Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Apartheid - die naam!
Re: Apartheid - die naam! [boodskap #34293] Wo, 13 September 2000 00:00
Dirk Vermaak  is tans af-lyn  Dirk Vermaak
Boodskappe: 33
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Baasjan" skryf in boodskap news:39befc80$0
$234@hades.is.co.za...
> Is dit nie eienaardig dat daar nog sommiges is wat op die ANC-trok
> ("bandwagon") klim met vergeefse pogings om wittes skuldig te laat voel oor
> apartheid/rassisme nie. Die ANC het hierdie ding begin om die swart kieser
> se aandag te probeer weglok van die eintlike redes waarom sy lot tans nie
> verbeter nie - moenie in die goedkoop slaggat beland nie.

Deur realisties te kyk na wat gedoen is beteken nie dat mens op die ANC-
trok klim of probeer om enigiemand skuldig te laat voel nie. Daar was
uiters min wat die man in die straat aan die regering se wette en
beleid kon doen, veral in die gesig van hulle propagandaveldtog ook.
Kiesafdelings was so saamgestel dat verkiesings gewen kon word met 'n
minderheidstem.

Ek stem saam met jou dat die ANC baie tegnieke gebruik om hitte van
hulle eie tekortkominge en falings af te lei. Hulle blamering van die
verlede het al 'n baard gegroei en sommer lang poepolhare ook.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: Identikits
Volgende onderwerp: mooi skilderye
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 23:39:08 MGT 2024