Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: VSA Pendelaar Inisiatief
Toekoms Advies vir: VSA Pendelaar Inisiatief [boodskap #31562] Di, 13 Junie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats-
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleidsbestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Baie spesiale dank aan die Regering van die VSA, menige
Organisasies en Firmas in die VSA, die IMF en Wêreld Bank, vir
inisiatiewe om die vrede en voorspoed van menige lande op die
Planeet te verhoog, veral aangaande miv+/vigs en bekostigbare
medisyne. En die metro / ondergrondse spoorweg stelsel in
Washington DC, vir die vinnige en effektiewe diens. Om
passasiers te vervoer, veral na die Smithsonian Instituut, en
ander toeriste aantreklikhede. Insluitend die menige bydraes wat
gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om
die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van die VSA, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieël ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Stel voor om ontmoetings in die VSA te verhoog, tussen alle
vlakke van die Regering, Graafskappe ("Counties"), Stad en
Metropool beplanners en metro spoorweë ontwerpers. Om die
implementering van ondergrondse spoorlyne (hiernaas metro
stelsels genoem) te verhoog in hoog bevolkte gebiede in die VSA,
bv. Kalifornië - wat die San Diego - Los Angeles - San Francisco
- gebied in die geheel dek.

Navorsing kan ook verhoog word aangaande die spoed en
effektiewiteit van metro stelsels, en gemakvolle manier van
reis. Om die bekendheid van die metro stelsel bo die gebruik van
motor voertuie te verhoog, vir persone wat in die gebied reis.

Graafskap ("County") beplanning inisiatiewe kan ook verhoog
word. Om navorsing te verhoog aangaande die plasing van metro
spoorweg stasies. Menings peilings in die verband kan ook
verhoog word. Veral bestemmings waarheen persone reis, en die
tyd wanneer daar gereis word.

Hoogstens aangeraai, om navorsing te verhoog van metro stelsels
alreeds in gebruik, nl. in Washington, Singapoer, Europa, en
elders op die Planeet. Waar kontant in teller masjiene in
geplaas word, en 'n trein kaartjie produseer word. Kaarte, met
reis tariewe aangebring, kan ook by spoorweg stasies verhoog
word. Asook tyd tabelle wat die vertrek / aankoms tye van treine
aandui. En bus skedules wat koppelings dienste verskaf.

Sneltreine wat tussen hoof sentra reis kan ook verhoog word. Wat
die name van Presidente van die VSA dra. Vir maklike verwysing,
wanneer die metro stelsel gebruik word. Om dieselfde naam te dra
vir dieselfde bestemming en die kleur baan van vertrek, ongeag
vertrek tye.

Verbindings met lughawe terminaal punte kan ook verhoog word. Om
reistyd te verminder, vir diegene wat verkies om met die metro
te reis.

Lugreëling en sekuriteitsmaatreëls kan ook verhoog word by
metro spoorweg stasies, asook op treine. Om suksesvolle ritte te
verhoog, waar en wanneer nodig.

Parkeer garages by metro stasies kan ook verhoog word, indien
nodig. Vir die publiek om hulle voertuie daar te laat, wanneer
daar met die metro gereis word. Asook om verlaagde tariewe vir
voertuie te vra, vir persone wat met die metro reis. Vir diegene
wat 'n alternatiewe metode verkies on van hulle wonings na metro
stasies te reis.

Bus haltes kan ook verhoog word by metro stasies. Om vervoer na
die SSG te verhoog. Om op so 'n manier te funksioneer, dat die
publiek die metro en bus stelsel van vervoer verkies, eerder as
om 'n motor voertuig te gebruik, indien moontlik.

Uitnodigings aan persone van die vermaaklikheidsindustrie kan
ook verhoog word om met die metro te reis. Om die aantrekkings-
krag van metro reise te verhoog. En om die suksesse van die
Kaliforniese metro te verhoog, soortgelyk as die Londense
ondergrondse spoorweg netwerk.

Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millenium van die
ANC, President Mbeki, asook die Regering en die Persone van ons
Paradys, aan die Regerings en die Persone van die VSA. Om
vriendskappe te verhoog tussen ons Paradys, en die Persone van
die VSA.

Wanneer hierdie bydrae perfeksie in Kalifornië bereik, indien
nodig, kan dit elders in die VSA implementeer word, waar nodig.
En in ons Paradys, wanneer nodig.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Werksgeleendhede kan asemrowend verhoog word.
Korter reis tyd kan asemrowend verhoog word.
Tyd om saam met vriende en/of families te spandeer, kan
asemrowend verhoog.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Kaliforniese Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die VSA Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van die VSA, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word nou al
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Tydverskille
Volgende onderwerp: Re: Bar-b-que en braai . . .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:19:21 MGT 2024