Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Alexandria Onderwys en Opleiding Inisiatief
Toekoms Advies vir: Alexandria Onderwys en Opleiding Inisiatief [boodskap #31946] Vr, 07 Julie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Veral om die
pad vorentoe aan te dui aangaande miv+ en vigs navorsing.
Die menige inisiatiewe om ons Paradys te laat skyn soos goud in
die oggend son. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Stel voor om ontmoetings te verhoog met Onderwys en Opleiding
Departemente en Personeel, Dorps beplanners en metropolitaanse
sub-strukture personeel.

'n Onderwys en/of Opleidings Kollege in die Linbro Park /
Modderfontein gebied, wat uitkyk oor Alexandria, word
voorgestel. En/of in Alexandria, wat ook al gerieflik is vir
studente en/of leerders in Alexandria. Om die ekonomiese
deelname van persone wat in die Alexandria gebied bly, te
verhoog.

Ontmoetings kan ook verhoog word met sektore wat opgeleide
personeel, veral oor die lang termyn, benodig. Om die tipe
kursusse vas te stel wat verhoog kan word. Studie beurse,
plasings programme asook praktiese by-die-werk sessies kan ook
verhoog word. Om die gereedheid van studente wat deur sektore
benodig word, te verhoog.

'n Technikon word voorgestel. Met 'n kampus vir studente om in
te woon. Asook saal/sale vir studie doeleindes, wat tot +- 22h00
beskikbaar is, indien moontlik. Om na-uurse studie fasiliteite
te verhoog. Om deur studente gebruik te word, asook leerders wat
in Alexandria woonagtig is. Daaglikse, na-uurse, deeltyds en/of
voltydse kursusse kan ook verhoog word, soos nodig.

Uitnodigings kan ook verhoog word aan studente van SAOG
lidlande. Om voordelige verhoudings met SAOG lidlande te
verhoog.

Technikons en/of onderwys en opleidings inrigtings kan ook
verhoog word in ons Paradys, by verskeie liggings, bv. Oos, Wes
en Noord Kaap, Kwa-Zoeloe Natal, Vrystaat, Gauteng, Noordelike
Provinsie en Mpumalanga. En elders in ons Paradys, en in SAOG
lidlande, waar opgeleide personeel benodig word, indien enige.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net
daarna. President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika
Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om
te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Beskikbaarheid van opgeleide personeel kan asemrowend verhoog
word.
Ekonomiee, en potensiële ekonomiee kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle
Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

-----------------------------------------------------------

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com
Vorige onderwerp: Gatvol? Geniet dit, Ferdi!
Volgende onderwerp: Thysie stuur virusse?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 15:57:33 MGT 2024