Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaapings.
Kaapings. [boodskap #33937] Do, 31 Augustus 2000 16:49 na volgende boodskap
Hein Paul  is tans af-lyn  Hein Paul
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Vandag is daar so baie "sisteme" wat jy in jou motor kan sit om diefstal te
voorkom. Die meeste assuransiemaatskappye vereis 'n rathefboomslot en/of 'n
AA goedgekeurde demobiliseerders. My vraag is: " Is dit regtig 'n goeie ding
om dit in jou motor te hê ?". Ek glo daar is wel gevalle waar dit gehelp
het, maar ek glo dit het sy nadele ook.

Wanneer jy jou voertuig pakeer en die ratte sluit, die demobiliseerder
aktiveer ensevoorts, is dit amper 100 % dat jou voertuig nie gesteel gaan
word nie. Geen dief loop in die dorp of stad met sae en spesiale gereedskap
rond om "inkopies " te doen nie. Inteendeel, hy wag eerder dat jy alles
onkoppel en dan dreig hy jou met 'n vuurwapen ( wat soms noodlottig is ).
Sal dit nie beter wees om maar die skok te kry as jy uit die winkel kom en
sien jou motor is gesteel nie, as om met die dood gedreig te word ( soms
voor die familie ) en dan nog jou maandse kruideniersware ook te verloor nie
?

As 'n dief jou motor wil steel gaan hy hom VAT ! Hoe beveg mens "crime" as
dit deur die regering ge-ignoreer word?

Ons plaasboere word ingewag en dan in hulle huise vermoor. Wag die skelms
dat die alarmstesel eers af gesit word om nie "arm responce" te roep nie ?

Gee julle mening!
Re: Kaapings. [boodskap #34034 is 'n antwoord op boodskap #33937] Di, 05 September 2000 04:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dit lyk vir my hoe beter die sekuriteitstelsels word, hoe gevaarliker raak
dit vir die mens.

Is jy van mening dat die sekuriteitstelsels eerder maar gelos moet word?
Die stelsels werk so goed dat meer gesinne nou met vermoorde broodwinners
sit as gevolg daarvan?

Ek het al gewonder of die mense nie maar die hoë mure om die huise moet
afbreek nie. Die mure verskaf dan meer veiligheid/skuiling vir die inbreker.
As dit af is kan meer bure sien wat in hulle straat en omgewing aangaan.
Meer persoonlike kontak, en is goedkoper ook. IMHO.

Hein Paul skryf in boodskap news:39ae9a9b.0@news1.mweb.co.za...
> Vandag is daar so baie "sisteme" wat jy in jou motor kan sit om diefstal te
> voorkom. Die meeste assuransiemaatskappye vereis 'n rathefboomslot en/of
'n
Re: Kaapings. [boodskap #34055 is 'n antwoord op boodskap #34034] Di, 05 September 2000 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein Paul  is tans af-lyn  Hein Paul
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek is nou nie "anti" - sekuriteit nie, ek spandeer ook maar geld aan
beveiliging "om my gewete te sus."
Dit help ons niks om die daad te beveg nie, ons moet die oortreders beveg
wat 'n beskermde spesie is ) Met die nuwe wette is dit eintlik better om
hoë mure om jou huis te hê sodat die "nuwe bure" nie window shopping kan
doen nie.
Re: Kaapings. [boodskap #34062 is 'n antwoord op boodskap #34034] Di, 05 September 2000 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
en 'n petite italiaanse vriendin word helder oordag op die sypaadjie
in Carletonville neergesmyt. Haar arm is op die sypaadjie vasgetrap
terwyl haar handsak uit haar hande gewring word. Dit was tussen 'n
massa mense. Twee mense het haar te hulp gesnel. 'n Indiër en 'n
swarte.
Toegegee, dit het in die oorwegend swart deel van die dorp gebeur.

Hulle het blykbaar nie mure nodig nie Rosie.

DD

On Tue, 5 Sep 2000 06:59:15 +0200, "Rosie" wrote:

>
> Ek het al gewonder of die mense nie maar die hoë mure om die huise moet
> afbreek nie. Die mure verskaf dan meer veiligheid/skuiling vir die inbreker.
> As dit af is kan meer bure sien wat in hulle straat en omgewing aangaan.
> Meer persoonlike kontak, en is goedkoper ook. IMHO.
Re: Kaapings. [boodskap #34128 is 'n antwoord op boodskap #33937] Wo, 06 September 2000 22:02 Na vorige boodskap
Dirk Vermaak  is tans af-lyn  Dirk Vermaak
Boodskappe: 33
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
Soos jy sê, solank die krimineel 'n beskermde spesie is, gaan mens se
goed gevat word ongeag of jy sekuriteit het of nie.

Om die sekuriteit van jan alleman te verbeter, word daar nou 11,000
verhoorafwagtendes uit die tronke losgelaat. "Petty criminals", soos
die wat handsakke en karre gesteel het, maar nie mense vermoor het in
die proses nie. Gaan steel maar weer goeie maatjies. Wees net
voorbeeldige landsburgers en asseblief, groot asseblief, daag op by die
hof op die verhoordatum.

In article ,
"Hein Paul" wrote:
> Vandag is daar so baie "sisteme" wat jy in jou motor kan sit om diefstal te
> voorkom. Die meeste assuransiemaatskappye vereis 'n rathefboomslot en/of 'n
> AA goedgekeurde demobiliseerders. My vraag is: " Is dit regtig 'n goeie ding
> om dit in jou motor te hê ?". Ek glo daar is wel gevalle waar dit gehelp
> het, maar ek glo dit het sy nadele ook.
>
> Wanneer jy jou voertuig pakeer en die ratte sluit, die demobiliseerder
> aktiveer ensevoorts, is dit amper 100 % dat jou voertuig nie gesteel gaan
> word nie. Geen dief loop in die dorp of stad met sae en spesiale gereedskap
> rond om "inkopies " te doen nie. Inteendeel, hy wag eerder dat jy alles
> onkoppel en dan dreig hy jou met 'n vuurwapen ( wat soms noodlottig is ).
> Sal dit nie beter wees om maar die skok te kry as jy uit die winkel kom en
> sien jou motor is gesteel nie, as om met die dood gedreig te word ( soms
> voor die familie ) en dan nog jou maandse kruideniersware ook te verloor nie
> ?
>
> As 'n dief jou motor wil steel gaan hy hom VAT ! Hoe beveg mens "crime" as
> dit deur die regering ge-ignoreer word?
>
> Ons plaasboere word ingewag en dan in hulle huise vermoor. Wag die skelms
> dat die alarmstesel eers af gesit word om nie "arm responce" te roep nie ?
>
> Gee julle mening!
>
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Groenighede vir Afrika en die Planeet
Volgende onderwerp: sa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 14:53:27 MGT 2024