Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uys Krige
Uys Krige [boodskap #33587] Ma, 21 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die volgende is deur Wium van Zyl geskryf oor Uys Krige:

"Die mense sê mos ek lê heeldag plat op my maag op die strand. Dis waar, ek
lê dikwels plat op my maag op die strand, maar dan werk ek : Ek beplan nuwe
werk in my gedagtes of ek draai 'n rympie in my kop.

"Ek het feitlik die hele Twelfth Night en King Lear op Clifton of op
Onrusrivier se strand vertaal.
Die mense behoort eintlik te sê as hulle kopskuddend by my verbystap : ' Kyk
nou weer daar, die arme ou Uys, hy hou nooit op met werk nie ...' "

Onder sy aangrypende vertelling oor sy band met hierdie kusgebied van sy
jeug waarheen hy teruggekeer het vir sy laaste jare, tel dié oor 'n
vissersboot wat uit Hermanus se hawe vertrek en vergaan het sonder dat enige
lyk gevind is.

" En die mas spoel uit en hier in die hawe plant hulle dit in die grond en
die kindertjies kom staan daar om die mas en hulle het almal hul mooiste
rokkies en hul mooiste pakkies aan en hulle het blomruikers en hulle gooi
die ruikers in die see en daar dryf hulle die oop see in, in hulde aan hul
ontslapenes.

" En toe staan 'n leke-prediker op, 'n bruinman, en hy lees : ' Ken jy die
see ... ' "

('Ken jy die see ...' 'n gedig uit Krige se bundel Ballade van die groot
begeer, 1966)

John Kannemeyer en Wium van Zyl (021 - 9765755) organiseer 'n literêre
reis na die Onrus omgewing op 23 en 24 September 2000.

Harry
Re: Uys Krige [boodskap #33668 is 'n antwoord op boodskap #33587] Vr, 25 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
en dan het uys nog partykeer vergeet om sy handoek om sy
middel te sit wanneer hy uit sy nat swembroek geklim het in
sy kort langbroek
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

HW Gird
: Die volgende is deur Wium van Zyl geskryf oor Uys Krige:
:
: "Die mense sê mos ek lê heeldag plat op my maag op die
strand. Dis waar, ek
: lê dikwels plat op my maag op die strand, maar dan werk ek
: Ek beplan nuwe
: werk in my gedagtes of ek draai 'n rympie in my kop.
:
: "Ek het feitlik die hele Twelfth Night en King Lear op
Clifton of op
: Onrusrivier se strand vertaal.
: Die mense behoort eintlik te sê as hulle kopskuddend by my
verbystap : ' Kyk
: nou weer daar, die arme ou Uys, hy hou nooit op met werk
nie ...' "
:
: Onder sy aangrypende vertelling oor sy band met hierdie
kusgebied van sy
: jeug waarheen hy teruggekeer het vir sy laaste jare, tel
dié oor 'n
: vissersboot wat uit Hermanus se hawe vertrek en vergaan
het sonder dat enige
: lyk gevind is.
:
: " En die mas spoel uit en hier in die hawe plant hulle dit
in die grond en
: die kindertjies kom staan daar om die mas en hulle het
almal hul mooiste
: rokkies en hul mooiste pakkies aan en hulle het
blomruikers en hulle gooi
: die ruikers in die see en daar dryf hulle die oop see in,
in hulde aan hul
: ontslapenes.
:
: " En toe staan 'n leke-prediker op, 'n bruinman, en hy
lees : ' Ken jy die
: see ... ' "
:
: ('Ken jy die see ...' 'n gedig uit Krige se bundel
Ballade van die groot
: begeer, 1966)
:
: John Kannemeyer en Wium van Zyl (021 - 9765755)
organiseer 'n literêre
: reis na die Onrus omgewing op 23 en 24 September 2000.
:
: Harry
:
:
Vorige onderwerp: Re: Diensverskaffer
Volgende onderwerp: Waar is julle!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:12:18 MGT 2024