Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dreyersverdriet
Dreyersverdriet [boodskap #313] Sa, 24 Mei 2003 22:04 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Andries Kriel" wrote in message
> news:...
> Hulle word nie gesien as Engelse nie. Al die Lyonse hier is Afrikaans
> sprekende mense.

Maar daar moes n gekuier gewees het, Andries. In die verlede een of
ander tyd. Anders was hulle nie nou afrikaans sprekend nie.

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #315 is 'n antwoord op boodskap #313] Sa, 24 Mei 2003 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Defnitief, ek stem saam met jou. Voor die Oorlog dalk?

Wat dink jy van die plaasname? hoekom het jy daarna gevra?

"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0305241404.13fd2fea@posting.google.com...
>> "Andries Kriel" wrote in message
>> news:...
>> Hulle word nie gesien as Engelse nie. Al die Lyonse hier is Afrikaans
>> sprekende mense.
>
> Maar daar moes n gekuier gewees het, Andries. In die verlede een of
> ander tyd. Anders was hulle nie nou afrikaans sprekend nie.
>
> Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #321 is 'n antwoord op boodskap #315] So, 25 Mei 2003 01:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" skryf in boodskap news:...
> Defnitief, ek stem saam met jou. Voor die Oorlog dalk?
>
> Wat dink jy van die plaasname? hoekom het jy daarna gevra?

Die name van plekke intereseer my. Ek wou ook sien hoeveel -berge en
-fonteine daar was.

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #325 is 'n antwoord op boodskap #321] So, 25 Mei 2003 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Die name van plekke intereseer my....

Ek vind ou murasies weer baie interessant. Op baie van die plase in my
omgewing staan daar net oorblyfsels van die oorspronklike huise en
klipkraaltjies. Ek wonder altyd wat die mure sou sê as hulle kon praat, wat
het hulle alles gesien? Hulle wat so in die wind en weer staan..toegegroei,
vergete, uit 'n ander leeftyd. Wat neem hulle nie alles saam met hulle nie?
Re: Dreyersverdriet [boodskap #326 is 'n antwoord op boodskap #325] So, 25 Mei 2003 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Die name van plekke intereseer my. Ek wou ook sien hoeveel -berge en
> -fonteine daar was.

> Lorinda

Wat jy hierbo sê dui op die verbeeldingloosheid van die algemene
naamgeeëry né:-) . Eeue gelede het ek gehoor dat dat erens in die land
'n plek 'n plek is met die naam
'Tweebuffelsmeteenskootdoodgeskietfontein'. Selfs hier het dit nie die
'fontein'agtervoegsel vrygespring nie. As my plaas 'n fontein het
sou ek dit somethingoase of so iets genoem het. Dit is soos
vlêrmuisvrouens. Heel anders...(!) hulle is vry... en hulle kan
vlieg... en land by oases... en net so vars soos dieselfde oases...



>
>> Die name van plekke intereseer my....
>
> Ek vind ou murasies weer baie interessant. Op baie van die plase in my
> omgewing staan daar net oorblyfsels van die oorspronklike huise en
> klipkraaltjies. Ek wonder altyd wat die mure sou sê as hulle kon praat, wat
> het hulle alles gesien? Hulle wat so in die wind en weer staan..toegegroei,
> vergete, uit 'n ander leeftyd. Wat neem hulle nie alles saam met hulle nie?
>
Jy klink nogal heel Confuciuserig hier Andries. Vertel ons wat dink
jy word daar gefluister in die geritsel van die blare wanneer die wind
daar deur waai... en gestaltes uit vorige eeue in 'n ander dimensie
daar met mekaar gesels.

Speedy Deskartes Conzales
Re: Dreyersverdriet [boodskap #327 is 'n antwoord op boodskap #321] So, 25 Mei 2003 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" : Ek vind ou murasies weer baie
interessant. >Op baie van die plase in my omgewing staan daar net
oorblyfsels van die >oorspronklike huise en klipkraaltjies. Ek wonder
altyd wat die mure sou sê as >hulle kon praat, wat
> het hulle alles gesien? Hulle wat so in die wind en weer staan..toegegroei,
> vergete, uit 'n ander leeftyd. Wat neem hulle nie alles saam met
hulle nie?

Dat die murasies nog staan beteken darem dit was eens op n tyd stewige
huise. In Ierland waar my ma bly is daar nie murasies van huise nie
(wel van kastele), die mense daar was so arm in die verlede dat die
gehuggies waarin hulle gebly het lankal totaal ineengestort het. So as
jy deesdae deur Ierland reis lyk alles baie nuut.

Ek stem saam, die stories van ou geboue en murasies is interessant. In
Europa is alles so oud dat mens dit amper nie kan inneem nie. Elke
sentimeter van n stad soos Londen het boeke vol stories. As jy n stuk
wil ontwikkel moet jy eers baie navorsing doen sodat jy nie op n
"plague pit" of iets afkom nie!

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #328 is 'n antwoord op boodskap #327] So, 25 Mei 2003 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "plague pit" of iets afkom nie!

> Lorinda

Wat is 'n "plague pit?'
Re: Dreyersverdriet [boodskap #330 is 'n antwoord op boodskap #321] So, 25 Mei 2003 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) skryf in boodskap news:...
>
>> Die name van plekke intereseer my. Ek wou ook sien hoeveel -berge en
>> -fonteine daar was.
>
> Speedy Conzales Wat jy hierbo sê dui op die
> verbeeldingloosheid van die algemene
> naamgeeëry né:-) . Eeue gelede het ek gehoor dat dat erens in die land
> 'n plek 'n plek is met die naam
> 'Tweebuffelsmeteenskootdoodgeskietfontein'. Selfs hier het dit nie die
> 'fontein'agtervoegsel vrygespring nie. As my plaas 'n fontein het
> sou ek dit somethingoase of so iets genoem het.

Wat sou die "something" voor staan wonder ek? Het jy al ooit vir huise
name gegee? Het Speedy Conzales?
Ek sit hier en probeer 'n rapport skryf vir werk volgende week, so op
hierdie stadium sou ek my plaas Vlêrmuisverdriet genoem het. Nie dat
ek iets van plase af weet nie. Ek is jammer en alles Andries maar ek
weet van plase niks.

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #331 is 'n antwoord op boodskap #325] So, 25 Mei 2003 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" wrote:
>> "plague pit" of iets afkom nie!
>
>> Lorinda
>
> Wat is 'n "plague pit?'
>
>

Gedurende die Middeleeue in Europa het die "Swart Dood" gereeld kop
uitgesteek,so 'n vieslike plaag wat deur rotte versprei is. Dit het op
'n stadium een derde van die hele bevolking van Europa uitgewis. In 'n
stad soos Londen was dit 'n katastrofe en het hulle maar yslike gate
gegrawe en die dooies daarin gegooi.

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #333 is 'n antwoord op boodskap #331] So, 25 Mei 2003 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Gedurende die Middeleeue in Europa het die "Swart Dood" gereeld kop
> uitgesteek,so 'n vieslike plaag wat deur rotte versprei is. Dit het op...

Ek weet van die "swart dood", maar ek het nie geweet dat daar gate
gegrawe was vir die dooies nie. Het die mense dan teen so 'n tempo gesterf?
Dit moes seker vreelsik vir die mense van daardie tyd gewees het..hele
families het
seker uitgesterf.

Hou jy van geskiedenis?

Toe ek in Bloemfontein gebly het, het ek baie keer na die museums gegaan om
die tyd om te kry. My gunsteling bly maar die Boere Oorlog museum. Was jy al
daar?
Ek kan my so inleef in die uitstallings. Dis afot tyd vergaan. Ongelukkig
moet die museum
aangepas word sodat dit nie aanstoot gee nie. 'n Deel van die museum handel
nou oor die
Apartheids jare tot 1994. Wat het dit met die mense van 1899-1902 te doen?

As ek die geld gehad het sou ek baie graag na Europa wou gaan en AL die
museums daar gaan besoek,
veral die wat die WWII as tema het.

My pa weet nie wat "Wetterschtain" beteken nie. Dit was seker 'n Duiter se
grond. Dit klink Duits. As ek die boer
weer raakloop sal ek probeer onthou om hom te vra.
Re: Dreyersverdriet [boodskap #338 is 'n antwoord op boodskap #333] So, 25 Mei 2003 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 25 May 2003 15:10:06 +0200, "Andries" wrote:


>
> Toe ek in Bloemfontein gebly het, het ek baie keer na die museums gegaan om
> die tyd om te kry.

Miskien redeneer ek vir sommige mense vreemd, maar dit is 'n stelling
wat ek nog nooit kon plaas nie. Waarom wil mense tyd omkry?
Ek sou weer ongelooflik gelukkig wees as die tyd sou stilstaan...
Re: Dreyersverdriet [boodskap #340 is 'n antwoord op boodskap #338] So, 25 Mei 2003 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soms wil ek hê tyd moet stilstaan, soms wil ek dit verby hê.
Goed my stelling was dalk verkeerd.
Hier volg die hersiende weergawe.

Ek gaan na museums toe as ek die naweek alleen in die woontel is, en die
ander huis toe is vir die naweek.

"Speedy Conzales" skryf in boodskap news:uci1dvokvppd8nc82ea7nqd90v3a2gle25@4ax.com...
> On Sun, 25 May 2003 15:10:06 +0200, "Andries"
> wrote:
>
>
>>
>> Toe ek in Bloemfontein gebly het, het ek baie keer na die museums gegaan om
>> die tyd om te kry.
>
> Miskien redeneer ek vir sommige mense vreemd, maar dit is 'n stelling
> wat ek nog nooit kon plaas nie. Waarom wil mense tyd omkry?
> Ek sou weer ongelooflik gelukkig wees as die tyd sou stilstaan...
>
Re: Dreyersverdriet [boodskap #341 is 'n antwoord op boodskap #330] So, 25 Mei 2003 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On 25 May 2003 05:45:03 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:


>
> Wat sou die "something" voor staan wonder ek? Het jy al ooit vir huise
> name gegee? Het Speedy Conzales?
> Ek sit hier en probeer 'n rapport skryf vir werk volgende week, so op
> hierdie stadium sou ek my plaas Vlêrmuisverdriet genoem het. Nie dat
> ek iets van plase af weet nie. Ek is jammer en alles Andries maar ek
> weet van plase niks.
>
> Lorinda


Ek besit 'n beslote koöperasie (makelary) wat ek 'n naam gegee het.
Ek het 'n vakansiewoonstel in Durban wat ek dieselfde naam gegee
het. Die naam is geensins verbeeldingryk nie en wat die bk aanbetref
moes ek dit 'n naam gee om dit te registreer en betreffende die
woonstel, is dit een van twee wat ook 'n rede was om dit
'n naam te gee, want dit is makliker om nammsgewys
daarna te verwys as adresgewyse.

Die naam is so verbeeldingloos dat ek dit nie eens noem nie
maar... spanne beter as 'Vlêrmuisverdriet' want dìt is net so erg as
om die tyd te wil omkry. Waarom nie Vlêrmuisplesier of Vlêrmuisparadys
of 'Die Grot' of so iets nie?

Haai, ek dink ek gaan my vakansiewoonstel herdoop na 'Die Grot'!
(Dit is nie meer 'n vakansiewoonstel nie, daar is permanente huurders
in)
Re: Dreyersverdriet [boodskap #345 is 'n antwoord op boodskap #325] So, 25 Mei 2003 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" wrote:
> Ek weet van die "swart dood", maar ek het nie geweet dat daar gate
> gegrawe was vir die dooies nie. Het die mense dan teen so 'n tempo
gesterf?

Ja hulle het. Elke dag het die doodskar verby gekom en moes hulle die
dooies uitbring vir die plague pits. Daar was nie tyd om individuele
grafte te grawe nie. Mense het mal geword van vrees want die wat
probeer het om uit die stad te vlug is teruggedraai deur soldate
(sodat hulle nie die plaag kan versprei nie). Hulle het in allerhande
idiotiese "genesings" begin glo (eintlik baie soos met Aids..). Die
rympie ring-a-ring-a-roses kom uit daardie tyd.

> Hou jy van geskiedenis?

Ja. Dis een van my belangstellings. Ek hou van allerhande nuttelose
bedrywe wat my besig hou i.p.v. om te werk:-).

> Toe ek in Bloemfontein gebly het, het ek baie keer na die museums gegaan om
> die tyd om te kry. My gunsteling bly maar die Boere Oorlog museum. Was jy al
> daar?

Ja, ek was.


> Ongelukkig
> moet die museum
> aangepas word sodat dit nie aanstoot gee nie. 'n Deel van die museum handel
> nou oor die
> Apartheids jare tot 1994. Wat het dit met die mense van 1899-1902 te
doen?

Dis eienaardig. Dit sou sin gemaak het om eerder meer uit te wei oor
die lot van swartmense as gevolg van die oorlog.

> As ek die geld gehad het sou ek baie graag na Europa wou gaan en AL die
> museums daar gaan besoek,
> veral die wat die WWII as tema het.

Die Imperial War Museum in Londen (ja, ja ek weet maar probeeer by die
naam verbykom) het 'n baie goeie uitstalling. Ook die D-Dag (DD???)
museum in Portsmouth. Daar is 'n WW museum in amper elke dorp in
Frankryk.


> My pa weet nie wat "Wetterschtain" beteken nie. Dit was seker 'n Duiter se
> grond. Dit klink Duits. As ek die boer
> weer raakloop sal ek probeer onthou om hom te vra.
>>

Op een of ander manier sal ons die waarheid opspoor!

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #350 is 'n antwoord op boodskap #313] So, 25 Mei 2003 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Conzales wrote:
> On 25 May 2003 05:45:03 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
> Ek besit 'n beslote koöperasie (makelary) wat ek 'n naam gegee het.
> Ek het 'n vakansiewoonstel in Durban wat ek dieselfde naam gegee
> het. Die naam is geensins verbeeldingryk nie en wat die bk aanbetref
> moes ek dit 'n naam gee om dit te registreer en betreffende die
> woonstel, is dit een van twee wat ook 'n rede was om dit
> 'n naam te gee, want dit is makliker om nammsgewys
> daarna te verwys as adresgewyse.
>
> Die naam is so verbeeldingloos dat ek dit nie eens noem nie
> maar... spanne beter as 'Vlêrmuisverdriet' want dìt is net so erg as
> om die tyd te wil omkry. Waarom nie Vlêrmuisplesier of Vlêrmuisparadys
> of 'Die Grot' of so iets nie?


Nou is jy baie volksvreemd! Verdriet is mos die mens se lot....
En dit het my gevoel vanoggend toe ek 'n stuk werk moes klaarkry goed
beskryf. Nie nou meer nie. Ek sou dit nou Pikkewaan sambreel noem.


> Haai, ek dink ek gaan my vakansiewoonstel herdoop na 'Die Grot'!
> (Dit is nie meer 'n vakansiewoonstel nie, daar is permanente huurders
> in)
>

Ek hou daarvan. Is dit darem grotterig? Om die naam te verdien? Is dit
koel and donker en so aan?

Lorinda
Re: Dreyersverdriet [boodskap #359 is 'n antwoord op boodskap #350] So, 25 Mei 2003 16:50 Na vorige boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On 25 May 2003 08:48:44 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:


>
> Ek hou daarvan. Is dit darem grotterig? Om die naam te verdien? Is dit
> koel and donker en so aan?
>
> Lorinda

Indien ja, sal jy saam met my daar gaan kuier?
As my vlêrmuisvrou?

Speedy Conzales
in miskien 'n donker en so aan maar nie koel bui
Vorige onderwerp: Biegstuk 1
Volgende onderwerp: M. Althusser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 12:13:57 MGT 2024