Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid Afrikaanse Vrouens
Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33413] Ma, 14 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
gewas nie maar...

Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
vrouens dikwels hul probleme by my bekla.

Voorbeelde:
Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
dat dit haar lot is so 'just to bad'.

Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
tot nou toe op sy naam gedoen.
Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
statistiek.

Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
moet drie klein mondjies voed.

Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
maar haar man weet.

Is julle werklik so naief?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33448 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy't 'n ysige waarheid hier beet Krokkie. Ons is so
tradisie gebonde as kom. My Oupa was in die NG kerk en hy
het Nasionaal gestem. My Pa was in die NG kerk en hy het
Nasionaal gestem. Ek is in die NG kerk en ek stem Nasionaal
en dit is die paadjie wat my seun en sy kinders en klein
kinders sal loop. Is ons dan robots?

En dan, kom die verskriklike feit dat baie van daardie mans
wat Elaine komplimenteer, hulle vrouens as eiendom beskou!

Ek hoop kliphard dat ek nie nou moeilikheid vir myself op
die hals gehaal het nie. Gloudina like my reeds niks nie.
Ferdi het nog minder tyd vir my. Christo hoop my vrou laat
my in die hondehok slaap. Elaine dreig om daardie soentjie
wat sy skelm vir my gegooi het by Gallagher terug te trek.

Vrede mense!

DD

Krokkie wrote:
> Ek dink die moontlikheid van baie van die probleme kan
> gsien word oor wat
> die vrou se rol was die afgelop paar dekades. Vrouens
> was meesal
> tuisteskeppers gewees en die man die broodwinner.
> Hulle het so grootgeword
> en dit dra hulle dan ook aan hulle kinders oor.
> Miskien kom dit meer voor
> onder die plattelandse gemeenskappe, maar dit is tog
> deel van ons almal.
> Baie vroue gaan werk om die pot aan die kook te hou ,
> en die karige
> salarisse wat hulle in baie gevalle kry word direk
> teruggeploeg in die
> huishouding. Aftree beplanning is in daardie jare nie
> eers deel van hul
> woordeskat nie. Nie omdat hulle nie daarin wil dink
> nie , maar omrede die
> lewe so duur geword het en die skole ; 'n ander
> storie, dat daar nie altyd
> geld rondle om te bere vir die oudag nie.
> Persoonlik voel ek dat 'n persoon wat tussen werk
> verander verplig moet word
> om sy pensioen te herbele. Net jammer vir die aaklike
> kommiesies wat jy moet
> afstaan.
> Krokkie

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33449 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lou sê:

> Met die afname in manlike vrugbaarheid agv al die
> vroulike hormone en
> vroulike hormoon copy chemikaliee in die water en
> voedsel ketting sal
> julle dit een van die dae self moet doen. Kom ons waag
> 'n toekoms
> voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused
> en verwyfd word,
> tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant
> van die gemmenskap
> sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi
> boek - nou as ek
> net die tyd kan kry ...

Davie Davis sê:

Hu...?

DD

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33450 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
From: Krokkie
Topic: Re: Suid Afrikaanse Vrouens
Message: 4 of 9 (In response to Davie Davis)
Sent: Tue, 15 Aug 2000 06:38:07 +0200

Persoonlik voel ek dat 'n persoon wat tussen werk verander
verplig moet word om sy pensioen te herbelê. Net jammer vir
die aaklike kommissies wat jy moet afstaan.

*************************

Dis waar Krokkie, maar dié muntstuk het 'n ander kant ook.
Vra jy ooit die kafee eienaar hoeveel wins hy op die brood
maak? Of die motorverkoopsman hoeveel hy by die motor se
prys gevoeg het? Wanneer hy streng volgens die waardeboekie
werk komende jou inruil maar doen jy ooit die moeite om in
die selfde boekie te kyk wat is die verkoopswaarde van die
motor wat jy koop? Of Pick & Pay hoeveel hulle ekstra vir
die tamatiesous vra? Doen jy ooit die moeite om te kyk wat
dit jou kos om geld uit jou eie rekening by die bank te
trek? Wat bankkostes op jou eie geld is? Hoeveel voorbeelde
kan ek nog noem!

Dit is nie regtig die welsyn wat die beleggings doen nie
maar 'n besigheid wat geld op jou geld spandeer om dit te
laat groei (herbeleggings aandele ens.)

DD

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33451 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons Pa's en Oupas het ons so geleer, jy's sê reg Elaine,
maar julle Ma's en Oumas het julle geleer om 'n bord
gekookte kos vir jou man te gee en om poetoepap te maak.
Wie van julle berei nie heel nuwe disse nie en wie van
julle kan nog poetoepap maak (my vrou kón poetoepap maak!)

Wat ek eintlik hier sê is dat julle tog in baie opsigte
tradisie oorboord gegooi het. So waarom dit behou in dié
opsigte waar dit heel uit lyn is? Want hulle het in heel
�nder omstandighede groot geword as ons.

Elaine julle is nie broeimasjiene en stofsuiers nie. Ek
het 'n geweldige respek vir die Indira Ghandi's en Margaret
Thatcher's van die wêreld. Want hulle is ystervroue Elaine!

Sê gerus vir jou man om vir hom 'n marionet by 'Game' of
een of ander speelgoedwinkel te koop en jou as 'n individu
te behandel. Want ek kan werklik nie sien dat jy selfrespek
en selftrots kan behou wanneer jy 'n marionet is nie.

En vir geen absoluut geen oomblik noem ek 'n huisvrou 'n
marionet nie, let wel! Die marionet is die vrou wat dans as
haar man die toutjies trek. Hoor mooi wat Krokkie
sê: 'Baie vroue gaan werk om die pot aan die kook te hou '.
Dis so verskriklik waar Elaine, maar weet jy hoe lank werk
sy? Totdat haar man sê dat hulle nou weer kan bekostig om
op sy inkomste te leef en sy moet gaan brood bak (ha, die
meeste van julle kan nie eens brood bak nie! ((My vrou kan
tog)) )

In my eerste brief het ek 'n paar cenarios geteken.
Kom ons voeg nog een daarby:
Hulle tree wel gelukkig saam af soos al die jare gedroom.
Steeds is al die finansiële beplanning op sy naam gedoen.
Dit beteken dat al die geld is op sy naam belê en die vrou
wat heelwaarskynlik in gemeenskap van goedere met hom
getroud is, en dus die helfte van die premies betaal het,
moet steeds vir hom vra as sy geld wil hê!

Elaine, dis nie veronderstel om so te werk nie.

Jou eie polisse (na aanleiding van jou vraag) maak jy
opbetaald as jy nie anders kan nie, en die kontantwaarde
groot genoeg is daarvoor.
Jou pensioen kan jy laat waar dit is of dit oor betaal
in 'n Uittredingsannuïteit en jou man verdere premies
daarop laat betaal.

Maar dit werk nie sê nie Elaine. As jy 'n huisvrou wil
word, dan word jy 'n huisvrou. Want hy't vir die dominee
gesê dat hy vir jou sal sorg. As jy nie wil hê dat daar na
jou verwys word as Piet (of klaas of Gert)se vrou nie, maar
na Elaine, maw 'n individu opsigself (jy verstaan wat ek
bedoel n�(?)moet jy 'n vrou wees wat jou eie merk maak. Nie
soos die dominee se vrou wat na haar self verwys as mev.
dominee of die dokter se vrou wat na haarself verwys of
laat verwys as mev. dokter (komies n�) nie. maar Elaine
haarself.

Bye

DD

Elaine wrote:
> Ja Davie ons is so naief. Hoekom? Want ons Pa's en
> Oupa's het ons geleer
> dat 'n vrou se plek in die huis is en sy moet huis
> maak, want manlief sal
> voorsien. Jou enigste doel op aarde is om kinders te
> kry en die huishouding
> te hanteer. Ons ma's het dit gedoen, en hulle ma's
> het dit gedoen en hulle
> ma's het dit gedoen. Dis maar eers onlangs dat
> vrouens begin agterkom het
> dat mans nie so wonderlik is nie, en hulle vir
> hulleself kan sorg.
> As jy iemand soek om te blameer vir ons naiewiteit,
> blameer die samelewing,
> want my eie man wil he ek moet ophou werk die dag as
> ek kinders het. Wat
> word dan van my pensioen en my polisse, wat nou op my
> naam is? Sit ek dit
> oor op sy naam of stuur ek hom is sy glorie in en hou
> aan werk.
> Ek dink ons mans moet oor die hele "mindset" kom dat
> hulle die broodwinners
> is, dan sal dit dalk beter begin gaan. Ek glo vas die
> egskeiding syfer is
> so hoog omdat vrouens geen bevrediging uit die rol van
> tuisteskepper kry
> nie, en sy haarself begin verwaarloos, want "vir wie
> en wat moet sy haarself
> mooi maak?" En haar man begin belangstelling verloor
> want sy lyk nie meer
> so goed aan die einde van 'n lang dag waarin sy agter
> stout kleuters moes
> aanhol, die baba moes versorg, huis skoonmaak en nog
> moet sorg dat hy 'n
> ordentlike bord kos kry wanneer hy by die huis kom
> nie, want dis sy reg en
> haar voorreg as vrou dat hy dit kry.
> Miskien moet ons mans begin aanvaar dat vrouens nie
> net verstand gekry het
> om resepteboeke te lees nie, maar dat hulle ook in
> goeie en bevredigende
> werksposisies hulle plek kan volstaan.

> Elaine

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33452 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote:
>
> Ja Davie ons is so naief. Hoekom? Want ons Pa's en Oupa's het ons geleer
> dat 'n vrou se plek in die huis is en sy moet huis maak, want manlief sal
> voorsien. Jou enigste doel op aarde is om kinders te kry en die huishouding
> te hanteer. Ons ma's het dit gedoen, en hulle ma's het dit gedoen en hulle
> ma's het dit gedoen. Dis maar eers onlangs dat vrouens begin agterkom het
> dat mans nie so wonderlik is nie, en hulle vir hulleself kan sorg.

Met die afname in manlike vrugbaarheid agv al die vroulike hormone en
vroulike hormoon copy chemikaliee in die water en voedsel ketting sal
julle dit een van die dae self moet doen. Kom ons waag 'n toekoms
voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused en verwyfd word,
tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant van die gemmenskap
sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi boek - nou as ek
net die tyd kan kry ...
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33453 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Christo sê:
> Davie, ek dink jy het meer moed as verstand (g) want
> sê nou net jou vrou kliek op daai skakel, dan slaap jy
> dalk saam met die hond hahahaaha
> Christo

Christo, die vroumens is die eienaar van 'n rofstoei skool.
Sy is op die oomblik besig om klas te gee daar en wanneer
sy terug is, sit ek heel onskuldig en koerant lees.

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33456 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 04:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die moontlikheid van baie van die probleme kan gsien word oor wat
die vrou se rol was die afgelop paar dekades. Vrouens was meesal
tuisteskeppers gewees en die man die broodwinner. Hulle het so grootgeword
en dit dra hulle dan ook aan hulle kinders oor. Miskien kom dit meer voor
onder die plattelandse gemeenskappe, maar dit is tog deel van ons almal.
Baie vroue gaan werk om die pot aan die kook te hou , en die karige
salarisse wat hulle in baie gevalle kry word direk teruggeploeg in die
huishouding. Aftree beplanning is in daardie jare nie eers deel van hul
woordeskat nie. Nie omdat hulle nie daarin wil dink nie , maar omrede die
lewe so duur geword het en die skole ; 'n ander storie, dat daar nie altyd
geld rondle om te bere vir die oudag nie.

Persoonlik voel ek dat 'n persoon wat tussen werk verander verplig moet word
om sy pensioen te herbele. Net jammer vir die aaklike kommiesies wat jy moet
afstaan.

Krokkie

Davie Davis wrote in message
...
>
> Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
> jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
> harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
> skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
> gewas nie maar...
>
> Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
> Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
> vrouens dikwels hul probleme by my bekla.
>
> Voorbeelde:
> Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
> nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
> opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
> dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
> Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
> vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
> Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
> dat dit haar lot is so 'just to bad'.
>
> Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
> Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
> haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
> eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
> voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
> Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
> die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
> dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
> aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
> tot nou toe op sy naam gedoen.
> Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
> statistiek.
>
> Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
> nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
> sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
> maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
> moet drie klein mondjies voed.
>
> Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
> pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
> maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
> aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
> maar haar man weet.
>
> Is julle werklik so naief?
>
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find
related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is
Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33458 is 'n antwoord op boodskap #33413] Di, 15 Augustus 2000 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Davie, ek dink jy het meer moed as verstand (g) want sê nou net jou vrou kliek op daai skakel, dan slaap jy dalk saam met die hond hahahaaha
Christo

Davie Davis wrote:

> Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
> jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
> harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
> skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
> gewas nie maar...
>
> Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
> Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
> vrouens dikwels hul probleme by my bekla.
>
> Voorbeelde:
> Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
> nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
> opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
> dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
> Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
> vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
> Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
> dat dit haar lot is so 'just to bad'.
>
> Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
> Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
> haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
> eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
> voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
> Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
> die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
> dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
> aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
> tot nou toe op sy naam gedoen.
> Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
> statistiek.
>
> Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
> nie, mààr omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
> sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
> maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
> moet drie klein mondjies voed.
>
> Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
> pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
> maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
> aftrede finansieël gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
> maar haar man weet.
>
> Is julle werklik so naief?
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33486 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek dink jy is vies.
Groete
Christo

Elaine wrote:

> Mense wat soos jy praat twyfel in hul eie manlikheid. Ek moet nog die
> hetroseksuele vrou ontmoet wat dit NIE 'n lekker sterk manlike man verkies
> nie. 'n Man kan HUIL, en sy emosies wys....dit sal nie van hom minder van
> 'n man maak nie. En om ons te help om skottelgoed te was en huis skoon te
> maak, verwyf hom nie. Dit wys net dat hy 'n goeie man is wat kan sien sy
> vrou het hulp nodig en in my oë meer van 'n man.
> Hoe kan ons mans van ons verwag om 'n voltydse werk te hê, en dan nog
> voltyds huis te hou. Selfs as sy nie werk nie, maar daar's kinders (veral
> klein kindertjies) is dit vir haar baie moeilik om by alles uittekom.
> Maar neeeeeeeee, Pappie het mos vir Boetjie geleer, Mammie loop agter jou
> stert aan en Mammie maak kos, en Mammie maak huis skoon, en Mammie huil.
> Mans doen geen of bitter min van die bogenoemde.
>
> Elaine
>
> Lou wrote in message
> news:399A392B.EE06834C@hotmail.com.dinges...
>>
>>
>> Davie Davis wrote:
>>>
>>> Lou sê:
>> Kom ons waag
>>>> 'n toekoms
>>>> voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused
>>>> en verwyfd word,
>>>> tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant
>>>> van die gemmenskap
>>>> sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi
>>>> boek - nou as ek
>>>> net die tyd kan kry ...
>>>
>
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33487 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mense wat soos jy praat twyfel in hul eie manlikheid. Ek moet nog die
hetroseksuele vrou ontmoet wat dit NIE 'n lekker sterk manlike man verkies
nie. 'n Man kan HUIL, en sy emosies wys....dit sal nie van hom minder van
'n man maak nie. En om ons te help om skottelgoed te was en huis skoon te
maak, verwyf hom nie. Dit wys net dat hy 'n goeie man is wat kan sien sy
vrou het hulp nodig en in my oë meer van 'n man.
Hoe kan ons mans van ons verwag om 'n voltydse werk te hê, en dan nog
voltyds huis te hou. Selfs as sy nie werk nie, maar daar's kinders (veral
klein kindertjies) is dit vir haar baie moeilik om by alles uittekom.
Maar neeeeeeeee, Pappie het mos vir Boetjie geleer, Mammie loop agter jou
stert aan en Mammie maak kos, en Mammie maak huis skoon, en Mammie huil.
Mans doen geen of bitter min van die bogenoemde.

Elaine

Lou skryf in boodskap news:399A392B.EE06834C@hotmail.com.dinges...
>
>
> Davie Davis wrote:
>>
>> Lou sê:
> Kom ons waag
>>> 'n toekoms
>>> voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused
>>> en verwyfd word,
>>> tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant
>>> van die gemmenskap
>>> sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi
>>> boek - nou as ek
>>> net die tyd kan kry ...
>>
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33488 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Ek is in die NG kerk en ek stem Nasionaal
> en dit is die paadjie wat my seun en sy kinders en klein
> kinders sal loop. Is ons dan robots?
>

Ek dog dan jy kan nog nie stem nie. Of
word jy al toegelaat om vir Jesse Ventura
te stem. (Seker daar waar jou vrou haar
rofstoei leer.)

Tant Hessie van Helsdingen,
as die kalkoene kloek, dan kloek
sy terug.
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33489 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
'n Sterk man het eenmaal gesê: Huh??

Watter boom val jy uit? Laat ek verduidelik - ek tik stadig want jy
verstaan lyk my moeilik (nog 'n grappie)- So paar weke terug op Carte
Blanche 'n program oor die effek wat vroulike hormone soos gebruik in
vleis en kos produksie, en die chemikalie gebruik in die maak van
plastiek wat die vroulike estrogeen naboots, en wat dus die manlike
saadproduksie onderdruk op die voortplanting van die mens sal h^e. Hulel
het voorbeelde van die vrugbaarheid van 'n vyftig jarige met 'n twintig
jarige vergelyk en dit verskil soos chalk en cheese. (ka(l)k en kaas :)
). Dit is nogal 'n bekende feit dat die manklike vrugbaarheid en manlike
hormoon produksie met 60-70% afgeneem het oor die laaste 40 jaar.

Die mans raak dus al meer verwyfd (te veel estrogeen of hulle manlike
hormone word geblok deur die vroulike blokkers) en ons verander almal in
'n klomp meisies.

En ek het die vorige pos tong in die kies geskryf - maar soos voorheen
gesê - bitter min humorsin hier rond - seker humorsin blokkers in die
water ... :)

Elaine wrote:
>
> Mense wat soos jy praat twyfel in hul eie manlikheid. Ek moet nog die
> hetroseksuele vrou ontmoet wat dit NIE 'n lekker sterk manlike man verkies
> nie. 'n Man kan HUIL, en sy emosies wys....dit sal nie van hom minder van
> 'n man maak nie. En om ons te help om skottelgoed te was en huis skoon te
> maak, verwyf hom nie. Dit wys net dat hy 'n goeie man is wat kan sien sy
> vrou het hulp nodig en in my oë meer van 'n man.
> Hoe kan ons mans van ons verwag om 'n voltydse werk te hê, en dan nog
> voltyds huis te hou. Selfs as sy nie werk nie, maar daar's kinders (veral
> klein kindertjies) is dit vir haar baie moeilik om by alles uittekom.
> Maar neeeeeeeee, Pappie het mos vir Boetjie geleer, Mammie loop agter jou
> stert aan en Mammie maak kos, en Mammie maak huis skoon, en Mammie huil.
> Mans doen geen of bitter min van die bogenoemde.
>
> Elaine
>
> Lou wrote in message
> news:399A392B.EE06834C@hotmail.com.dinges...
>>
>>
>> Davie Davis wrote:
>>>
>>> Lou sê:
>> Kom ons waag
>>>> 'n toekoms
>>>> voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused
>>>> en verwyfd word,
>>>> tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant
>>>> van die gemmenskap
>>>> sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi
>>>> boek - nou as ek
>>>> net die tyd kan kry ...
>>>
>
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33490 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
>
> Lou sê:
Kom ons waag
>> 'n toekoms
>> voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused
>> en verwyfd word,
>> tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant
>> van die gemmenskap
>> sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi
>> boek - nou as ek
>> net die tyd kan kry ...
>
> Davie Davis sê:
>
> Hu...?
>

:)
> DD
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33491 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
>
> Jy't 'n ysige waarheid hier beet Krokkie. Ons is so
> tradisie gebonde as kom. My Oupa was in die NG kerk en hy
> het Nasionaal gestem. My Pa was in die NG kerk en hy het
> Nasionaal gestem. Ek is in die NG kerk en ek stem Nasionaal
> en dit is die paadjie wat my seun en sy kinders en klein
> kinders sal loop.

Oeps - jy't 'n probleem dan. Lyk my sal die laaste Davis wees wat
Nasionaal stem :).
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33492 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
en dan speel die nylon onderbroekies ook 'n rol ..ietsie van verhoogde hitte
en dan gaan die ou selletjies dood of raak onvrugbaar ... shame die arme
manne kan maar net nie wen nie!!!! definitief 'n bedreigde spesie

dottie

Lou skryf in boodskap news:399AA160.6593ABD5@hotmail.com.dinges...
> 'n Sterk man het eenmaal gesê: Huh??
>
> Watter boom val jy uit? Laat ek verduidelik - ek tik stadig want jy
> verstaan lyk my moeilik (nog 'n grappie)- So paar weke terug op Carte
> Blanche 'n program oor die effek wat vroulike hormone soos gebruik in
> vleis en kos produksie, en die chemikalie gebruik in die maak van
> plastiek wat die vroulike estrogeen naboots, en wat dus die manlike
> saadproduksie onderdruk op die voortplanting van die mens sal h^e. Hulel
> het voorbeelde van die vrugbaarheid van 'n vyftig jarige met 'n twintig
> jarige vergelyk en dit verskil soos chalk en cheese. (ka(l)k en kaas :)
> ). Dit is nogal 'n bekende feit dat die manklike vrugbaarheid en manlike
> hormoon produksie met 60-70% afgeneem het oor die laaste 40 jaar.
>
> Die mans raak dus al meer verwyfd (te veel estrogeen of hulle manlike
> hormone word geblok deur die vroulike blokkers) en ons verander almal in
> 'n klomp meisies.
>
> En ek het die vorige pos tong in die kies geskryf - maar soos voorheen
> gesê - bitter min humorsin hier rond - seker humorsin blokkers in die
> water ... :)
>
>
> Elaine wrote:
>>
>> Mense wat soos jy praat twyfel in hul eie manlikheid. Ek moet nog die
>> hetroseksuele vrou ontmoet wat dit NIE 'n lekker sterk manlike man verkies
>> nie. 'n Man kan HUIL, en sy emosies wys....dit sal nie van hom minder van
>> 'n man maak nie. En om ons te help om skottelgoed te was en huis skoon te
>> maak, verwyf hom nie. Dit wys net dat hy 'n goeie man is wat kan sien sy
>> vrou het hulp nodig en in my oë meer van 'n man.
>> Hoe kan ons mans van ons verwag om 'n voltydse werk te hê, en dan nog
>> voltyds huis te hou. Selfs as sy nie werk nie, maar daar's kinders (veral
>> klein kindertjies) is dit vir haar baie moeilik om by alles uittekom.
>> Maar neeeeeeeee, Pappie het mos vir Boetjie geleer, Mammie loop agter jou
>> stert aan en Mammie maak kos, en Mammie maak huis skoon, en Mammie huil.
>> Mans doen geen of bitter min van die bogenoemde.
>>
>> Elaine
>>
>> Lou wrote in message
>> news:399A392B.EE06834C@hotmail.com.dinges...
>>>
>>>
>>> Davie Davis wrote:
>>>>
>>>> Lou sê:
>>> Kom ons waag
>>>> > 'n toekoms
>>>> > voorspelling - mans sal al hoe meer oorbodig, confused
>>>> > en verwyfd word,
>>>> > tot hulle later soos hommel bye net aan die buitekant
>>>> > van die gemmenskap
>>>> > sal rondhang. Hmm klink na 'n lekker tema vir in SciFi
>>>> > boek - nou as ek
>>>> > net die tyd kan kry ...
>>>>
>>
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33495 is 'n antwoord op boodskap #33413] Wo, 16 Augustus 2000 05:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Vrede vir jou
Christo

Davie Davis wrote:

> Christo sê:
>> Davie, ek dink jy het meer moed as verstand (g) want
>> sê nou net jou vrou kliek op daai skakel, dan slaap jy
>> dalk saam met die hond hahahaaha
>> Christo
>
> Christo, die vroumens is die eienaar van 'n rofstoei skool.
> Sy is op die oomblik besig om klas te gee daar en wanneer
> sy terug is, sit ek heel onskuldig en koerant lees.
>
> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33521 is 'n antwoord op boodskap #33413] Do, 17 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Aug 2000 16:12:48 +0200, Lou sê
> 'n Sterk man het eenmaal gesê: Huh??
>
> Watter boom val jy uit? Laat ek verduidelik - ek tik stadig want jy
> verstaan lyk my moeilik ...

Stadig lees issie die ding niie Lou, maar ek sal verkies dat jy
hoofletters agter die sinne plaas want as gevolg van 'n tinitus
probleem is ek ietwat doof

DD
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33522 is 'n antwoord op boodskap #33413] Do, 17 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sjoe, dankie Lou...!

> Lou .com.dinges... raak kwyt:
>> 'n Sterk man het eenmaal gesê: Huh??
>>
>> Watter boom val jy uit? Laat ek verduidelik - ek tik
> stadig want jy
>> verstaan lyk my moeilik (nog 'n grappie)- So paar
> weke terug op Carte
>> Blanche 'n program oor die effek wat vroulike
> hormone ....

Dot sê toe:
> en dan speel die nylon onderbroekies ook 'n rol
> ..ietsie van verhoogde hitte
> en dan gaan die ou selletjies dood of raak onvrugbaar
> ... shame die arme
> manne kan maar net nie wen nie!!!! definitief 'n
> bedreigde spesie
> dottie

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33534 is 'n antwoord op boodskap #33413] Vr, 18 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
uH? eK vERSTAAN niE?

Davie Davis wrote:
>
> On Wed, 16 Aug 2000 16:12:48 +0200, Lou sê
>> 'n Sterk man het eenmaal gesê: Huh??
>>
>> Watter boom val jy uit? Laat ek verduidelik - ek tik stadig want jy
>> verstaan lyk my moeilik ...
>
> Stadig lees issie die ding niie Lou, maar ek sal verkies dat jy
> hoofletters agter die sinne plaas want as gevolg van 'n tinitus
> probleem is ek ietwat doof
>
> DD
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33572 is 'n antwoord op boodskap #33413] So, 20 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Darem seker nie so erg nie!!!! heeheheheeh, ek's eindelik trots op ons
mans. Hulle kan heel galant raak wanneer jy hulle hulle begin dreig met
stakings en droogte ens. Maar oor die algemeen is ons beter af as ander
vroue in die wereld. hehehehehheheh

Afro Ozzie skryf in boodskap news:8nqbeh$81i$1@nnrp1.deja.com...
> In article ,

> Dan is hy seker nog soos die Hoender Haan ook!!
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Before you buy.
Re: Suid Afrikaanse Vrouens [boodskap #33598 is 'n antwoord op boodskap #33413] Ma, 21 Augustus 2000 04:33 Na vorige boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Elaine" wrote:

> Maar neeeeeeeee, Pappie het mos vir Boetjie geleer, Mammie loop agter jou
> stert aan en Mammie maak kos, en Mammie maak huis skoon, en Mammie huil.
> Mans doen geen of bitter min van die bogenoemde.
>
> Elaine
>

Dan is hy seker nog soos die Hoender Haan ook!!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: Van waar kom jy?
Volgende onderwerp: Verstaanbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 11:18:50 MGT 2024