Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent.
WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33705 is 'n antwoord op boodskap #33725] So, 27 Augustus 2000 04:55 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
31 Mei 1966, Voortrekkerhoogte, Pretoria. Ons het nie televisie nie.
Hierdie Baaienaar sit met sy oor vasgenael teen die radio en probeer 'n
beeld vorm van 'n skare van meer as 'n honderd-duisend mense wat die eerste
vyf-jarige bestaan van die Republiek van Suid-Afrika daar kom vier het. Die
weermag
was daar, die lugmag en bykans alle ander instansies wat kon toon dat
hierdie jong republiek standvastig en onaantasbaar is.

Maar die hoogtepunt van die dag was die aankoms en toespraak van die Eerste
Minister, Dr. H.F.Verwoerd. Met die beskrywing van die kommentator en
geruis van mensestemme, kon ek in my geestesoog sien hoe sy swart Caddilac
statig die amfiteater nader en toe die uitbundige gejuig toe die alombekende
gryskop sy verskyning uit die motor maak. Maar toe is daar iets deur die
Engelssprekende kommentator gesê wat meer as 34 jaar my nog steeds bybly.
Dit het 'n boodskap uitgestuur dat nie net Afrikanernasionalisme nie, maar
dat die era van Suid-Afrikaner Nasionalisme ge-arriveer het.

"Just listen to the roar of the crowd as the Prime Minister of South Africa
alights from the car. This is no ordinary welcome - after all this is no
ordinary man!"

Hierdie dag op Voortrekkerhoogte is Suid-Afrikaner Nasionalisme in wese
gebore. Min sou ons weet dat minder as dertig jaar later, op Ellispark met
die aanvang van 'n rugby wedstryd, toe sestig-duisend toeskouers in
weerwil van diegene wat dit haat, uit volle bors die Stem van Suid-Afrika
sou sing, simbolies die laaste asem van Suid-Afrikaner Nasionalisme sou laat
uitblaas. Na dit, weer eens die woorde van 'n Engelssprekende kommentator:
"Doesn't that leave a lump in your throat?"

Verwoerd was op die toppunt van sy loopbaan. Hy het die sukses van
Suid-Afrika uitgestraal. Agter hom was 'n pad wat hy geloop het wat geen
leier na hom sou kon meemaak nie. Sestigerjare: Die aanslag op sy lewe, die
venynige aanvalle op sy persoon, Sharpville, die stuur van die jong
Republiek deur tye van boikotte en terrorisme en haatveldtogte vanoor die
wêreld. Hy het van
bomplanters en opstokers werk van gemaak, onder hulle 'n klong met die naam
van Nelson.

Ten Noorde van ons het die winde van verwoesting en chaos 'n bloedbad en 'n
spoor van ellende, hongersnood, siektes en onbeholpenheid agter gelaat.

Hy het die Tuislandbeleid aangevoer met die geloof dat teen die tagtigerjare
daar
'n stroom van Swartes sal wees terug na hul tuislande groter as die stroom
vandaar na die stede. Was dit enige ander leier dan sou hierdie oefening
maar net nog 'n soort van 'n tong-in-die-kies "window dressing" gewees het.
Met Verwoerd was
dit 'n geloofsaak en 'n visie. Die Randlords van die Goudstad het besef hy
was ernstig en het dit hand-en-tand beveg. Die deurvoering van hierdie
beleid sou enersyds, hul goedkoop arbeid uit die stad verwyder het, en,
andersyds, hulle van die profyte van die Black Buying Power ontneem het.
Hul sogenaamde compassion vir die Swartman het niks dieper as hul sakke
gegaan nie. Dit is na vyf jaar van Uhuru in SA bewys.

Daar was geen ou destyds wat swaarder onder die politieke druk gelei het nie
as Sir DeVilliers Graaff. Sy party was so te sê op sy knieë. Sy gevry na
regs om stemme terug te wen het die Randlords mateloos geïrriteer. Hulle
het
toe sommer hul eie party gestig en op die koop toe die helfte van Sir Div se
party saam met hulle geneem. Vir Sir Div se oorblywende ondersteuners het
die Nasionale Party van Verwoerd alhoe meer aantreklik begin lyk.

Die wêreld was nie jaloers nie, inteendeel, hulle het ons bewonder.
Ongelukkig het die jaloesie van binne gekom. Daar was 'n stille maar (tot
daardie tydstip), impotente gemor binne die Afrikanergeledere waarvan
Verwoerd alte bewus van was. En hy het telkens daarteen gewaarsku. Hierdie
gemor was nie van die verregse kant nie; die party was reeds so vér regs as
wat dit kon kom. Dit het nie te doen gehad met denke of oortuigings nie.
Dit het te doen gehad met 'n lelike, vernietigende soort van Provinsialisme,
wat, net soos met die Randlords, die saak van die Kleurling as verskoning
gebruik het om die leierskap by te kom.

Daar was die Dawies, en die André's, en die Willems, die voorprofete met hul
fatsoenlike woordeskatte wat die voorbrandwerk gedoen het en die stilswyende
maar effektiewe backers met die geld, binne en buite die parlement, wat die
aanvoering gedoen het.

En hierdie skrywer was, tot sy spyt, aan die verkeerde kant van die heining.

Twee jaar sou Verwoerd nog die hoofrol speel. Op die verhoog was hy die
dirigent van 'n simfonieorkes wat 'n musiekstuk kon speel so pragtig as wat
die wêreld nog nooit gehoor het nie: Die harmonie van enigheid, die ritme
van voorspoed en geluk en die soetheid van vrede. Hierdie musiekstuk sou sy
weerklank vind nog lank na Verwoerd se verdwyning van die toneel.

Almal het verkies om nie die paar steurende wanklanke binne die orkes te
hoor nie. Dit sou fataal wees.

Hy het geen instruksies aan sy opvolger gelaat nie. Geen waarskuwings oor
valstrikke of onderduimse geknoeiery agter sy rug nie. Al het hy dit ook
gedoen sou sy opvolger nie daarvan notisie geneem het nie. Laasgenoemde wou
nie 'n "tweede Verwoerd" wees nie maar 'n "eerste Vorster".

En DIT was fataal!

Die Vorsterregering het 'n nuwe era vir die Afrikaner ingelei. Van daardie
tyd aan het ons gegaan van Vêr-regs na regs na links na vandag se
Ferdie-links.

In ons soeke na antwoorde sal ons ook die betekenis kry van die Engelse
gesegte: "There is none as virtuous as a reformed prostitute."
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33706 is 'n antwoord op boodskap #33705] So, 27 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Grahame wrote:

> Ongelukkig het die jaloesie van binne gekom. Daar was 'n stille maar (tot
> daardie tydstip), impotente gemor binne die Afrikanergeledere waarvan
> Verwoerd alte bewus van was.
> Dit het te doen gehad met 'n lelike, vernietigende soort van Provinsialisme,
> wat, net soos met die Randlords, die saak van die Kleurling as verskoning
> gebruik het om die leierskap by te kom.
>
> Daar was die Dawies, en die Andrè's, en die Willems, die voorprofete met hul
> fatsoenlike woordeskatte wat die voorbrandwerk gedoen het en die stilswyende
> maar effektiewe backers met die geld, binne en buite die parlement, wat die
> aanvoering gedoen het.
>

Nog een wat dus aandui dat die werklike burgeroorlog
in Afrikaner-geledere was. Amper soos in die VSA
in die negentiende eeu met die Amerikaanse Burgeroorlog.
Met as gevolg die vrylating van diegene wat sedert 1652
in knegskap in hulle eie land was (hulle was nie eens oor
die see gebring nie, hulle was sommer knegte in hulle eie
land.) So hoera vir die Dawies en die Andre's en die
Willems (een van die Willems was blykbaar die kleinseun
van die seimde ou pompous ou Verwoerd wat uit
Nederland gekom het om vir ons te wys hoe ons dinge
behoort te doen.) Toe wys die ware Afrikaners vir hom
waar Dawid die wortels gegrawe het.

Die Ruiter in die Dag
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33707 is 'n antwoord op boodskap #33705] So, 27 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Grahame wrote:

> Die Vorsterregering het 'n nuwe era vir die Afrikaner ingelei. Van daardie
> tyd aan het ons gegaan van Vêr-regs na regs na links na vandag se
> Ferdie-links.
>
> In ons soeke na antwoorde sal ons ook die betekenis kry van die Engelse
> gesegte: "There is none as virtuous as a reformed prostitute."

Hierdie pos wat eindig met bostaande twee paragrawe laatmy wonder. Alles wat dit
voorafgaan, is in baie goed gekonstrueerde
Afrikaans en in baie goeie styl geskryf, soos iemand wat weet wat
hy met die taal doen. In die bostaande twee paragrawe begin iets
egter deurskif. Kan dit wees dat die laaste twee paragrawe deur
iemand anders aangelas was? Sien byvoorbeeld die spelfout in die
woord "gesegde." Sien ook die neiging om na Engels oor te slaan
vir ekstra slaankrag, iets wat regses graag doen.(Ek wonder soms
hoekom. Is hulle minder lojaal aan Afrikaans? Is hulle meer onder
die invloed van rassiste uit die buiteland wat Engelse gesegdes in
die heksebrou inroer?)

Die tannie met die snuf in haar neus.
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33708 is 'n antwoord op boodskap #33705] So, 27 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Pragtig geskryf Grahame, baie dankie.

Groete
Tobie.

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Safe haven for parrots:
http://www.parrotsafe.demon.co.uk/index.htm

South African ringneck site:
http://www.mjvn.co.za/ringneck/2_ml10.htm

Birdbehavior:
http://www.upatsix.com/liz/
-------------------------
My Parrot Photo Album:
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33725 is 'n antwoord op boodskap #33705] So, 27 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Toe wys die "ware Afrikaners" vir hom
waar Dawid die wortels gegrawe het.

Praat u nou van Trafendas??
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33726 is 'n antwoord op boodskap #33725] Ma, 28 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Grahame,

Jy ken mos die idioom uit die 60's. "I'll do a Dimitri on you." Dit laat 'n
man dink, nê?
Waarom 2 is net so goed soos Waarom 1. Laat kom Waarom 3. Ons wag daarvoor.

Die spelwyse van jou naam herinner aan die Graham van Grahamstown. Familie?

B.

Grahame skryf in boodskap news:8ocr19$28a$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>
> Toe wys die "ware Afrikaners" vir hom
> waar Dawid die wortels gegrawe het.
>
> Praat u nou van Trafendas??
>
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33727 is 'n antwoord op boodskap #33725] Ma, 28 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Grahame wrote:

> Dankie Tannie. U het 'n punt daar beet.

Beteken dit dat ek reg was: dat twee mense dieding geskryf het?

Tante Koba
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33764 is 'n antwoord op boodskap #33725] Ma, 28 Augustus 2000 04:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Tannie. U het 'n punt daar beet. As u regtig 'n "tannie" is ontvang
ek dit met genoeë.
skryf in boodskap news:39A91DC7.585A2BEA@home.com...
Grahame wrote:

> Die Vorsterregering het 'n nuwe era vir die Afrikaner ingelei. Van daardie
> tyd aan het ons gegaan van Vêr-regs na regs na links na vandag se
> Ferdie-links.
>
> In ons soeke na antwoorde sal ons ook die betekenis kry van die Engelse
> gesegte: "There is none as virtuous as a reformed prostitute."

Hierdie pos wat eindig met bostaande twee paragrawe laat my wonder. Alles wat dit
voorafgaan, is in baie goed gekonstrueerde
Afrikaans en in baie goeie styl geskryf, soos iemand wat weet wat
hy met die taal doen. In die bostaande twee paragrawe begin iets
egter deurskif. Kan dit wees dat die laaste twee paragrawe deur
iemand anders aangelas was? Sien byvoorbeeld die spelfout in die
woord "gesegde." Sien ook die neiging om na Engels oor te slaan
vir ekstra slaankrag, iets wat regses graag doen.(Ek wonder soms
hoekom. Is hulle minder lojaal aan Afrikaans? Is hulle meer onder
die invloed van rassiste uit die buiteland wat Engelse gesegdes in
die heksebrou inroer?)

Die tannie met die snuf in haar neus.
Re: WAAROM(2): Die Perfekte Dirigent. [boodskap #33765 is 'n antwoord op boodskap #33725] Ma, 28 Augustus 2000 04:58 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Moet jou nie aan Gloudina steur nie sy het bietjie lanklaas haar standerd 1
klas se opstelle gemerk

Krokkie

Tobie wrote in message
...
> Pragtig geskryf Grahame, baie dankie.
>
> Groete
> Tobie.
>
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> Safe haven for parrots:
> http://www.parrotsafe.demon.co.uk/index.htm
>
> South African ringneck site:
> http://www.mjvn.co.za/ringneck/2_ml10.htm
>
> Birdbehavior:
> http://www.upatsix.com/liz/
> -------------------------
> My Parrot Photo Album:
> http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
Vorige onderwerp: Re: Ag nee wat!
Volgende onderwerp: Armgatte, petrol en William Shakespear (spesiaal vir Elaine)...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 22:50:24 MGT 2024