Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vigs en Winnie
Vigs en Winnie [boodskap #32071] Ma, 10 Julie 2000 00:00
Pat[2]  is tans af-lyn  Pat[2]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek hoor vanoggend op National Public Radio hier van Pres.
Mbeki wat weer gesê het dat HIV nie Vigs veroorsaak nie. Hy het
gesê hy vra net dat mense alternatiewe navorsing moet doen, en dat daar geen
bewyse is nie. Toe kom (die gewese) Mev. Mandela aan die woord,
en sy gee so n lang pouse, en sê met n donderde stem "HIV causes
AIDS" Dawerende applous, toe kom sy lekker aan die gang en
sê ons (die land) gaan aandring dat goedkoop/gratis medisyne
beskikbaar gaan wees vir die bewoners van S.A. Ek was verbaas
dat sy Pres. Mbeki so driftig teegegaan het, dinge sal sekerlik
versuur tussen hulle twee na dese.

Wat my verstom is dat Suid Afrika met sy superior mediese
dienste die land is met die meeste VIGS gevalle in Afrika (die wêreld?) Die
radio
sê daar is 4 miljoen mense besmet.

Pat
Vorige onderwerp: Vasgedweep
Volgende onderwerp: Siener van Rensburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 10:32:09 MGT 2024