Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ontleningen
ontleningen [boodskap #31679] So, 18 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
al...  is tans af-lyn  al...
Boodskappe: 20
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Uit die Burger (Taalskatkis):

'Erdvark' eers in Nederlands vertaal, toe deur Engels ontleen

Die woord "aarde" in Afrikaans gaan terug op 'n baie ou vorm wat verband hou
met Grieks "era" wat "grond" beteken, 'n betekenis wat ook in Afrikaans
bewaar is.

In die vorm van Nederlands waaruit Afrikaans afkomstig is, het "aar" met
"er" gewissel, soos in "werd" naas Nederlands "waard", "herd" naas "haard",
"perd" naas "paard" en "kers" naas "kaars". Dié variasie is bewaar in
"aartappel" naas "ertappel". Die variant "ertappel" was 'n paar dekades
gelede nog redelik algemeen, maar vandag is hy seldsaam.

"Erd" vir "aard" kom ook voor in "erdvark" en "erdewerk". "Erdvark" is deur
Engels ontleen in die vorm "aardvark": "erdvark" is eers in Nederlands
vertaal en toe deur Engels ontleen.

Engelssprekendes word klaarblyklik geboei deur die sonderlinge dier met die
eienaardige naam. Daar is 'n Amerikaanse strokiesprentkarakter wat
"Aardvark" heet. Wat die woord in Engels ook merkwaardig maak, is dat hy in
Engelse woordeboeke die heel eerste inskrywing is.

'n Sinoniem van "aarde" is "wêreld". Dié woord is ook baie oud, maar nie so
oud soos "aarde" nie. "Wêreld" is 'n ou samestelling van "wer" (met die
betekenis "mens") en "aldi" (= "leeftyd, ouderdom"). Die oorspronklike
betekenis van "wêreld" is dus "menseleeftyd".

Vantevore het "wêreld" dus met tyd te doen gehad. Dié tydsbetekenis het in
'n ruimtelike betekenis ontwikkel, waardeur "wêreld" sinoniem geword het aan
"aarde".

'n Ander sinoniem van "aarde" is "aardbol". Die woord "aardbol" het ontstaan
in 'n tyd toe die moderne wêreldbeeld ontstaan het. Die klassieke siening
was dat die aarde 'n plat skyf is wat deur iets gedra word. Eers in die
Renaissance het die insig verbrei dat die aarde 'n ronde hemelliggaam is.

Die betekenis "hemelliggaam" word ook geaktiveer wanneer ons na die aarde as
'n planeet verwys, byvoorbeeld in uitdrukkings soos "planeet aarde; die
beste waarde op die planeet; die kwesbaarheid van ons planeet".

Wanneer ons die aarde as 'n planeet sien, kyk ons as 't ware van die ruimte
af na die aarde toe, soos uit 'n ruimtetuig. Dié ingrypende
perspektiefverskuiwing van die vroeë moderne tyd het sowel die mens as die
mens se woonplek sterk gerelativeer.

"Aardbol" het eers verwys na die sfeervormige model wat moderne kartograwe
van die aarde gemaak het. Engels "globe" in byvoorbeeld "globetrotter" (Afr.
wêreldreisiger) het op dieselfde wyse ontwikkel. Van "globe" in die
betekenis "aarde, wêreld" is die adjektief "global" afgelei.

Engels "global" en Afrikaans "globaal" is wat bekend staan as valse vriende.
Die woorde lyk op mekaar, maar word op heeltemal verskillende maniere
gebruik. "Globaal" het naamlik niks met die aarde te doen nie. Die woord
beteken "in die geheel" soos in: globale berekening/skatting.

Ander voorbeelde van Engels-Afrikaanse valse vriende is "brutal" (Afr.
wreed) en "brutaal", "bleak" (Afr. droewig, mistroostig) en "bleek".

"Global" word gebruik in verbindings soos "on a global scale" (wat in Pharos
se Nuwe Woorde vertaal word as "op 'n wêreldskaal"), "global disarmament" en
"global village". Vir "global village" gee Nuwe Woorde Afrikaanse
ekwivalente soos "neutedorp, aardgehuggie, dwergwêreld" en - myns insiens
die bevredigendste - "wêrelddorpie". "Global warming" word vertaal as
"aardverwarming".

Van "global" is redelik onlangs die werkwoord "globalise" gevorm en daarvan
weer die naamwoord "globalisation". Oor die weergawe van dié vorme in
Afrikaans en ander tale is baie kopgekrap. Globalisering is nie ten volle
sinoniem aan internasionalisering nie. Internasionalisering hoef nie
wêreldomvattend te wees nie, terwyl globalisering dui op die heel
gevorderdste graad van internasionalisering. "Internasionaliseer" en
"internasionalisering" is dus nie volkome bevredigende vertalings van
"globaliseer" en "globalisering" nie.

In Nederlands word "globalisation" ook met "mondialisering" vertaal, 'n vorm
wat gebaseer is op die Franse adjektief van die naamwoord "monde" wat
"aarde, wêreld" beteken. In Afrikaans gaan dié vertaling nie inslaan nie,
aangesien Frans vir Afrikaanssprekendes hoegenaamd geen lewende werklikheid
is nie. Vandaar dat ons in Afrikaans "globaliseer" en "globalisering"
gebruik.

Hulle is wat bekend staan as leenvertalings. Dit is vertalings waarin die
betekenis van die brontaal (in dié geval Engels "globe" = "aarde") op die
vertaling oorgedra word. Soortgelyke leenvertalings van "globalise" en
"globalisation" kom ook in ander tale voor.

Waarskynlik sal die leenvertaling van "globalise" deurwerk na "global" sodat
"global disarmament" en "global warming" Afrikaanse ekwivalente gaan
ontwikkel soos "globale ontwapening/verwarming". Kort gelede het byvoorbeeld
die uitdrukking "globale dilemma" (= wêreldwye dilemma) in die koerant
verskyn.
Re: ontleningen [boodskap #31699 is 'n antwoord op boodskap #31679] Ma, 19 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Alwyn de Jong wrote:

. "Erdvark" is deur

> Engels ontleen in die vorm "aardvark": "erdvark" is eers in Nederlands
> vertaal en toe deur Engels ontleen.
>

Ja, "aardvark" het sy eie lewe begin lei, omdat
hy die eerste woord is in die Engelse woordeboeke.
Dit is veral deel van die taalrepertoire van
komediante en ander mense wat snaaks probeer
wees in die Engelse taal in al sy vorme en dialekte.
Maar mens maak dus 'n fout om te dink dat dit
'n Afrikaanse woord het wat die eer het. Dis
eintlik as Nederlandse woord dat dit in die
Engelse woordeskat opgeneem is.Interessant.
'n Duidelik Afrikaanse woord wat nou meer
en meer in Engels en veral Amerikaans gebruik
word. is die woord "trek." Hierdie invaart van
"trek" in die Engelse woordgebruik het net sedert
my leeftyd op groot skaal gebeur, veral as gevolg
van die naam "Startrek." Nou gebruik elke man
in die straat en elke Jan Rap en sy maat die woord
"trek" hier in Noord-Amerika in al hoe meer en
meer posisies waar die deursnee Afrikaner nooit
die woord "trek" sou gebruik het 'n paar dekades
gelede nie.

Gloudina
Re: ontleningen [boodskap #31700 is 'n antwoord op boodskap #31679] Ma, 19 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pat[2]  is tans af-lyn  Pat[2]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink "trek" is n woord wat al lank in Engels in gebruik is. So ook "
veld" (hulle spreek dit gewoonlik uit as weld), so ook apartheid. Mens hoor
daagliks hier in Amerika op die radio of TV verwysings na apartheid, maar
nie noodwendig in die Suid-Afrikaanse konteks nie. Ek gebruik baie die
woord "genade", soos in "genade, hoeveel keer moet ek dit nog vir jou sê" !
Nou gebruik die hele kantoor al genade, ek wonder of dit sal vassteek.

Pat

Louis Joubert skryf in boodskap news:8imcn9$826$1@news6.svr.pol.co.uk...
> Weet iemand dalk wat Gene Roddenberry se bedoeling was met die Afrikaanse
> agtervoegsel in Startrek? Starjourney sou seker net nie dieselfde impak
> gehad het nie, of het hy iets meer daarmee bedoel...
>
> Ander, minder opvallende Engelse aanwinste is 'platteland' en 'verkramp'
> (volgins Collins).
>
> Terloops, my Collins sê Aardvark kom van Afrikaans af. Seker nog 'n rede om
> in 'n Oxford te belê! Die ware Jakob?
>
> Louis
>
>
> skryf in boodskap news:394E0CED.7093D3F5@home.com...
>>
>>
>> Alwyn de Jong wrote:
>>
>> . "Erdvark" is deur
>>
>>> Engels ontleen in die vorm "aardvark": "erdvark" is eers in Nederlands
>>> vertaal en toe deur Engels ontleen.
>>>
>>
>> Ja, "aardvark" het sy eie lewe begin lei, omdat
>> hy die eerste woord is in die Engelse woordeboeke.
>> Dit is veral deel van die taalrepertoire van
>> komediante en ander mense wat snaaks probeer
>> wees in die Engelse taal in al sy vorme en dialekte.
>> Maar mens maak dus 'n fout om te dink dat dit
>> 'n Afrikaanse woord het wat die eer het. Dis
>> eintlik as Nederlandse woord dat dit in die
>> Engelse woordeskat opgeneem is.Interessant.
>> 'n Duidelik Afrikaanse woord wat nou meer
>> en meer in Engels en veral Amerikaans gebruik
>> word. is die woord "trek." Hierdie invaart van
>> "trek" in die Engelse woordgebruik het net sedert
>> my leeftyd op groot skaal gebeur, veral as gevolg
>> van die naam "Startrek." Nou gebruik elke man
>> in die straat en elke Jan Rap en sy maat die woord
>> "trek" hier in Noord-Amerika in al hoe meer en
>> meer posisies waar die deursnee Afrikaner nooit
>> die woord "trek" sou gebruik het 'n paar dekades
>> gelede nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: ontleningen [boodskap #31701 is 'n antwoord op boodskap #31679] Ma, 19 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Geminigirl  is tans af-lyn  Geminigirl
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Jislaaik Alwyn maar jou kennis van die twee tale is darem uitstekend!!
Ek is baie nuuskierig en wil weet of dit net uit belangstelling is of is dit
jou werk? Dis baie interessant om te lees.
Ek weet dat ek altyd aan die slaap geraak het in die afrikaanse klas en
veral as dit oor die geskiedenis van ons mooi taal is en het nou baie spyt
sedert ek in Nederland woon.
Groetnis
Alwyn de Jong schreef in berichtnieuws
8ij8b1$ldk$1@cyan.nl.gxn.net...
> Uit die Burger (Taalskatkis):
>
>
> 'Erdvark' eers in Nederlands vertaal, toe deur Engels ontleen
>
>
>
> Die woord "aarde" in Afrikaans gaan terug op 'n baie ou vorm wat verband hou
> met Grieks "era" wat "grond" beteken, 'n betekenis wat ook in Afrikaans
> bewaar is.
>
> In die vorm van Nederlands waaruit Afrikaans afkomstig is, het "aar" met
> "er" gewissel, soos in "werd" naas Nederlands "waard", "herd" naas "haard",
> "perd" naas "paard" en "kers" naas "kaars". Dié variasie is bewaar in
> "aartappel" naas "ertappel". Die variant "ertappel" was 'n paar dekades
> gelede nog redelik algemeen, maar vandag is hy seldsaam.
>
> "Erd" vir "aard" kom ook voor in "erdvark" en "erdewerk". "Erdvark" is deur
> Engels ontleen in die vorm "aardvark": "erdvark" is eers in Nederlands
> vertaal en toe deur Engels ontleen.
>
> Engelssprekendes word klaarblyklik geboei deur die sonderlinge dier met die
> eienaardige naam. Daar is 'n Amerikaanse strokiesprentkarakter wat
> "Aardvark" heet. Wat die woord in Engels ook merkwaardig maak, is dat hy in
> Engelse woordeboeke die heel eerste inskrywing is.
>
> 'n Sinoniem van "aarde" is "wêreld". Dié woord is ook baie oud, maar nie so
> oud soos "aarde" nie. "Wêreld" is 'n ou samestelling van "wer" (met die
> betekenis "mens") en "aldi" (= "leeftyd, ouderdom"). Die oorspronklike
> betekenis van "wêreld" is dus "menseleeftyd".
>
> Vantevore het "wêreld" dus met tyd te doen gehad. Dié tydsbetekenis het in
> 'n ruimtelike betekenis ontwikkel, waardeur "wêreld" sinoniem geword het aan
> "aarde".
>
> 'n Ander sinoniem van "aarde" is "aardbol". Die woord "aardbol" het ontstaan
> in 'n tyd toe die moderne wêreldbeeld ontstaan het. Die klassieke siening
> was dat die aarde 'n plat skyf is wat deur iets gedra word. Eers in die
> Renaissance het die insig verbrei dat die aarde 'n ronde hemelliggaam is.
>
> Die betekenis "hemelliggaam" word ook geaktiveer wanneer ons na die aarde as
> 'n planeet verwys, byvoorbeeld in uitdrukkings soos "planeet aarde; die
> beste waarde op die planeet; die kwesbaarheid van ons planeet".
>
> Wanneer ons die aarde as 'n planeet sien, kyk ons as 't ware van die ruimte
> af na die aarde toe, soos uit 'n ruimtetuig. Dié ingrypende
> perspektiefverskuiwing van die vroeë moderne tyd het sowel die mens as die
> mens se woonplek sterk gerelativeer.
>
> "Aardbol" het eers verwys na die sfeervormige model wat moderne kartograwe
> van die aarde gemaak het. Engels "globe" in byvoorbeeld "globetrotter" (Afr.
> wêreldreisiger) het op dieselfde wyse ontwikkel. Van "globe" in die
> betekenis "aarde, wêreld" is die adjektief "global" afgelei.
>
> Engels "global" en Afrikaans "globaal" is wat bekend staan as valse vriende.
> Die woorde lyk op mekaar, maar word op heeltemal verskillende maniere
> gebruik. "Globaal" het naamlik niks met die aarde te doen nie. Die woord
> beteken "in die geheel" soos in: globale berekening/skatting.
>
> Ander voorbeelde van Engels-Afrikaanse valse vriende is "brutal" (Afr.
> wreed) en "brutaal", "bleak" (Afr. droewig, mistroostig) en "bleek".
>
> "Global" word gebruik in verbindings soos "on a global scale" (wat in Pharos
> se Nuwe Woorde vertaal word as "op 'n wêreldskaal"), "global disarmament" en
> "global village". Vir "global village" gee Nuwe Woorde Afrikaanse
> ekwivalente soos "neutedorp, aardgehuggie, dwergwêreld" en - myns insiens
> die bevredigendste - "wêrelddorpie". "Global warming" word vertaal as
> "aardverwarming".
>
> Van "global" is redelik onlangs die werkwoord "globalise" gevorm en daarvan
> weer die naamwoord "globalisation". Oor die weergawe van dié vorme in
> Afrikaans en ander tale is baie kopgekrap. Globalisering is nie ten volle
> sinoniem aan internasionalisering nie. Internasionalisering hoef nie
> wêreldomvattend te wees nie, terwyl globalisering dui op die heel
> gevorderdste graad van internasionalisering. "Internasionaliseer" en
> "internasionalisering" is dus nie volkome bevredigende vertalings van
> "globaliseer" en "globalisering" nie.
>
> In Nederlands word "globalisation" ook met "mondialisering" vertaal, 'n vorm
> wat gebaseer is op die Franse adjektief van die naamwoord "monde" wat
> "aarde, wêreld" beteken. In Afrikaans gaan dié vertaling nie inslaan nie,
> aangesien Frans vir Afrikaanssprekendes hoegenaamd geen lewende werklikheid
> is nie. Vandaar dat ons in Afrikaans "globaliseer" en "globalisering"
> gebruik.
>
> Hulle is wat bekend staan as leenvertalings. Dit is vertalings waarin die
> betekenis van die brontaal (in dié geval Engels "globe" = "aarde") op die
> vertaling oorgedra word. Soortgelyke leenvertalings van "globalise" en
> "globalisation" kom ook in ander tale voor.
>
> Waarskynlik sal die leenvertaling van "globalise" deurwerk na "global" sodat
> "global disarmament" en "global warming" Afrikaanse ekwivalente gaan
> ontwikkel soos "globale ontwapening/verwarming". Kort gelede het byvoorbeeld
> die uitdrukking "globale dilemma" (= wêreldwye dilemma) in die koerant
> verskyn.
>
Re: ontleningen [boodskap #31710 is 'n antwoord op boodskap #31679] Di, 20 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Louis Joubert  is tans af-lyn  Louis Joubert
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Weet iemand dalk wat Gene Roddenberry se bedoeling was met die Afrikaanse
agtervoegsel in Startrek? Starjourney sou seker net nie dieselfde impak
gehad het nie, of het hy iets meer daarmee bedoel...

Ander, minder opvallende Engelse aanwinste is 'platteland' en 'verkramp'
(volgins Collins).

Terloops, my Collins sê Aardvark kom van Afrikaans af. Seker nog 'n rede om
in 'n Oxford te belê! Die ware Jakob?

Louis

skryf in boodskap news:394E0CED.7093D3F5@home.com...
>
>
> Alwyn de Jong wrote:
>
> . "Erdvark" is deur
>
>> Engels ontleen in die vorm "aardvark": "erdvark" is eers in Nederlands
>> vertaal en toe deur Engels ontleen.
>>
>
> Ja, "aardvark" het sy eie lewe begin lei, omdat
> hy die eerste woord is in die Engelse woordeboeke.
> Dit is veral deel van die taalrepertoire van
> komediante en ander mense wat snaaks probeer
> wees in die Engelse taal in al sy vorme en dialekte.
> Maar mens maak dus 'n fout om te dink dat dit
> 'n Afrikaanse woord het wat die eer het. Dis
> eintlik as Nederlandse woord dat dit in die
> Engelse woordeskat opgeneem is.Interessant.
> 'n Duidelik Afrikaanse woord wat nou meer
> en meer in Engels en veral Amerikaans gebruik
> word. is die woord "trek." Hierdie invaart van
> "trek" in die Engelse woordgebruik het net sedert
> my leeftyd op groot skaal gebeur, veral as gevolg
> van die naam "Startrek." Nou gebruik elke man
> in die straat en elke Jan Rap en sy maat die woord
> "trek" hier in Noord-Amerika in al hoe meer en
> meer posisies waar die deursnee Afrikaner nooit
> die woord "trek" sou gebruik het 'n paar dekades
> gelede nie.
>
> Gloudina
>
Re: ontleningen [boodskap #31711 is 'n antwoord op boodskap #31679] Di, 20 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Pat" wrote:
>> skryf in boodskap news:394E0CED.7093D3F5@home.com...
>>>
>>>
>>> Alwyn de Jong wrote:
>>>
>>> . "Erdvark" is deur
>>>
>>>> Engels ontleen in die vorm "aardvark": "erdvark" is eers in Nederlands
>>>> vertaal en toe deur Engels ontleen.
>>>>
>>>
>>> Ja, "aardvark" het sy eie lewe begin lei, omdat
>>> hy die eerste woord is in die Engelse woordeboeke.
>>> Dit is veral deel van die taalrepertoire van
>>> komediante en ander mense wat snaaks probeer
>>> wees in die Engelse taal in al sy vorme en dialekte.
>>> Maar mens maak dus 'n fout om te dink dat dit
>>> 'n Afrikaanse woord het wat die eer het. Dis
>>> eintlik as Nederlandse woord dat dit in die
>>> Engelse woordeskat opgeneem is.Interessant.
>>> 'n Duidelik Afrikaanse woord wat nou meer
>>> en meer in Engels en veral Amerikaans gebruik
>>> word. is die woord "trek." Hierdie invaart van
>>> "trek" in die Engelse woordgebruik het net sedert
>>> my leeftyd op groot skaal gebeur, veral as gevolg
>>> van die naam "Startrek." Nou gebruik elke man
>>> in die straat en elke Jan Rap en sy maat die woord
>>> "trek" hier in Noord-Amerika in al hoe meer en
>>> meer posisies waar die deursnee Afrikaner nooit
>>> die woord "trek" sou gebruik het 'n paar dekades
>>> gelede nie.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>

'White Rhino' is nog interessanter; het origineel is Afrikaans,
'wijdlip-neushoorn', door de Engelsen verbasterd tot 'white'....om
vervolgens in modern Nederlands uit te komen op het net zo foute 'witte
neushoorn'.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: ontleningen [boodskap #31712 is 'n antwoord op boodskap #31679] Di, 20 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Louis Joubert schreef...

> Ander, minder opvallende Engelse aanwinste is 'platteland' en 'verkramp'
> (volgins Collins).

Welk woord voor platteland is dat dan? Ik weet wel dat "landscape" van
landschap komt (ik meen dankzij de hofhouding van koning Willem III, waarin
zich een aantal landschapschilders bevonden, een genre van schilderen dat
toen ook in Engeland heel populair werd). Ook "yacht" is geleend.

Groeten,
Arthur
Re: ontleningen [boodskap #31713 is 'n antwoord op boodskap #31679] Di, 20 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Louis Joubert schreef...
>

> Ander, minder opvallende Engelse aanwinste is 'platteland' en 'verkramp'

stoep?
Vorige onderwerp: Vandag uit ons volkgeskiedenis:
Volgende onderwerp: Re: Afrikaans Poetry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 12:25:11 MGT 2024