Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Yanks kom lekker weg met moord (letterlik)
Yanks kom lekker weg met moord (letterlik) [boodskap #31561] Di, 13 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
Charles van der Wath  is tans af-lyn  Charles van der Wath
Boodskappe: 49
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Volle Lid
Net 'n idee vir 'n nuwe thread...

Almal is dit eens dat Hitler se ambisie om alle Jode uit te wis 'n gruwel
was, en 'n mens kan nou nog die haat tenoor die Duitsers in die algemeen
aanvoel vanaf die Engelse se kant af.
Maar daar word baie gerieflik vergeet van Eisenhower se twee bomme op
Nagasaki en veral Hiroshima, wat hulle self geweet het gaan tienduisende
siviele mense se lewens eis. Maar niemand is blykbaar regtig kwaad daaroor
nie. Ek dink dit is hulle media wat publieke mening so beinvloed dat hulle
met sulke goed wegkom.

Dieselfde met NATO se onlangse bombardering van Servië. Dit gaan goed af met
Jan Publiek, maar as die Russe wet en orde toepas in hul eie land, dan is
dit verkeerd.

Hoe groot 'n rol speel SkyNews en CNN in hierdie publieke opinies?
Re: Yanks kom lekker weg met moord (letterlik) [boodskap #31624 is 'n antwoord op boodskap #31561] Do, 15 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Louis Joubert  is tans af-lyn  Louis Joubert
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
'n bitter groot rol beslis.

Alhoewel jou vergelyking van Hitler se eskapades en 'Little Boy' (naam van
die bom self) oor Hiroshima prikkelend maar onregverdig is (hoeveel siviele
mense sou gesterf het in 'n volskaalse inval), stem ek saam: ons is
onderworpe aan 'n wêreld media regering.

Ons wêreld media bepaal hoe ons moderne geskiedenis subjektief beleef. Dis
immers ons naelstring tot die res van die mensdom. Konsensus is maar net 'n
klank bord vir Rupert Murdoch, een waarmee hy speel en vorm tot sy eie
ideale.

En wat van advertensies... In die dertigs het Hitler die Duitse massas
opgesweep om sy doelwitte te bevorder deur die gematigde gedagtegang in te
dring. Vandag gebeur dieselfde deur die alomteenwoordige advertensiewese,
maar verstaan ons die doelwitte agter die dade?

Louis

"Charles van der Wath" skryf in boodskap news:LXw15.1246$3_2.21735@news2-win.server.ntlworld.com...
> Net 'n idee vir 'n nuwe thread...
>
> Almal is dit eens dat Hitler se ambisie om alle Jode uit te wis 'n gruwel
> was, en 'n mens kan nou nog die haat tenoor die Duitsers in die algemeen
> aanvoel vanaf die Engelse se kant af.
> Maar daar word baie gerieflik vergeet van Eisenhower se twee bomme op
> Nagasaki en veral Hiroshima, wat hulle self geweet het gaan tienduisende
> siviele mense se lewens eis. Maar niemand is blykbaar regtig kwaad daaroor
> nie. Ek dink dit is hulle media wat publieke mening so beinvloed dat hulle
> met sulke goed wegkom.
>
> Dieselfde met NATO se onlangse bombardering van Servi�. Dit gaan goed af met
> Jan Publiek, maar as die Russe wet en orde toepas in hul eie land, dan is
> dit verkeerd.
>
> Hoe groot 'n rol speel SkyNews en CNN in hierdie publieke opinies?
>
Vorige onderwerp: Vigs vs Rook
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: KP Ondersteunings Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 02:12:29 MGT 2024