , jaja, vlak naast mijn tent! Omdat ik een deel
van de tijd alleen met de kinderen zou zijn en er verder geen fatsoenlijke
mensen op die camping stonden (iedereen was kennelijk te benauwd om daar te
gaan staan) heb ik mijn man gevraagd om ons ergens anders heen te laten
brengen. Naderhand hoorde ik dat een van de zigeunerjongetjes door de
politie was opgepakt wegens het stelen van een autoradio op die camping.
Sindsdien heb ik mijn buik vol van zigeuners.

Roely
Re: Maniere van bedel [boodskap #3228 is 'n antwoord op boodskap #3225] Wo, 17 Desember 2003 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Dec 2003 18:59:22 +0100, "Roely" wrote:

> Sindsdien heb ik mijn buik vol van zigeuners.
>
> Roely
>
Ek moet sê ek es ook nie baie tuk op hulle.. In "Les Saintes Maries de
la Mer" (Suid-Frankryk) was ek wandelend in die strate nà ek my 'n
Frans brood gekoop het. Toe kom daar 'n Sigeunervrou wat my die brood
van onder my arm wou sleur. "Gee my die brood!", het sy vir my gesê.
Ek het nog kan sê dis nie joune nie en sy het my brood losgelaat.
Hulle doen dit baie by mense wat 'n geen agterdog van kwaadheid op
hulle gesig het nie en ook 'n bietjie onnosel uitsien.
'n Mens moet inderdaad daarin nie te onnosel wees nie. Hier in Brussel
het die stad 'n groot probleem met gebreklike kinders wat bedel. Daar
20 meters verder staan steeds 'n volwassene wat daardie (mees
buitelandse) kinders dophou. Die polisie waarsku mense dis gewoon
georganiseerde bedelary en wil hulle van die straat afkry.
Brussel is al lank die hoofstad van die Europese Unie. Dis baie mooi
maar die Europese luise kruip daar nou ook.

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Maniere van bedel [boodskap #3230 is 'n antwoord op boodskap #3228] Wo, 17 Desember 2003 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:quh1uvsit0qdvv98lvsrc6ua4vj5likf9g@4ax.com...
> On Wed, 17 Dec 2003 18:59:22 +0100, "Roely" wrote:
>
>>
>> Frans brood gekoop het. Toe kom daar 'n Sigeunervrou wat my die brood
> van onder my arm wou sleur. "Gee my die brood!", het sy vir my gesê.
> Ek het nog kan sê dis nie joune nie en sy het my brood losgelaat.
> Hulle doen dit baie by mense wat 'n geen agterdog van kwaadheid op
> hulle gesig het nie en ook 'n bietjie onnosel uitsien.

Maar jy sie nie 'n bietjie onnosel uit nie ;-)?? Sy het jou van agter gesien
ja?

> 'n Mens moet inderdaad daarin nie te onnosel wees nie. Hier in Brussel
> het die stad 'n groot probleem met gebreklike kinders wat bedel. Daar
> 20 meters verder staan steeds 'n volwassene wat daardie (mees
> buitelandse) kinders dophou. Die polisie waarsku mense dis gewoon
> georganiseerde bedelary en wil hulle van die straat afkry.

In Nederland staan nu al een paar zomers lang Bulgaarse accordeonisten en
andere muziekmakers die kinderen gebruiken om geld op te halen. Er spelen
zelfs kinderen op een accordeon. Kinderarbeid mag niet en voor muziekmaken
heb je een vergunning nodig, maar hoe streng ze er hier op toezien weet ik
niet.

> Brussel is al lank die hoofstad van die Europese Unie. Dis baie mooi
>
Hopelijk komt er een referendum inzake de Europese grondwet, want ik wil
voor geen prijs onder Franse of Duitse overheersing lijden, laat staan onder
de Italiaanse!. Ik stem tegen. Hier zijn België en Nederland niet van die
fatsoenlijke landen voor geworden.

Roely
Re: Maniere van bedel [boodskap #3235 is 'n antwoord op boodskap #3225] Wo, 17 Desember 2003 23:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:brq5ff$69spn$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...

> Ja, je mag niet discrimineren, maar het valt me op dat het vaak zigeuners
> zijn die het kennelijk nodig vinden op deze manier aan de kost te komen.
> Misschien omdat hun een andere manier onmogelijk wordt gemaakt?
> In Spaanse steden is het ons ook vaak overkomen dat we werden aangesproken
> door zigeuners met een anjer ofzo. Omdat we Amsterdammers zijn en dus wel
> gewend aan bedelaars en junkies, peuteren mensen van ons geen geld los, maar
> ik kan me levendig voorstellen dat je je heel ongemakkelijk voelt in zo'n
> situatie.
> Ik heb eens een akkefietje gehad op de camping, toen de kinderen nog in de

Roely, wat is 'n akkefietje?

Oor sigeuners, ons moet tog bly wees oor hulle ook; hulle hou baie mites aan
die lewe en die wereld se gedigte, liedjies en stories sou baie armer gewees
het sonder hulle. Ek hoop dis waar dat hulle hoenders en kinders steel.....
en dat hulle sodoende hulle image waardig is :-))

Hier is hulle gewoonlik betrokke by perdemarke en die koop en verkoop van
perde oor die algemeen. As hulle hulle leefwyse opgee, word hulle eenvoudig
soos die res van die bevolking, m.a.w daar word nie teen hulle
gediskrimineer as 'n "volk" nie. In Griekeland is dit anders, daar is dit
amper onmoontlik vir sigeuners om in die bevolking op te gaan, selfs al sou
hulle hulle leefwyse opgee.

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3238 is 'n antwoord op boodskap #3235] Do, 18 Desember 2003 00:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Dec 2003 23:29:47 -0000, "Lorinda" wrote:
>
> Roely, wat is 'n akkefietje?

'n Akkefietje beteken (volgens my woordeboek): 'n sakie, 'n klein
onaangenaam werkjie, Lorinda. My etimologiese woordeboek sê hierdie
woord sou van die oudere Nederlands woord aquavîtje kom en dit beteken
"brandewijntje" maar my woordeboek sê ook dis nie heeltemal seker nie.
Die woord "akkefietje" word in Nederland en Vlaandere baie gebesig!

>
> Oor sigeuners, ons moet tog bly wees oor hulle ook; hulle hou baie mites aan
> die lewe en die wereld se gedigte, liedjies en stories sou baie armer gewees
> het sonder hulle. Ek hoop dis waar dat hulle hoenders en kinders steel.....
> en dat hulle sodoende hulle image waardig is :-))
>
> Hier is hulle gewoonlik betrokke by perdemarke en die koop en verkoop van
> perde oor die algemeen.

Ek het êrens gelees hulle kan van 'n ou perd 'n jong een maak! Hulle
trek sy tande en hulle verf hom in 'n swart kleur! Héhé, ek weet nie
of dit waar is nie! :-) En as jy met daardie perd buitekom as dit reen
dan sien jy meteen jy het 'n ou een gekoop! Hahaha! :-)

Groete uit Vlaandere,
Norbert
Re: Maniere van bedel [boodskap #3239 is 'n antwoord op boodskap #3230] Do, 18 Desember 2003 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Dec 2003 23:17:01 +0100, "Roely" wrote:
> Maar jy sie nie 'n bietjie onnosel uit nie ;-)?? Sy het jou van agter gesien
> ja?

Ek dink ek sien van agter net so onnosel uit as jy, Roely.. En as jy
dink ek is van voor ook onnosel dan mag jy dit op 'n papiertjie skryf
en onderteken. Ek gaan dan met jou na die regter! :-(

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Maniere van bedel [boodskap #3240 is 'n antwoord op boodskap #3238] Do, 18 Desember 2003 03:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Paar jaar terug was ek in Budapest en die heel eerste ding waarteen die
plaaslike bevolking my gewaarsku het was sigeuners.
Daarna het ek ontdek dat alle plaaslike grappe (RSA) wat as rassisties
bestempel kan word, net so in Europa vertel word - maar daar is die
teikengroep die sigeuners gekanaliseer word. (Later in Singapoer het ek
weereens dieselfde grappe teegekom - daar was die Fillipynse-huisbediendes
die teikengroep.)
In Suid-Afrika (baie, baie jare terug toe ek klein was...) was daar
sigeuners in karavane wat jou "fortuin" kon vertel het. As kind is ek
wysgemaak dat sigeuners kinders steel. Glo my, ons het 'n baie wye draai om
die sigeuners se karavane gestap.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:51t1uv0cl7oaibpn8fi4uap8s6dmovt2nc@4ax.com...
> On Wed, 17 Dec 2003 23:29:47 -0000, "Lorinda"
> wrote:
>
>
>>
>> Roely, wat is 'n akkefietje?
>
> 'n Akkefietje beteken (volgens my woordeboek): 'n sakie, 'n klein
> onaangenaam werkjie, Lorinda. My etimologiese woordeboek sê hierdie
> woord sou van die oudere Nederlands woord aquavîtje kom en dit beteken
> "brandewijntje" maar my woordeboek sê ook dis nie heeltemal seker nie.
> Die woord "akkefietje" word in Nederland en Vlaandere baie gebesig!
>>
>> Oor sigeuners, ons moet tog bly wees oor hulle ook; hulle hou baie mites aan
>> die lewe en die wereld se gedigte, liedjies en stories sou baie armer gewees
>> het sonder hulle. Ek hoop dis waar dat hulle hoenders en kinders steel.....
>> en dat hulle sodoende hulle image waardig is :-))
>>
>> Hier is hulle gewoonlik betrokke by perdemarke en die koop en verkoop van
>> perde oor die algemeen.
>
> Ek het êrens gelees hulle kan van 'n ou perd 'n jong een maak! Hulle
> trek sy tande en hulle verf hom in 'n swart kleur! Héhé, ek weet nie
> of dit waar is nie! :-) En as jy met daardie perd buitekom as dit reen
> dan sien jy meteen jy het 'n ou een gekoop! Hahaha! :-)
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
>
Re: Maniere van bedel [boodskap #3251 is 'n antwoord op boodskap #3239] Do, 18 Desember 2003 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ufu1uv8cbluhjut2jl5ar98fhp31l7rl4s@4ax.com...
> On Wed, 17 Dec 2003 23:17:01 +0100, "Roely" wrote:
>
>
>> Maar jy sie nie 'n bietjie onnosel uit nie ;-)?? Sy het jou van agter gesien
>> ja?
>
> Ek dink ek sien van agter net so onnosel uit as jy, Roely.. En as jy
> dink ek is van voor ook onnosel dan mag jy dit op 'n papiertjie skryf
> en onderteken. Ek gaan dan met jou na die regter! :-(
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Heb ik je voor het hoofd gestoten Norbert? Dat was niet mijn bedoeling, maar
je zegt zelf "Hulle doen dit baie by mense wat 'n geen agterdog van
kwaadheid op
hulle gesig het nie en ook 'n bietjie onnosel uitsien." :-)
Zou de rechter trouwens een onderzoek starten naar de mate van onnozelheid
van iemands gezicht? Je mag dat hier denk ik zelfs wel zeggen van de
koningin!

Roely
Re: Maniere van bedel [boodskap #3252 is 'n antwoord op boodskap #3251] Do, 18 Desember 2003 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Dec 2003 13:04:09 +0100, "Roely" wrote:

> Heb ik je voor het hoofd gestoten Norbert? Dat was niet mijn bedoeling, maar
> je zegt zelf "Hulle doen dit baie by mense wat 'n geen agterdog van
> kwaadheid op
> hulle gesig het nie en ook 'n bietjie onnosel uitsien." :-)
> Zou de rechter trouwens een onderzoek starten naar de mate van onnozelheid
> van iemands gezicht? Je mag dat hier denk ik zelfs wel zeggen van de
> koningin!
>
> Roely
>

My kop sal nog drie dae seer doen! Daarna sal dit wel verby wees!..

Norbert
Re: Maniere van bedel [boodskap #3255 is 'n antwoord op boodskap #3252] Do, 18 Desember 2003 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:7o93uv04sacpkmh7v5r2m38n4hk4tiv5p1@4ax.com...
> On Thu, 18 Dec 2003 13:04:09 +0100, "Roely" wrote:
>
>
> My kop sal nog drie dae seer doen! Daarna sal dit wel verby wees!..
>
Gelukkig maar, anders krijg ik daar weer hoofdpijn van :-)

Roely
Re: Maniere van bedel [boodskap #3273 is 'n antwoord op boodskap #3240] Vr, 19 Desember 2003 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> 'n Paar jaar terug was ek in Budapest en die heel eerste ding waarteen die
> plaaslike bevolking my gewaarsku het was sigeuners.
> Daarna het ek ontdek dat alle plaaslike grappe (RSA) wat as rassisties
> bestempel kan word, net so in Europa vertel word - maar daar is die
> teikengroep die sigeuners gekanaliseer word.

Ek wou nog vir jou sê, in Hongarye kan mens die mooiste sigeuner
musiek hoor. Het jy daarna geluister?

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3280 is 'n antwoord op boodskap #3273] Sa, 20 Desember 2003 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee - ek was te versigtig vir die klompie... (Maar ek aanvaar dat die
klompie (sigeuners) oor die "algemeen" goeie musikante is. )
Re: Maniere van bedel [boodskap #3288 is 'n antwoord op boodskap #3280] Sa, 20 Desember 2003 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Nee - ek was te versigtig vir die klompie... (Maar ek aanvaar dat die
> klompie (sigeuners) oor die "algemeen" goeie musikante is. )

Hulle is inderdaad. Die Spaanse flamenco dans ens. is ook waarskynklik
van sigeuner afkoms.

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3370 is 'n antwoord op boodskap #3288] Wo, 24 Desember 2003 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
My musiek opvoeding skiet ietwat tekort - daar is ook heelwat ander etrreine
waarop dit tekortskiet - maar die musiek ene pla die meeste - veral omdat ek
lief is vir musiek.
Snaaks - ek het die afgelope week 'n klompie "Meat Loaf's" afgelaai - en die
"rock" verskriklik geniet. Veral 'n song van hom saam met Cher in 1981 -
moet sê Cher het toe ouer gelyk as nou ...
My song van die jaar - plaaslik - is Theuns Jordaan se Beautiful in Beaufort
Wes. (Jordaan probeer skryf, maar dan klink hy nie so hot nie - hierdie ene
is bepaald 'n juweel.)
So - my smaak is maar ietwat onontwikkeld.
(O ja - en dan is daar ook is 'n paar goeie (ou) rugby-liedtjies ...)
Re: Maniere van bedel [boodskap #3376 is 'n antwoord op boodskap #3370] Wo, 24 Desember 2003 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...

> Snaaks - ek het die afgelope week 'n klompie "Meat Loaf's" afgelaai - en die
> "rock" verskriklik geniet. Veral 'n song van hom saam met Cher in 1981 -
> moet sê Cher het toe ouer gelyk as nou ...

Ek is bly om dit te hoor, ek het ook nog altyd van Meat Loaf gehou..
Katryn! Hier is nog iemand wat na my Meat Loaf impressions sal kom kyk
:-))

> My song van die jaar - plaaslik - is Theuns Jordaan se Beautiful in Beaufort
> Wes. (Jordaan probeer skryf, maar dan klink hy nie so hot nie - hierdie ene
> is bepaald 'n juweel.)
> So - my smaak is maar ietwat onontwikkeld.
> (O ja - en dan is daar ook is 'n paar goeie (ou) rugby-liedtjies ...)

Daar skiet my kennis weer baie tekort - oor Afrikaanse musiek. Ek hou
van Laurika Rauch (iemand het vir my haar Brel album gestuur, en van
David Kramer (ek het een van sy konserte hier in Londen gesien), maar
ek het byvoorbeeld geen idee wie Theuns Jordaan is nie. Watse soort
musiek is dit?

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3389 is 'n antwoord op boodskap #3376] Wo, 24 Desember 2003 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek is bly om dit te hoor, ek het ook nog altyd van Meat Loaf gehou..
> Katryn! Hier is nog iemand wat na my Meat Loaf impressions sal kom kyk
> :-))

LOL! Ek het nog nooit getwyfel dat jy 'n groot skare sal hê nie! ;-))
Dalk moet ons tog jou openings aand in my restaurant hou? Roely kan
dalk haar reise hier na Amerika se kant rig? :-)
Ons sal vir DD 'n spesiale verkyker met sterk lense organiseer as hy
homself van Roodepoort kan wegtrek vir die aand? ;-))
Re: Maniere van bedel [boodskap #3394 is 'n antwoord op boodskap #3389] Do, 25 Desember 2003 01:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8qrjuv4d019dmslp3mf09bn44cphqo5e9t@4ax.com...
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
> LOL! Ek het nog nooit getwyfel dat jy 'n groot skare sal hê nie! ;-))
> Dalk moet ons tog jou openings aand in my restaurant hou? Roely kan
> dalk haar reise hier na Amerika se kant rig? :-)

:-)) Drie vliegen in één klap: ik ga Lorinda's fameuze impressie/expressie
van Meat Loaf zien, zal mijn buikje rond eten in Katryns eethuis, en leer de
USA kennen (heb alleen New york en Miami south beach gezien). Ek gaan dit
organiseer!

Roely
Re: Maniere van bedel [boodskap #3404 is 'n antwoord op boodskap #3389] Sa, 27 Desember 2003 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> LOL! Ek het nog nooit getwyfel dat jy 'n groot skare sal hê nie! ;-))
> Dalk moet ons tog jou openings aand in my restaurant hou? Roely kan
> dalk haar reise hier na Amerika se kant rig? :-)
> Ons sal vir DD 'n spesiale verkyker met sterk lense organiseer as hy
> homself van Roodepoort kan wegtrek vir die aand? ;-))

Maar onthou, eers oor 'n paar dekades as julle almal doof is! :-)
Oor die misterieuse Rooi Poort, hierdie is dalk die jaar waarin ons
gaan uitvind wat DD so knaend daar doen...:-)

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3405 is 'n antwoord op boodskap #3394] Sa, 27 Desember 2003 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...
> :-)) Drie vliegen in één klap: ik ga Lorinda's fameuze impressie/expressie
> van Meat Loaf zien, zal mijn buikje rond eten in Katryns eethuis, en leer de
> USA kennen (heb alleen New york en Miami south beach gezien). Ek gaan dit
> organiseer!
>
> Roely

LOL! Ekspressie is dalk net die regte woord daarvoor Roely!
Het jy van New York gehou? Ek was nog nooit in die VSA nie. Katryn se
restaurant is een ding wat my daar sal kry, sodra ek 'n vals paspoort
in die hande kry:-))

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3406 is 'n antwoord op boodskap #3376] Sa, 27 Desember 2003 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) skryf in boodskap news:...

> Daar skiet my kennis weer baie tekort - oor Afrikaanse musiek. Ek hou
> van Laurika Rauch (iemand het vir my haar Brel album gestuur, en van
> David Kramer (ek het een van sy konserte hier in Londen gesien), maar
> ek het byvoorbeeld geen idee wie Theuns Jordaan is nie. Watse soort
> musiek is dit?
>
> Lorinda

Jonas, jy het nog nie gesê watse soort musiek Theuns Jordaan sing nie.

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3409 is 'n antwoord op boodskap #3406] Sa, 27 Desember 2003 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Jonas, jy het nog nie gesê watse soort musiek Theuns Jordaan sing nie.

Nou nie dat ek enigsins vir Theuns Jordaan ken of al ooit van sy
musiek gehoor het nie, maar ek het al gesien dat hulle van hom op
ander groepe praat, en vertel dat hy byvoorbeeld Leonard Cohen songs
so goed namaak of nasing of watookal mens dit noem.
Wat sal jy Cohen se musiek as klassifiseer? "Country Blues" met 'n
sterk "folk" invloed?
Ek is nooit self seker nie, want die meeste mense beskou Cohen as 'n
"folk" singer, en dit pas nie heeltemal vir my nie.
Elkgeval, van wat ek gehoor het van hierdie outjie is dit dalk wat hy
sing. Maar dit is ook moontlik dat ek hom verwar met iemand anders.
;-)
Re: Maniere van bedel [boodskap #3413 is 'n antwoord op boodskap #3409] So, 28 Desember 2003 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Nou nie dat ek enigsins vir Theuns Jordaan ken of al ooit van sy
> musiek gehoor het nie, maar ek het al gesien dat hulle van hom op
> ander groepe praat, en vertel dat hy byvoorbeeld Leonard Cohen songs
> so goed namaak of nasing of watookal mens dit noem.
> Wat sal jy Cohen se musiek as klassifiseer? "Country Blues" met 'n
> sterk "folk" invloed?
> Ek is nooit self seker nie, want die meeste mense beskou Cohen as 'n
> "folk" singer, en dit pas nie heeltemal vir my nie.
> Elkgeval, van wat ek gehoor het van hierdie outjie is dit dalk wat hy
> sing. Maar dit is ook moontlik dat ek hom verwar met iemand anders.
> ;-)

Dis baie moeilik om Cohen te klassifiseer, hy is seker maar in
dieselfde kraal as Dylan. Ek weet wat jy bedoel, dis asof "folk" en
"folk rock" die kategorie van "ons het geen idee waar julle hoort nie"
is. Hy het eenkeer in 'n onderhoud gesê dat die invloed op sy musiek
Blues, Folk en Fado (Portugese folk) is.

Van Dylan gepraat, ek was by sy konsert laas jaar in Brighton, en dit
was baie baie sleg; ek het gedink hy moet dalk ophou toer. Ek het hom
een keer vantevore gesien, op die Acropolis in Athene, en dit was goed
maar dalk het dit meer met die omgewing as met Dylan te doen gehad:-)

Lorinda
Re: Maniere van bedel [boodskap #3418 is 'n antwoord op boodskap #3405] So, 28 Desember 2003 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0312270857.4b04f78a@posting.google.com...
>
> Het jy van New York gehou? Ek was nog nooit in die VSA nie. Katryn se
> restaurant is een ding wat my daar sal kry, sodra ek 'n vals paspoort
> in die hande kry:-))

Hoi Lorinda!
Zodra jij je valse paspoort in handen hebt en een dikke portemonnee bij
elkaar hebt gespaard MOET jij naar NY! Fantastisch vond ik het daar! En dat
terwijl ik eigenlijk nooit naar de VS wou. Wij zijn er een week geweest,
hebben de zolen van onze schoenen versleten en ontzettend veel gezien. De
New Yorkers vind ik prettige mensen, dat speelt natuurlijk ook een rol (het
was wel vlak na 9-11, de saamhorigheid was groot).

Roely
Dylan [boodskap #3429 is 'n antwoord op boodskap #3413] So, 28 Desember 2003 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Dis baie moeilik om Cohen te klassifiseer, hy is seker maar in
> dieselfde kraal as Dylan. Ek weet wat jy bedoel, dis asof "folk" en
> "folk rock" die kategorie van "ons het geen idee waar julle hoort nie"
> is.

Presies. Dalk moet hulle 'n groep spesiaal vir somber,
melankoliese Kanadese maak? Ons noem dit dan SMK musiek? ;-)))

> Hy het eenkeer in 'n onderhoud gesê dat die invloed op sy musiek
> Blues, Folk en Fado (Portugese folk) is.

Dit klink meer akuraat as net plein 'folk'. Terloops, ek hou nogal
baie van hom. Maar dan weer, is daar iemand in die wereld wat nie van
sy liedere hou nie? ;-)

> Van Dylan gepraat, ek was by sy konsert laas jaar in Brighton, en dit
> was baie baie sleg; ek het gedink hy moet dalk ophou toer. Ek het hom
> een keer vantevore gesien, op die Acropolis in Athene, en dit was goed
> maar dalk het dit meer met die omgewing as met Dylan te doen gehad:-)

Ek het sowat 5 jaar gelede 'n konsert van hom bygewoon in Columbus,
GA. Dit is so gatkant van die wereld klein dorpie aan die westekant
van GA wat grens aan Alabama. So, die mense wat die konsert bygewoon
het was nogal...er...um...wel, kan mens maar sê, interessant! ;-)
Maar dit was toe ook al 'n powere konsert. Mens kon werklik NIKS hoor
wat hy sê of sing nie, nie dat dit normaalweg maklik is nie, maar
nogsteeds...:-)
Maar Dylan sal altyd 'n GROOT gees in die musiekwereld bly. As mens
darem dink hoeveel bekende en groot sterre sy musiek en styl oor die
jare al beïnvloed het. Soos jy seker kan agterkom is ek definitief
nogsteeds 'n Dylan fan. ;-)
Dis interessant dat sy seun met EEN song meer geld gemaak het as sy pa
deur sy hele loopbaan gemaak het. Ek het dit iewers gelees jare
gelede...so moenie my kwoteer nie. ;-))
Re: Maniere van bedel [boodskap #3436 is 'n antwoord op boodskap #3418] So, 28 Desember 2003 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...
>
> Hoi Lorinda!
> Zodra jij je valse paspoort in handen hebt en een dikke portemonnee bij
> elkaar hebt gespaard MOET jij naar NY! Fantastisch vond ik het daar! En dat
> terwijl ik eigenlijk nooit naar de VS wou. Wij zijn er een week geweest,
> hebben de zolen van onze schoenen versleten en ontzettend veel gezien. De
> New Yorkers vind ik prettige mensen, dat speelt natuurlijk ook een rol (het
> was wel vlak na 9-11, de saamhorigheid was groot).
>
> Roely

Jou getuienis is vir my genoeg Roely, ek sal dit in gedagte hou. Ek
sal intussen my anti-Bush komentaar onder 'n vals naam begin pos sodat
hulle my 'n visa sal toestaan..:-)Dit sal dalk makliker wees as 'n
vals paspoort...

Lorinda
Vals name [boodskap #3438 is 'n antwoord op boodskap #3436] So, 28 Desember 2003 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Jou getuienis is vir my genoeg Roely, ek sal dit in gedagte hou. Ek
> sal intussen my anti-Bush komentaar onder 'n vals naam begin pos sodat
> hulle my 'n visa sal toestaan..:-)Dit sal dalk makliker wees as 'n
> vals paspoort...

LOL! Gmmfff....hoop nie jy dink ek skryf onder 'n vals naam nie?
;-)))
Ek werk aan daardie visa van jou. Wees net geduldig, en nee, jou naam
kan NIE Lorinda daarop wees nie!!
;-))
Re: Vals name [boodskap #3442 is 'n antwoord op boodskap #3438] Ma, 29 Desember 2003 01:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> LOL! Gmmfff....hoop nie jy dink ek skryf onder 'n vals naam nie?
> ;-)))

Nee, want jy is alreeds daar! Maar hulle sluip in jou buurt rond en
sny jou kabels af :-))

Lorinda
Re: Dylan [boodskap #3448 is 'n antwoord op boodskap #3429] Ma, 29 Desember 2003 02:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Presies. Dalk moet hulle 'n groep spesiaal vir somber,
> melankoliese Kanadese maak? Ons noem dit dan SMK musiek? ;-)))

LOL! Dis dan wat ons dit van nou af noem. Dis 'n baie meer beskrywende
naam.

> Maar Dylan sal altyd 'n GROOT gees in die musiekwereld bly. As mens
> darem dink hoeveel bekende en groot sterre sy musiek en styl oor die
> jare al beïnvloed het. Soos jy seker kan agterkom is ek definitief
> nogsteeds 'n Dylan fan. ;-)

Ek hou ook van hom, dis waarom ek so teleurgesteld was in sy konsert.
Ag wel. Ons sal maar 'n glasie drink op die Dylan van ouds en hom so
onthou :-)

Lorinda
Re: Vals name [boodskap #3455 is 'n antwoord op boodskap #3442] Ma, 29 Desember 2003 17:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Katryn ..
>>
>> LOL! Gmmfff....hoop nie jy dink ek skryf onder 'n vals naam nie?
>> ;-)))
>
> Nee, want jy is alreeds daar! Maar hulle sluip in jou buurt rond en
> sny jou kabels af :-))

LOL! Jy ONTHOU!!! ;-))
Ja, Katerina is mos juis so goeie Russiese naam? Dalk was Katryn nou
nie juis die beste keuse vir 'n pseudoniem nie?
;-))
Re: Vals name [boodskap #3459 is 'n antwoord op boodskap #3455] Ma, 29 Desember 2003 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 29 Dec 2003 12:19:48 -0500, Katryn wrote:
> Dalk was Katryn nou
> nie juis die beste keuse vir 'n pseudoniem nie?
> ;-))

Neen, dis nie, omdat die halwe wêreld weet jy heet nie Katryn nie,
maar Danielle.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vals name [boodskap #3460 is 'n antwoord op boodskap #3455] Ma, 29 Desember 2003 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:j5o0vv8c2uu3th96066hmdmpgtme1qhftq@4ax.com...
>
> LOL! Jy ONTHOU!!! ;-))
> Ja, Katerina is mos juis so goeie Russiese naam? Dalk was Katryn nou
> nie juis die beste keuse vir 'n pseudoniem nie?
> ;-))

Hoe kan ek so iets vergeet? :-) En jy het beslis 'n punt beet, Katerina is
heel waarskynlik op die lys van ongewensde name gepubliseer deur ene Joseph
McCarthy (en die hersiende weergawe is nog nie beskikbaar nie weens vinnig
veranderende omstandighede :-)
Ek moet aan 'n pseudoniem vir myself dink, en jy sal aan 'n nuwe een moet
dink (dit sal jammer wees, ons is gewoond aan Katryn, en dis 'n mooi naam).


Lorinda
Re: Vals name [boodskap #3467 is 'n antwoord op boodskap #3460] Ma, 29 Desember 2003 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Ek moet aan 'n pseudoniem vir myself dink, en jy sal aan 'n nuwe een moet
> dink (dit sal jammer wees, ons is gewoond aan Katryn, en dis 'n mooi naam).
>
>
> Lorinda
>

Chucks, dan moet ek weer leer om van Sannie en Tiena te droom!

DD
Re: Vals name [boodskap #3470 is 'n antwoord op boodskap #3467] Ma, 29 Desember 2003 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:amu0vvcnns880ti284naiip0i2vgh3pmuu@4ax.com...
>
>> Ek moet aan 'n pseudoniem vir myself dink, en jy sal aan 'n nuwe een moet
>> dink (dit sal jammer wees, ons is gewoond aan Katryn, en dis 'n mooi naam).
>>
>>
>> Lorinda
>>
>
> Chucks, dan moet ek weer leer om van Sannie en Tiena te droom!
>
> DD
>


??!! Ons het meer gedink aan Hecate en Graymalkin....:-)

Lorinda
Re: Vals name en feetjies [boodskap #3473 is 'n antwoord op boodskap #3438] Ma, 29 Desember 2003 21:04 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:9rjuuvg5m6v6mkc124kivsiqu8vqp9ohh2@4ax.com...
>

> ;-)))
> Ek werk aan daardie visa van jou. Wees net geduldig, en nee, jou naam
> kan NIE Lorinda daarop wees nie!!
> ;-))

LOL! Ek het dit ter harte geneem, so die naam om op my visa te sit is
Bramble Rainbowwitch. Jy kan 'n naam kry by hierdie naamgee seremonie
http://www.emmadavies.net/fairy/ :-)) Een van my susters het nou net vir my
die skakel gestuur, sy sê sy was opsoek na iets oor LOTR toe sy op al
hierdie naam skakels afgekom het. Daar is ook die volgende
http://www.chriswetherell.com/hobbit/default.asp as jy liewer 'n hobbit naam
wil hê :-) Myne was Ruby Peatfingers of Brockenborings wat eintlik nogal van
pas is as mens daaroor dink..:-)

(en onthou ek maak staat op jou vaaridgheid met daardie visa, anders gaan jy
vir 'n lang tyd vir my moet kom kuier op daai klein puntjie van Kuba :-))

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Reflections...
Volgende onderwerp: Engels - Amerikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:47:29 MGT 2024