Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grensoorlog - Elaine
Grensoorlog - Elaine [boodskap #32774] Wo, 26 Julie 2000 00:00
Riana Combrink  is tans af-lyn  Riana Combrink
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Elaine

Bly om te hoor dat jy nou beter voel na daai vreeslike byenes waarin jy jou
kop gedruk het. Dis gevaarlik om Angola stories aan te haal. Veral as jy nie
eertehands kan praat nie. Daar loop soveel stories rond, waar en onwaar.

Ek het gelukkig net met 'n lekker tan teruggekom van die grens af, maar
daar's ouens wat met groot sielkundige letsels daar uitgestap het. As ek die
berigte so lees was daar nie veel van hierdie NG se mense op die grens nie,
in elk geval nie die wie jou so hitsig aangeval het nie.

Raar, met die eerste demokratiese verkiesings, wen SWAPO Namibië en ANC vir
SA. Dis die sg. "Terroriste" waarteen ons jare geveg het!!! Ons hele volkie
was maar in die duister gehou, 'n paar jaar gelede. Natuurlik sal daar nou
lelike verhale uitspruit, dit was immers oorlog. Is altyd maklik om die
Regering van die dag te blameer, maar ons was maar lekker sienende blind en
horende doof.

Hier was 'n paar maande gelede 'n program op ons TV "Over de grens", wat
gehandel het oor Koevoete, SWAPOL, Reccies ens... Ek het dit ongelukkig nie
opgeneem nie, anders kon ek dit vir jou stuur. Ek het geskrik oor wat ek
gesien en gehoor het... Die crux van die verhaal is dat die ouens so
gebreinspoel is dat hulle onmenslike dade gepleeg het, en nou, na die
oorlog, is hulle net so gelos... Sommiges word selfs vervolg.

As die staat maar dieselfte poging aangewend het om die outjies weer reg te
kry vir die samelewing, as wat hulle gedoen het om die outjies op te fok
(sorry), het ons vandag met 'n veel beter samelewing gesit.

'n ProNutro batch doen dit nie!!!

My meegevoel gaan uit na almal met bagasie van die grensoorlog, ook na jou
Pa.

Vriendelike groete
ooa

Elaine schreef in berichtnieuws
397dac18.0@news1.mweb.co.za...
> Ag wat ek kan net dink, daar bly mos meer mense as wat die land kan hanteer.
> Jy kan my maar gerus e-mail as jy so voel, ek is nou glad nie gepla nie, dan
> hoef ons nie die res van die nuusgroep te pla nie hehehehe.
> Elk geval ek's oppad huis toe (bietjie vroeer vir 'n verandering). Lekker
> baaisiekel trap, ek's seker daarvan jy's baie fikser as ek!!!
Re: Grensoorlog - Elaine [boodskap #32775 is 'n antwoord op boodskap #32774] Wo, 26 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hello OOA

Hoe gaan dit daar anderkant in walletjies land?
Ons het ook onlangs 'n program van die grensoorlog hier gesien. En sowat 'n
week gelede het ek op 'n bladsy afgekom wat die wereld inlig dat jy glad nie
jou hande op die argiewe van die oorlog kan kry nie, en dat meer as die
helfde van die dokumente aangaande die grensoorlog vernietig is. Dit klink
vir my na 'n lekker "conspiracy"
Ek het ook maar baie stories gehoor, van my pa af, van (ouer) kollegas en
dies meer wat daar was. Dit laat 'n mens se hare rys, en in plaas daarvan
dat dit uitkom en bespreek word, probeer die regering die ware gebeure tot
vandag toe toesmeer, en het hulle in die verlede die oorlog probeer
romantiseer. (Dink maar aan "boetie gaan border toe") en diesulke flieks.
Ek het miskien oordryf toe ek gese het my arme pa is bossies, en ek moes hom
nooit by so iets ingesleep het nie. As ek my liewe vader 10 keer kwaad
(regtig kwaad) gesien het in my lewe is dit baie, en ek het hom 2 keer
geweldadig gesien. Na al die jare haat hy geweld, en het hy nie baie lof
oor vir een van die twee regerings nie (voor en na apartheid).
Aaag dit was darem nie alles so sleg nie, volgens my vriende en familie wat
die oorlog gesien het, het hulle darem pret ook gehad. Soos die ou water in
die beker truuk en al daardie tipe van goed.
Maar my pa het ook gese al het hy geweet wat hy nou weet toe hy opgeroep is,
sou hy nog steeds gaan veg het, want dis sy plig as burger van die land om
die regering te gehoorsaam en hulle bevele uit te voer.
Sjoe lang storie, dis nie iets waarop ek weer wil ingaan nie, ons sal
miskien nooit vergeet nie, ons mag nie vergeet nie, maar om in sirkels
daaroor te redeneer sal ook nou nie help nie.
En na alles wat het die oorlog ons in die sak gebring? Angola is al weer
aan't vegde

OUT of Africa skryf in boodskap news:uhxf5.2728$63.54819@zonnet-reader-1...
> Elaine
>
> Bly om te hoor dat jy nou beter voel na daai vreeslike byenes waarin jy jou
> kop gedruk het. Dis gevaarlik om Angola stories aan te haal. Veral as jy nie
> eertehands kan praat nie. Daar loop soveel stories rond, waar en onwaar.
>
> Ek het gelukkig net met 'n lekker tan teruggekom van die grens af, maar
> daar's ouens wat met groot sielkundige letsels daar uitgestap het. As ek die
> berigte so lees was daar nie veel van hierdie NG se mense op die grens nie,
> in elk geval nie die wie jou so hitsig aangeval het nie.
>
> Raar, met die eerste demokratiese verkiesings, wen SWAPO Namibië en ANC vir
> SA. Dis die sg. "Terroriste" waarteen ons jare geveg het!!! Ons hele volkie
> was maar in die duister gehou, 'n paar jaar gelede. Natuurlik sal daar nou
> lelike verhale uitspruit, dit was immers oorlog. Is altyd maklik om die
> Regering van die dag te blameer, maar ons was maar lekker sienende blind en
> horende doof.
>
> Hier was 'n paar maande gelede 'n program op ons TV "Over de grens", wat
> gehandel het oor Koevoete, SWAPOL, Reccies ens... Ek het dit ongelukkig nie
> opgeneem nie, anders kon ek dit vir jou stuur. Ek het geskrik oor wat ek
> gesien en gehoor het... Die crux van die verhaal is dat die ouens so
> gebreinspoel is dat hulle onmenslike dade gepleeg het, en nou, na die
> oorlog, is hulle net so gelos... Sommiges word selfs vervolg.
>
> As die staat maar dieselfte poging aangewend het om die outjies weer reg te
> kry vir die samelewing, as wat hulle gedoen het om die outjies op te fok
> (sorry), het ons vandag met 'n veel beter samelewing gesit.
Re: Grensoorlog [boodskap #32776 is 'n antwoord op boodskap #32774] Wo, 26 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Het van julle nie bietjiefotos van Moduler en Hooper nie ?

Krokkie

Julian de Beer wrote in message ...
> Hierdie is nog 'n website vir die wat belangstel
> .http://www.oocities.org/sadfbook/
> Julian
>
Vorige onderwerp: Re: Vraag aan Elaine - (Pijotrij)
Volgende onderwerp: Grensoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 09:47:07 MGT 2024