Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die man die hoof of die baas?
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33821] Di, 29 Augustus 2000 00:00
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Aug 2000 11:05:32 +0200, "Elaine" wrote:

> heheheheheheh. Jy sal gou verveeld raak met jouself, dis nie so lekker of
> so maklik om huis te hou en kinders groot te maak nie

Ek het anyway 'n groot deel bygedra om die kinders groot te maak. Van
nappies WAS (na die omruil) tot opstaan as hulle huil ens.

Vrouens kry egter baie swaarder as mans as die kinders klein is,
waarskynlik om talle redes waarvan die meeste groei uit die feit dat
net hulle kan borsvoed.

Maar die kinders is nou tieners en ek sal enige tyd by die huis sit.
Laaaaaaaang oggende alleen.

Skottelgoed was, huis skoonmaak, bed opmaak, klere was. Dis alles koel
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33822 is 'n antwoord op boodskap #33821] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:39ab6c76.0@news1.mweb.co.za...
> Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
besluit.
Nee, dis elkeen se reg om te werk. Die vrou het die reg om finansieel
onafhanklik te wees. Ek weet nie hoe dit in SA werk nie, maar in België kan
man en vrou finansieel heeltemal onafhanklik bly (asof hulle nie getroud is
nie) deur in hul huwelikskontrak te kies vir "scheiding van goederen" (dit
is nou die Nederlandse terme, maar julle sal dit wel verstaan).

> Wat's die verskil tussen hoof en baas?
Is daar een ? Ek sien dit so : solank die vrou afhanklik bly van haar man
(finansieel 'n mentaal), voel die man veilig. Hy het min kans dat sy hom sal
verlaat, al behandel hy haar partykeer grof.
Ek het genoeg gevalle geken waar vrouens van die ouer generasie (ek praat
nou van mense wat nou ouer as 70 is) alleenlik by hul man gebly het omdat
hulle anders in armoede sou versink het. En dié meeste mans was 'n soort
mini-tiranne wat verwag het dat hulle vrou in hul diens is. Toe my pa
afgetree het, het hy nog net lekker dinge gedoen. Maar my ma moes nog steeds
die hele huishouding aan die gang hou - sy kos maak, sy klere was en stryk,
die huis skoon hou. Ek's nou 50 en my man 59 - maar ons doen alles saam. My
man het afgetree, ek werk nog enkele ure per week. Ons werk saam in die
huishouding en ons ontspan saam as die werk gedoen is.

> Kan 'n vrou haar eie besluite maak of moet sy eers toestemming van haar man
> afkry?
Natuurlik ! Natuurlik nie ! Hulle kan dit wel saam bespreek.

> En as 'n vrou besluit sy wil kinders hê, wie se besluit is dit nou eindelik.
> Want wat kan jy doen as jou man eenvoudig "nee" sê? Hoe oortuig jy hom?
Kinders kry jy saam - ek dink jy moet dit ook saam besluit. 'n Vrou kan nie
alleen besluit dat sy 'n kind wil hê nie, tensy sy bereid is om die kind
alleen groot te maak.

> 'n Paar vrae. Herkou dit en kom ons bespreek dit. Ek sal graag die mans se
> siening hieroor wil hoor?
Ek' s nie 'n man nie, maar ek hoop jy sal tog my antwoorde lees :-).

Groete,

Hilda.
>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33823 is 'n antwoord op boodskap #33821] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> En wat as die man NOOIT wil kinders hê nie? Skei jy hom en kry jy vir jou
> 'n man wat wel kinders wil hê?
As jy regtig nie sonder kinders kan lewe nie en jy is nie lief genoeg vir
jou man om sy kinderwens (of liewers : sy nie-kinderwens :-)) ) te aanvaard
nie, dan sal jy 'n ander man moet kry. Maar ek dink dat hierdie belangrike
beslissinge/wense voor die huwelik moet bespreek word.

> Dankie, ons is drie dogters, en my pa het ons grootgemaak om ons eie koppe
> te volg en BAIE selfstandig te wees. Ek weet my oudste suster wat nou 2.5
> jaar getroud is, sit vierkantig op haar man se kop en sy's die hoof
> broodwinner en sien dit as haar reg om die "hoof" van die huis te wees.

Dis goed om selfstandig te wees - ja, as jou suster se man dit toelaat dat
sy op sy kop sit, dan is dit sy probleem, ná ? :-)).

Lekker dag ! (Ek gaan nou die skottelgoed was)

Hilda.
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33824 is 'n antwoord op boodskap #33821] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Ladyhawke[1]  is tans af-lyn  Ladyhawke[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Nogal 'n jammerte dat jy getroud is. Ek sal wat wil gee vir 'n man met 'n
siening soos jy. Ek glo dat 'n vrou het 'n reg om te werk. Volgens geloof is
die man die baas. Maar volgens menseregte is hulle gelyk.
Ek voel dat 'n man geen reg het om te weier dat sy vrou werk nie. Sy is haar
eie persoon. Ek sal nooit my werk opgee vir 'n man nie. Al beteken dit dat
ek nooit trou nie. Op watter basis sal 'n man weier dat sy vrou werk? Om sy
huis op te pas? Vir hom kos te maak? Dit is selfsugtige redes. En kinders -
hoekom moet die vrou na die kinders kyk? 'n Pa kan net so goed na die
kinders kyk, as 'n ma. Dit is 'n instinkt. Word nie aangeleer nie.

Nou die vraag is, hoekom voel mans so "threatened" as 'n vrou 'n beter
posisie as hulle beklee? Is dit nie hulle "image" wat 'n bietjie seerkry
nie? En as 'n vrou meer geld as hulle verdien? Is jy nie veronderstel om
gelukkig vir jou sielsgenoot te wees nie? Om hulle besluite te aanvaar en te
respekteer nie?
Elke persoon het 'n plek op die aarde - some are leaders and some are being
led. Why hide the leaders infront of a stove?

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39af7de9.5609704@news.is.co.za...
> On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> man
>> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
besluit.
>
> Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
> by die huis kan bly.
>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33825 is 'n antwoord op boodskap #33821] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
heheheheheheh. Jy sal gou verveeld raak met jouself, dis nie so lekker of
so maklik om huis te hou en kinders groot te maak nie

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39af7de9.5609704@news.is.co.za...
> On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> man
>> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
besluit.
>
> Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
> by die huis kan bly.
>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33826 is 'n antwoord op boodskap #33821] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hilda en Gervaas skryf in boodskap news:htKq5.143180$Ee.1227115@afrodite.telenet-ops.be...

In België kan man en vrou finansieel heeltemal onafhanklik bly (asof hulle
nie getroud is nie) deur in hul huwelikskontrak te kies vir "scheiding van
goederen" (dit is nou die Nederlandse terme, maar julle sal dit wel
verstaan).
Ja ons kan dit doen. Die wet is terugwerkend tot en met 1985, jy kan of
buite gemeemskap van goedere trou, waar alles joune is en syne syne is, of
julle kan binne gemeenskap van goedere met aanwas bedeling trou, waar alles
wat julle binne die huwelik bymekaar gemaak het, saamgevoeg word en 50/50
gesplit word. Dis baie kompleks en daar's 'n formule wat uitgewerk moet
word.

Ek's nou 50 en my man 59 - maar ons doen alles saam. My
man het afgetree, ek werk nog enkele ure per week. Ons werk saam in die
huishouding en ons ontspan saam as die werk gedoen is.
Ek en my man is nou 3 maande saam. Ons altwee werk. Hy wil nie hê ek moet
ophou werk nie. Sê hy geniet die ekstra inkomste te veel. Ons probeer ook
die huishouding saam behartig, maar as dit nie vir ons "domestic engineer"
was nie, sou ons twee verlore gewees het. Ek's nou nie juis in die wieg
gelê om 'n huisvrou te wees nie

Kinders kry jy saam - ek dink jy moet dit ook saam besluit. 'n Vrou kan nie
alleen besluit dat sy 'n kind wil hê nie, tensy sy bereid is om die kind
alleen groot te maak.
En wat as die man NOOIT wil kinders hê nie? Skei jy hom en kry jy vir jou
'n man wat wel kinders wil hê?

Dankie, ons is drie dogters, en my pa het ons grootgemaak om ons eie koppe
te volg en BAIE selfstandig te wees. Ek weet my oudste suster wat nou 2.5
jaar getroud is, sit vierkantig op haar man se kop en sy's die hoof
broodwinner en sien dit as haar reg om die "hoof" van die huis te wees.

> Ek' s nie 'n man nie, maar ek hoop jy sal tog my antwoorde lees :-).
>
> Groete,
>
> Hilda.
Vorige onderwerp: Re: Die Kompanjie
Volgende onderwerp: Re: sa sinking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 20:52:23 MGT 2024