Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Heruitgawes
Heruitgawes [boodskap #31999] Sa, 08 Julie 2000 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Pragtige bron ontdek wat ou boeke (tans veral oor die ABO, natuurlik,
Afrikaans en Engels) heruitgee. Dis eenvoudig gebind (nie duursaam nie - vir
lees, nie vir erfporsies nie) en spotgoedkoop. Klaarblyklik boeke waarvan
die kopiereg reeds verval het.

Titels soos Sarah Raal se "Met die Boere in die Veld"; Johanna Brand se "Die
Kappiekommando"; Smuts/Reitz se "'n Eeu van Onreg"; "Psychology of Jingoism"
van JA Hobson; "Met die Boerekommandos van JD Kestell; "Die Stryd tussen
Boer en Brit" van CR de Wet.

Die ou spesialiseer in Suid-Afrikaanse geskiedenis 1795-1915 en handel ook
in boeke van ander uitgewers - Ek het bv. Emily Hobhouse se verlae in 'n
nuwe uitgawe daar gesien.

Net jammer die Afrikaners met die grootste bekke oor ander mense is ook die
Afrikaners wat die minste lees.

Die ou dryf handel as Bienedell Uitgewers, Posbus 3095 Pretoria 0001 Tel:
(012) 329 4083

Groete, Leendert
Re: Heruitgawes [boodskap #32000 is 'n antwoord op boodskap #31999] Sa, 08 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die inligting Leendert,ek sal hom beslis ondersteun.

Boertjie

Leendert van Oostrum wrote:

> Pragtige bron ontdek wat ou boeke (tans veral oor die ABO, natuurlik,
> Afrikaans en Engels) heruitgee. Dis eenvoudig gebind (nie duursaam nie - vir
> lees, nie vir erfporsies nie) en spotgoedkoop. Klaarblyklik boeke waarvan
> die kopiereg reeds verval het.
>
> Titels soos Sarah Raal se "Met die Boere in die Veld"; Johanna Brand se "Die
> Kappiekommando"; Smuts/Reitz se "'n Eeu van Onreg"; "Psychology of Jingoism"
> van JA Hobson; "Met die Boerekommandos van JD Kestell; "Die Stryd tussen
> Boer en Brit" van CR de Wet.
>
> Die ou spesialiseer in Suid-Afrikaanse geskiedenis 1795-1915 en handel ook
> in boeke van ander uitgewers - Ek het bv. Emily Hobhouse se verlae in 'n
> nuwe uitgawe daar gesien.
>
> Net jammer die Afrikaners met die grootste bekke oor ander mense is ook die
> Afrikaners wat die minste lees.
>
> Die ou dryf handel as Bienedell Uitgewers, Posbus 3095 Pretoria 0001 Tel:
> (012) 329 4083
>
> Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Thysie stuur virusse?
Volgende onderwerp: Verdien Amerikaanse dollar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 04:50:55 MGT 2024