Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Groenspreeu" deur P.W. BUYS
"Groenspreeu" deur P.W. BUYS [boodskap #33963] Vr, 01 September 2000 15:50 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

GROENSPREEU
P.W. BUYS

“Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat.” Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
Re: "Groenspreeu" deur P.W. BUYS [boodskap #33986 is 'n antwoord op boodskap #33963] Sa, 02 September 2000 00:33 Na vorige boodskap
<n...  is tans af-lyn  <n...
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Die verstelling wat jy aan jou Netscape gemaak het (HTML to PLAIN TEXT)
Het geen kwaad gedoen nie.

Jou gedig deur Buys lees PRESIES soos dit 'n jaar gelede gelees het.
Jou spasies is OK.

skryf in boodskap news:39AFD247.B3017640@home.com...
GROENSPREEU
P.W. BUYS

"Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat." Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
Vorige onderwerp: literair e-zine Meander
Volgende onderwerp: Die tromme raas...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 02:05:09 MGT 2024