Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaans 'n 100 jaar gelede.
Re: Afrikaans 'n 100 jaar gelede. [boodskap #32033] Ma, 10 Julie 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar dan moet jy nou in ag neem Hilda dat dit 100 jaar gelede is en
Afrikaans darem baie verander het oor die jare. Onthou Engels het nie 200
jaar terug geklink soos dit vandag klink nie.
Elke taal groei en verander maar soos dit ouer word.
Elaine

Hilda en Gervaas skryf in boodskap news:1uya5.93982$HL2.1647573@afrodite.telenet-ops.be...
> Is jy seker dit is Afrikaans ? Lyk meer soos Nederlands.
> Hilda.
>
> E Bessinger schreef in berichtnieuws
> 396aa97f.0@news1.mweb.co.za...
>> So rukkie terug was daar 'n debat oor hoe Afrikaans daar uitgesien het
>> in die jare toet. Ek het op die artikel afgekom wat 'n idea gee. Dit is
>> geskryf op 5 Augustus 1898. Net so meer as 100 jaar gelede.
>>
>>
>> PJ KLOPPERS KAAPSCHE HOOP ANTWOORDT OP SCHRYVEN VAN DEN 27 APRIL DAT HY
>> REEDS MET DEN HEEREN DE WIT EN LUB IN ONDERHANDELING GETREDEN IS INZAKE
>> HET OPMAKEN VAN EEN LEERPLAN ZAL NU VOLGENS BOVENGEMELD SCHRYVEN MET DE
>> ANDERE GENOEMDE HEEREN DAAROMTENT IN CORRESPONDENTIE TREDEN. GEEFT
>> TEVENS DE VERZEKERING VAN ZYNE BELANGSTELLING IN HET ONDERWYS OP DE
>> GOUDVELDEN.
>>
>
Re: Afrikaans 'n 100 jaar gelede. [boodskap #32079 is 'n antwoord op boodskap #32033] Di, 11 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Bep Nieuwhof  is tans af-lyn  Bep Nieuwhof
Boodskappe: 45
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Wat dink jy Hilda ------ Afrikaans was/is 'n vorm/dialek van Nederlands.

Lees meer van die ou gedigte ens. goeie voorbeeld is die van Siener van
Rensburg

Groetjes,
Bep

"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:1uya5.93982$HL2.1647573@afrodite.telenet-ops.be...
> Is jy seker dit is Afrikaans ? Lyk meer soos Nederlands.
> Hilda.
>
> E Bessinger schreef in berichtnieuws
> 396aa97f.0@news1.mweb.co.za...
>> So rukkie terug was daar 'n debat oor hoe Afrikaans daar uitgesien het
>> in die jare toet. Ek het op die artikel afgekom wat 'n idea gee. Dit is
>> geskryf op 5 Augustus 1898. Net so meer as 100 jaar gelede.
>>
>>
>> PJ KLOPPERS KAAPSCHE HOOP ANTWOORDT OP SCHRYVEN VAN DEN 27 APRIL DAT HY
>> REEDS MET DEN HEEREN DE WIT EN LUB IN ONDERHANDELING GETREDEN IS INZAKE
>> HET OPMAKEN VAN EEN LEERPLAN ZAL NU VOLGENS BOVENGEMELD SCHRYVEN MET DE
>> ANDERE GENOEMDE HEEREN DAAROMTENT IN CORRESPONDENTIE TREDEN. GEEFT
>> TEVENS DE VERZEKERING VAN ZYNE BELANGSTELLING IN HET ONDERWYS OP DE
>> GOUDVELDEN.
>>
>
Re: Afrikaans 'n 100 jaar gelede. [boodskap #32080 is 'n antwoord op boodskap #32033] Di, 11 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die verduidelikings.

Hilda.
schreef in berichtnieuws 396B2E0B.F9F046B8@home.com...
> Hilda en Gervaas wrote:
>
>> Is jy seker dit is Afrikaans ? Lyk meer soos Nederlands.
>> Hilda.
>>
>> E Bessinger schreef in berichtnieuws
>> 396aa97f.0@news1.mweb.co.za...
>>> So rukkie terug was daar 'n debat oor hoe Afrikaans daar uitgesien het
>>> in die jare toet. Ek het op die artikel afgekom wat 'n idea gee. Dit is
>>> geskryf op 5 Augustus 1898. Net so meer as 100 jaar gelede.
>>>
>>>
>>> PJ KLOPPERS KAAPSCHE HOOP ANTWOORDT OP SCHRYVEN VAN DEN 27 APRIL DAT HY
>>> REEDS MET DEN HEEREN DE WIT EN LUB IN ONDERHANDELING GETREDEN IS INZAKE
>>> HET OPMAKEN VAN EEN LEERPLAN ZAL NU VOLGENS BOVENGEMELD SCHRYVEN MET DE
>>> ANDERE GENOEMDE HEEREN DAAROMTENT IN CORRESPONDENTIE TREDEN. GEEFT
>>> TEVENS DE VERZEKERING VAN ZYNE BELANGSTELLING IN HET ONDERWYS OP DE
>>> GOUDVELDEN.
>
> Die taalsituasie in Suidelike Afrika 'n honderd jaar gelede
> was baie gekompliseerd. Daar was nog nie 'n offisiele taal
> "Afrikaans" nie. Nederlands en Engels was die voertale.
> Wat as Afrikaans deurgegaan het, was in die volksmond,
> (en daar was lede en navolgers van die Genootskap van
> Regte Afrikaners wat hierdie taal uit die volksmond wou
> legitimiseer.) Maar alle offisiele dinge is nog in Nederlands
> bedryf. So bostaande stuk.
> Mens moet ook onthou dat die ou mense nog gereeld
> hulle bybel in Nederlands gelees het en psalms en gesange
> tot in die veertigerjare in Nederlands gesing het. My oupa
> het nog in Nederlands probeer bid. Dus is selfs die Afrikaans
> deur Nederlands beinvloed tot omtrent die middel van die
> vorige eeu. Dit val my op hoeveel Nederlands-getinte woorde
> byvoorbeeld voorkom in die skrywery van N.P. van Wyk
> Louw in die dertigerjare.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Esels
Volgende onderwerp: Vir Hilda en Artuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 19:54:25 MGT 2024