Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Etnisiteit
Re: Etnisiteit [boodskap #32249] Do, 13 Julie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

O.N. Heil wrote:

> Was jou pappie se kleur dieselfde as die mense wat julle rosyntjie druifies
> ge-oes het daar naby Marchand ?
> Was die oes-mense saans saam met jou aan tafel - dieselfde tafel ?
>

Nee, Leendert, ek het al vantevore verklaar dat ek askind al gesien het dat
daar iets onheiligs aan die gebeur
was in my onmiddellike omgewing. Die eerwaardige
bruinman (ook ouderling in sy eie kerk) moes soggens
eers daar uit die "kroek" daar uit die bulte stap om by
my pa se erf uit te kom, waar hy daagliks net so hard
as my pa gearbei het. Dank die Vader dat ek kan onthou
dat my pa hierdie man se raad gesoek het en dat hulle soos
twee broers respek vir mekaar gehad het. Maar dit was
in 'n duiwelse skandalige maatskappy waar net mense met
wit velle die grond kon besit wat 'n honderd jaar tevore
die blyplek was van die bruinman se voorgeslagte. Dis
daarom dat ek juig, juig, juig dat ek nog in my leeftyd kon
sien dat hierdie skryende skande tot 'n einde kon kom.
En, sover ek kan sien, bly meeste van my familie en vriende
baie gelukkig in die samelewing. As mens met mense begin
praat, soos die RAU professor wat ons onlangs besoek het,
het hulle net die grootste respek vir hulle onmiddellike hoofde
as hulle van 'n ander kleur is. Daar is natuurlik uitsonderings,
maar ek dink daar is nou baie meer kwaliteit in die top
aanstellings in SA as in die ou dae toe die top jobs gegaan het
na die Broederbond (wat ook maar later 'n inner circle en 'n
outer circle gehad het. Toe ek nog in SA gewerk het, het ek
gesien hoe die een broederbonder oor die ander een heen klim
vir promosies, nie omdat hy beter was nie, maar omdat hy
inner circle broederbonder konneksies gehad het.)

Gloudina
Re: Etnisiteit [boodskap #32251 is 'n antwoord op boodskap #32249] Do, 13 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

O.N. Heil wrote:

> Ou siel, daar steek iets by jou rok uit.
> Dis vuil - baie vuil. (Gehoor van Omo ?)
> Maar onderrokke lyk anders - dalk jou bloemer wat ek sien ? Die gewig wat
> die ding moet dra............
>

Nouja, Leendert, hier kom ons nou by die tweede
laag van jou psige. Nou begin jy oor vrouens-
onderklere praat in 'n poging om jou psige te myn.
Dis vir my so snaaks dat daar by die "regse"
" benepe" SA inwoner (baie keer Afrikaans-sprekend,
maar nie altyd nie), hierdie dwang is na die pornografiese.
Ek wonder of daar meer literatuur oor hierdie verskynsel
is, en of dit ook by ander groepe gevind word. JM Coetzee
analiseer dit 'n bietjie wanneer hy praat van die sindroom
waar by rassistiese Suid-Afrikaners daar die dwang is om
nie-blankes as vuil of ongesond te tipeer, in 'n poging om
'n "rede" te vind hoekom daar nie met hulle saamgeleef kan
word nie.

Gloudina
Re: Etnisiteit [boodskap #32254 is 'n antwoord op boodskap #32249] Do, 13 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> "Leendert van Oostrum" leen...@geocities.com

> Ek het in die sewentigs al 'n swart senior gehad. In die "ou" Suid-Afrika.
> En weet jy wat, geen mens het 'n wenkbrou gelig nie.

Ek het 'n oom wat, net soos van oostrum hier sê, een van die weinige swartmense
was wat, in die sewentigs supervisiemagte oor wit werkers gehad het. Ek onthou
hoe hy vertel sy wenkbroue privaat gelig het elke aand as hul die fabriek
uitgestap het, hy na die lokasie links, en hulle na die area regs waar sy oupa
se huis gedek gestaan het met wit aspirasies. Ek onthou hoe sy wenkbroue, al
te privaat, gelig het wanneer sy wit werkers vertel het van die keuse van
skool, of universiteit, of beroep vir hul kinders, terwyl sy kinders se
toekomsmoontlikhede geraam was in een hoërskool en UWK later. Ek onthou hoe sy
wenkbroue gelig het - heel privaat nê - toe 'n medewerker wie se ma gesterf
het, en wie se begrafnis hy wou bywoon, aan hom sê dat dit orraait is as hy na
die begraafplaas toe kom, maar dat "die ander mense" miskien nie so gemaklik
sal wees as hy die kerk- en huisdiens bywoon nie. Om die waarheid te sê, toe
ek hom vra of hy ooit, ooit, selfs net een keer, in twintig jaar, uitgenooi was
na die huise van sy wit medewerkers, het hy sy wenkbroue grimmig gelig. Maar
weet jy wat sy wenkbroue die hoogste sou lig - hierdie keer al te publiek?
Iemand wat, dertig jaar later, van hom praat en sê: "Ek het in die sewentigs
al 'n swart senior gehad. In die 'ou' Suid-Afrika. En weet jy wat, geen mens
het 'n wenkbrou gelig nie".
Re: Etnisiteit [boodskap #32255 is 'n antwoord op boodskap #32249] Do, 13 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
O.N. Heil  is tans af-lyn  O.N. Heil
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
@home.com wrote in message ...
> O.N. Heil wrote:
>
> Nee, Leendert, ek het al vantevore verklaar dat ek askind al gesien het dat
> daar iets onheiligs aan die gebeur

Merkwaardige insigte wat jy openbaar het as kind. Wat het intussen daarvan
geword ?
Maar dit wat wat jy as "insigte" ervaar, is intussen deurdie Taalkommissie
en mediese wetenskap herdefinieer as "insinkings".

En ek is nie Leendert nie. Glo hom as hy dit vir jou sê. Daar's ander
goed wat hy sê waaraan jy ook kan glo. Vantevore het jy net skaduboks
gedoen maar nou is daar 'n "gees in die lug" . Ek is hier om jou te pes. Jy
wil nie dalk weer identiteiete begin toets met die kartering van stede nie ?
Laas jou dinges gesien met Bees.

Lekker om die kotteljons met jou te dans. Trek tog net iets styf aan asb.
En los maar jou Grootrivier herkoms. Ons ken elke detail daarvan. Jy het
nou al 35 jaar om in te haal, ou dier, en volgens my berekeninge skranier jy
nie meer SO goed nie.

Het jy jou selektiewe aanhaal taktieke by Ferdie afgekyk ?

Het jy intussen al reggekom met kopiereg en tantiemes - dis nou oor jou
gediggies waarmee jy ons aandag wil aflei dat ons nie die pousgeseende
pleisters oor jou politieke akneegesig moet sien nie. ?

En sou jou gewete (tans jou medepligtige) wel eendag teen jou draai en sou
jy jouself 'n hartskoot wil toedien, die verwysingspunte om jou hart te
tref, .is nie dieselfde as vir 'n meise 'n vyfde jou ouerdom nie, Jy sal
jou maag en derms flenters skiet.
Vorige onderwerp: Mercalar.com www.mercalar.com The Galician Real State Portal
Volgende onderwerp: Re: Grondverdeeling en hoeveel is beskikbaar.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 03:45:35 MGT 2024