Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Konferensie op rassisme
Konferensie op rassisme [boodskap #33868] Wo, 30 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder wat die konferensie op rassisme die belastingbetaler gaan kos en
wat hulle nou eintlik daardeur wil bereik.

Van die begin is dit duidelik wat die boodskap is. Die blankes is rassiste.
Alles is ons skuld. Ons wil nie saamwerk nie.

Nou wonder ek net, en dit bleik so uit ons geagte Staatspresident se
toespraak dat daar geen rassisme aan die kant van die swartman is nie

Dit raak darem nou n klug.

Reenen van Niekerk
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #33912 is 'n antwoord op boodskap #33868] Do, 31 Augustus 2000 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Reenen,
Ek sien daai saak ook so. Wie is nou eintlik die rassiste? Die wat sê dat
die swartes se velkleur swart is, of die wat sê dat die wittes se velkleur
wit is? En wie kan rassisime presies 100% empiries korrek tot die 200ste
desimaal definieer?
Thys de Wet oppie Bos
Reenen van Niekerk wrote in message ...
> Ek wonder wat die konferensie op rassisme die belastingbetaler gaan kos en
> wat hulle nou eintlik daardeur wil bereik.
>
> Van die begin is dit duidelik wat die boodskap is. Die blankes is rassiste.
> Alles is ons skuld. Ons wil nie saamwerk nie.
>
> Nou wonder ek net, en dit bleik so uit ons geagte Staatspresident se
> toespraak dat daar geen rassisme aan die kant van die swartman is nie
>
> Dit raak darem nou n klug.
>
> Reenen van Niekerk
>
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #33944 is 'n antwoord op boodskap #33912] Do, 31 Augustus 2000 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
wat my verder omtrent die hele sakie pla is dat almal sulke holrug-geryde
cliche's gebruik... al die woorde in die cliche het baie edel betekenisse
maar in die praktyk is dit al so oor en oor gebruik... dat al die betekenis
verlore geraak het. verder wonder ek hoeveel van daardie klomp sprekers
daar staan en hulle standpunte stel vir die saak ......... of staan hulle
daar as gevolg van al die voorregte wat saam met die pos kom..... hoeveel
van hulle praat maar het verskuilde agendas ... rassisme kan slegs op
vloervlak uit die weggeruim word ....
die agterdog teenoor mekaar moet stop ... maar dit is idealistiese
stelling....... kyk na die plaasmoorde en dan die wit verf van die
meisie.......... dit is 'n ewigdurende sirkel ... ek glo in my hart dat die
wat hulle skuldig maak aan rassisme ... nie veel erg het aan die konferensie
nie .... so dit is maar net weer 'n geval waar die dominee sy preek oor swak
kerkbywoning lewer aan die ouens wat gereeld kerk toe kom..

dottie

Thys de Wet skryf in boodskap news:8oksj3$2bd4$1@news.adamastor.ac.za...
> Reenen,
> Ek sien daai saak ook so. Wie is nou eintlik die rassiste? Die wat sê dat
> die swartes se velkleur swart is, of die wat sê dat die wittes se velkleur
> wit is? En wie kan rassisime presies 100% empiries korrek tot die 200ste
> desimaal definieer?
> Thys de Wet oppie Bos
> Reenen van Niekerk wrote in message ...
>> Ek wonder wat die konferensie op rassisme die belastingbetaler gaan kos en
>> wat hulle nou eintlik daardeur wil bereik.
>>
>> Van die begin is dit duidelik wat die boodskap is. Die blankes is rassiste.
>> Alles is ons skuld. Ons wil nie saamwerk nie.
>>
>> Nou wonder ek net, en dit bleik so uit ons geagte Staatspresident se
>> toespraak dat daar geen rassisme aan die kant van die swartman is nie
>>
>> Dit raak darem nou n klug.
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #33957 is 'n antwoord op boodskap #33944] Vr, 01 September 2000 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie  is tans af-lyn  Dirkie
Boodskappe: 103
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
dot skryf in boodskap news:8omg39$8id$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> stelling....... kyk na die plaasmoorde en dan die wit verf van die
> meisie.......... dit is 'n ewigdurende sirkel ... > >
>
>
Verskoon die onkunde maar die verwery: wie het vir wie geverf en hoe pas dit
by rassisme in?

Ek
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #33966 is 'n antwoord op boodskap #33912] Vr, 01 September 2000 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die volgende boodskap op my email gekry

Mens verdien jou heerser(s).
Ook, "A slave is a man with a slave's mentality", endiesmeer....
Groet - Jakes.

Reenen van Niekerk

Thys de Wet skryf in boodskap news:8oksj3$2bd4$1@news.adamastor.ac.za...
> Reenen,
> Ek sien daai saak ook so. Wie is nou eintlik die rassiste? Die wat sê dat
> die swartes se velkleur swart is, of die wat sê dat die wittes se velkleur
> wit is? En wie kan rassisime presies 100% empiries korrek tot die 200ste
> desimaal definieer?
> Thys de Wet oppie Bos
> Reenen van Niekerk wrote in message ...
>> Ek wonder wat die konferensie op rassisme die belastingbetaler gaan kos en
>> wat hulle nou eintlik daardeur wil bereik.
>>
>> Van die begin is dit duidelik wat die boodskap is. Die blankes is rassiste.
>> Alles is ons skuld. Ons wil nie saamwerk nie.
>>
>> Nou wonder ek net, en dit bleik so uit ons geagte Staatspresident se
>> toespraak dat daar geen rassisme aan die kant van die swartman is nie
>>
>> Dit raak darem nou n klug.
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #34012 is 'n antwoord op boodskap #33957] So, 03 September 2000 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
die hele debakel op louis trichardt verkry redelike prominensie in oorsese
media ... as 'n rassistiese aangeleentheid..........alhoewel pep stores
daarop aandring dat die wit verf van die swart minderjarige meisie nie 'n
rassistiese aangeleentheid is nie... eerder 'n geval waar die personeel moeg
was vir winkel diefstal... verliese kan blykbaar van hulle bonusse verhaal
word ....en toe maar reg in eie hande geneem het.... wie sal weet .... die
probleem met sterotipes is ... dat so baie skade aan mense (geskape na die
beeld van God) gedoen kan word...

op die konferensie is wit vs swart as rassisme gedefinieer... die omgekeerde
kom ook voor en net so 'n ernstig ... rassisme is ewe erg maak nie saak wie
aan wie nie.... hoe harder die slimme manne raas en skree oor rassisme
hoe minder word bereik.... 'n mens is maar 'n harde koejawel .....

antie krog -ek het baie respek vir haar - wil hê die blanke ( ek lees
afrikaner) moet om verskoning vra ... optogte hou en so meer... maar hoeveel
keer moet ek/ons dan om veskoning vra ..... dit is moeilik moet ek dan
aanmekaar om verskoning vra vir aangeleenthede waarby ek nie betrokke was
nie of nog te klein was om te verstaan waaroor dit gegaan het... ek was
byvoorbeeld in die laerskool toe dr verwoerd vermoor is....

nieu seeland en amerika en engeland is duidelik voorbeelde van rassisme ...
duidelike voorbeelde dat die een groep altyd versus die ander staan .......
so onnodig ..... in suid- afrika soos in bogenoemde lande is daar duisende
voorbeelde waar beide groepe mekaar se hande geneem het en waar rassisme nie
bestaan nie... waarom kan die media dit nie uitlig en dit as rolmodelle
gebruik word nie

moet ons nie vir 'n verandering op hou praat (jislaaik en kan die klomp hier
in suid-afrika nie baie praat nie) en net die bul by die horings pak en
anti-rassisme uitleef nie .... of vra ek weer utopia op aarde ... ek glo dit
is moontlik .... ek weet dat sommige van julle nie gaan saam stem nie ... of
dink ek is ligsinnig ... geen probleem daarmee nie ... net so min as wat ek
kan help dat die Here my as 'n wit afrikaner geskep het net so min kan john
help dat die Here hom as 'n swart zoeloe geskep het .... dit is hoog tyd dat
ons mekaar moet respekteer! ons is almal skepsels van God...

dottie

Dirkie skryf in boodskap news:8op5ee$lud$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> dot wrote in message
> news:8omg39$8id$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> stelling....... kyk na die plaasmoorde en dan die wit verf van die
>> meisie.......... dit is 'n ewigdurende sirkel ... > >
>>
>>
> Verskoon die onkunde maar die verwery: wie het vir wie geverf en hoe pas dit
> by rassisme in?
>
> Ek
>
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #34014 is 'n antwoord op boodskap #34012] So, 03 September 2000 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

dot wrote:

> op die konferensie is wit vs swart as rassisme gedefinieer... die omgekeerde
> kom ook voor en net so 'n ernstig ... rassisme is ewe erg maak nie saak wie
> aan wie nie.... hoe harder die slimme manne raas en skree oor rassisme
> hoe minder word bereik..

Die konferensie oor rassisme in Suid-Afrika is natuurlik 'nfase van die
Verenigde Volke se konferensie oor rassisme.
Ek neem aan sulke aanvanklike nasionale konferensies oor
rassisme word ook in ander lande gehou wat lede van die
VVO is. Hier in Kanada wys die Eerste Nasies lankal uit
dat daar teen hulle gediskrimeer word op die basis van hulle
velkleur.
Veral in die VSA is die kwessie van rassisme op die
voorgrond. Die nie-wit groepe word baie meer militant
in hulle aandui van hoe baie rassisme daar bedryf word
teen hulle. Sien byvoorbeeld die kwessie van "racial
profiling" (as jy swart is in New York City is die kanse
byvoorbeeld hoog dat jy verdink sal word van 'n
kriminele daad selfs al is jy net 'n onskuldige bystander.)
Meer en meer swart filmsterre en beroemde mense begin
nou kla hoe hulle byvoorbeeld nie opgelaai word in New
York deur huurmotors nie omdat hulle swart is.Laasgenoemde
is nou iets waarvoor taxibestuurders aangekla kan word.
Hier in Kanada is dit veral mense wat oorspronklik van
die Indiese subkontinent af kom, wat die regering aanvat
oor promosies wat nie verkry is nie omdat hulle nie die
"regte kleur" gehad het nie. Daar was ook al gevalle van
mense wat net Engels kon praat, wat gekla het dat daar
teen hulle gediskrimeer word omdat hulle nie Frans
magtig is nie en dus nie promosies kon kry nie. So die
spotlig is op rassisme oor die hele wereld. En dis goedso.

Gloudina

>
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #34026 is 'n antwoord op boodskap #33868] So, 03 September 2000 20:36 Na vorige boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
stry nie vir een oomblik daaroor nie... die laerskool is genoem omdat ek op
daardie jong ouderdom nie veel in politiek belanggestel het nie... en ook
nie in 'n posisie was om vir of teen dr verwoerd se tuisland idee kon stem
of 'n opinie vorm nie.... en gesien in daardie lig wil ek weet of ek dan
moet om verskoning vra vir dit wat toe bietjie minder as 40 gelede gebeur
het... kan ek nie nou maar sonder om askies te sê, net anti-rassisties
uitreik na my mede suid-afrikaner nie.... wat gaan al die askies vra ons in
die sak bring.... ons moet ophou praat en askies vra en almal wys wat in
ons steek en almal wys dat almal voor die oë van God gelyk is! en dat ons
mekaar as sulks respekteer...so my argument gaan nie om wie die moordenaar
is of wie die moordenaar gehuur het nie, .... ek is meer bekommerd oor hoe
suid-afrika se inwoners vandag hanteer.....

dottie

Davie Davis skryf in boodskap news:39b28d4c.13224565@news.intekom.co.za...
>
>
> Nie nodig om die laerskool as alibi te gebruik nie, Dottie
> Demitrious Tsafendas wás die skuldige.
>
> DD
>
>
> Op Son, 3 Sep 2000 16:01:52 +0200, "dot" se Dot:
>
> ek was
> byvoorbeeld in die laerskool toe dr verwoerd vermoor is.
>
Vorige onderwerp: nuwe sa nuusgroep
Volgende onderwerp: Skokkende moord in stil Vrystaat Dorpie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 17:23:38 MGT 2024