Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vir Gloudina: wie is my/jou naaste?
vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31469] Do, 08 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy dalk vir my sê?
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31470 is 'n antwoord op boodskap #31469] Do, 08 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> Kan jy dalk vir my sê?

Die Buddhiste se antwoord hierop
is"all sentient beings." Dus sluit dit nie
alleen alle mense in nie, maar ook
ook onder andere diere.

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31495 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

>
> Nee wat,jy is vir God of teen God,die besluit is joune--en ek buig net
> voor die Lewende God.
>

So verklaar 'n ou wat dink dat hy die enigste wysheid
en pag het. (Is dit verbasend dat hy ook net sy eie
ras as waardig sien?) Nee wat ou Boertjie. Jy
buig nie voor God nie. Jy dikteer aan Hom, hoe
Hy moet wees, wie gered mag word en wie nie.
Daar is op die oomblik baie meer belydende
swart Christene in SA as wittes (bloot omdat
meeste mense in SA nie-blank is.) Ontmoet jy
gereeld hierdie broeders in Christus? Of is om
dit te doen nou "new age."

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31496 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Seker een van die maklikste vrae wat ek nog moes beantwoord het.Ja,ek
gaan gereeld kerk toe,ja ek lees ten minste twee keer op 'n dag my bybel
en hou gereeld huisgodsdiens met my gesin,en bestudeer baie nagte aaneen
die bybel,want ek doen ondersteunings werk by eskom en ek werk in die
aande en die nagte en baie maal is dit absoluut so doodstil dat daar
niks aangaan want die meeste mense wat nie steel nie,slaap.
En moet ek byvoeg ,dankie vir die geselskap want dit hou my ten besig en
moet ek erken dat ek dit geniet.O,ja en ek vind dit baie interresant wat
jy te vertele het ,al stem ek nie met jou saam oor baie dinge nie,dink
ek nogal dat jy meer tussen die ore het as die gemiddelde ou wat die NG
gebruik,en nou probeer ek nie by jou kruip nie maar is dit eerder 'n
kompliment.

Boertjie(een wat baie moeg is)

Boertjie

> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Te oordeel aan die hewige reaksie van jou kant af
>>
>
> Te oordeel aan die feit dat jy in die middel
> van die nag (my aand) my poste sit en
> beantwoord, lyk dit vir my of iets tog
> vir jou hinder

> Ek wil jou iets vra. Gaan
> jy gereeld kerk toe, lees jy gereeld die
> bybel en hou jy huisgodsdiens vir jou
> familie (as jy al een het.) Hoeveel tyd
> spandeer jy aan die bestudering van die
> Bybel en die oorpeinsing van die
> woorde van Christus. Dis wat saakmaak.
> Nie hoeveel jy vir ander mense kan uitkryt
> oor hulle verkeerde godsdiensoortuigings
> nie, maar hoeveel tyd jyself bestee aan die
> praktisering van jou eie vorm van godsdiens.
> So, voor jy nou weer hierdie pos van my
> beantwoord, buig jou hoof en vra vir die
> genade van die Vader, en antwoord my
> dan.
>
> Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31497 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> En moet ek byvoeg ,dankie vir die geselskap want dit hou my ten besig en
> moet ek erken dat ek dit geniet.O,ja en ek vind dit baie interresant wat
> jy te vertele het ,al stem ek nie met jou saam oor baie dinge nie,dink
> ek nogal dat jy meer tussen die ore het as die gemiddelde ou wat die NG
> gebruik,en nou probeer ek nie by jou kruip nie maar is dit eerder 'n
> kompliment.
>

Wel, dit verklaar 'n misterie. Ek het al gewonder
hoekom ek iets nege-uur die aand hier kan pos,
en as ek weer by die rekenaar kom, dan is jou
antwoord daar, en jy bly duidelik in SA. Ons
laat ons rekenaar groot dele van die dag en
aand sommer aanbly, want ons het dit nou op
kabel en dit kos ons niks. Ons laat dit soms
selfs aan as ons weggaan vir 'n paar uur. Ek
hou nie daarvan nie, maar my man wil dit doen
omdat daar mense op Napster is wat van sy
songs aflaai en hy wil hulle nie kortsny nie. Die
Napster laat my effens gril : dat mense in jou
rekenaar kan inkruip (selfs al is jy nie in die
huis nie) en liedere by jou kan kom aflaai, laat
koue rillings langs my ruggraat afloop.
Nouja, tot vanaand toe. Dan gesels ons weer.
Ek dink egter ons sal oor ander dinge moet
gesels, ek raak nou moeg van hierdie gekwetter
oor ras. Daar is beter dinge om oor te gesels.

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31498 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar was daar fout met die Christelike Nasionale Onderwys. Dit was darem
beter as vandag se skool waar daar nie eers met n gebed geopen mag word nie.

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:39404AB1.D44AF830@home.com...
> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Nou dan ,Gloudina as jy nie 'n christen is nie ,en so baie aandag bestee aan
>> ander godsdienste en gelowe ,wat is jy dan?,moontlik 'n "new ager",want dit
>> klink my baie so na aanleiding van die humanistiese benadering van die
>> verskeie gelowe wat jy aangehaal het.
>>
>
> Wel, daar is nie so 'n ding soos 'n "new ager" nie, behalwe
> in die verhitte breine van die reaksionere mense wat praat
> van "liberales" of "rooies" of "new age" vir alles waarmee hulle
> nie saamstem nie. Sover ek weet, is die leer van Christus al twee-
> duisend jaar oud, en die Boeddhisme gaan nog verder terug
> (met wortels in die Hinduisme wat nog verder terugstrek).
> Dus geen "new age" nie. Swedenborg en William Blake het
> albei meer as twee honderd jaar gelede gelewe. Nog 'n
> woord wat jy rondgooi is die "humanisme." Weet jy wat die
> woord werklik beteken, of is dit ook een van die "vloekwoorde"
> wat jy geleer het gedurende die periode toe "Christelik Nasionaal
> Onderwys" in SA toegepas was?
> Watter naam jy aan 'n "geloof" knoop, maak nie saak
> nie. Dis of jy in aanraking probeer kom met die goddelike
> influx in jou in. Dit is wat Christus gepredik het, dis wat die
> Buddhiste probeer bereik, dis wat die Mohammedane na
> streef as hulle vele kere daagliks in die publiek bid.
>
> Gloudina
>
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31499 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pat[2]  is tans af-lyn  Pat[2]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, vertel my meer van die Napster. My dogter is nou al drie dae
doenig met songs aflaai (sy is 17, verveeld en is met somervakansie) Nou
wil sy n CD burner koop vir $39.99, by WalMart lê� CD's koop, en haar eie
CD's maak. Ek dink dat dit hoogs onwettig is, maar ek het nog nie tyd
gehad om te lees hoe die storie werk nie, behalwe dat die groenetjies
vinniger aflaai :-).

Pat

skryf in boodskap news:3940FD45.229C66ED@home.com...
> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> En moet ek byvoeg ,dankie vir die geselskap want dit hou my ten besig en
>> moet ek erken dat ek dit geniet.O,ja en ek vind dit baie interresant wat
>> jy te vertele het ,al stem ek nie met jou saam oor baie dinge nie,dink
>> ek nogal dat jy meer tussen die ore het as die gemiddelde ou wat die NG
>> gebruik,en nou probeer ek nie by jou kruip nie maar is dit eerder 'n
>> kompliment.
>>
>
> Wel, dit verklaar 'n misterie. Ek het al gewonder
> hoekom ek iets nege-uur die aand hier kan pos,
> en as ek weer by die rekenaar kom, dan is jou
> antwoord daar, en jy bly duidelik in SA. Ons
> laat ons rekenaar groot dele van die dag en
> aand sommer aanbly, want ons het dit nou op
> kabel en dit kos ons niks. Ons laat dit soms
> selfs aan as ons weggaan vir 'n paar uur. Ek
> hou nie daarvan nie, maar my man wil dit doen
> omdat daar mense op Napster is wat van sy
> songs aflaai en hy wil hulle nie kortsny nie. Die
> Napster laat my effens gril : dat mense in jou
> rekenaar kan inkruip (selfs al is jy nie in die
> huis nie) en liedere by jou kan kom aflaai, laat
> koue rillings langs my ruggraat afloop.
> Nouja, tot vanaand toe. Dan gesels ons weer.
> Ek dink egter ons sal oor ander dinge moet
> gesels, ek raak nou moeg van hierdie gekwetter
> oor ras. Daar is beter dinge om oor te gesels.
>
> Gloudina
>
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31500 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Te oordeel aan die hewige reaksie van jou kant af om al jou afgode en ketters te
verdedig wil ek maar net die opmerking maak dat dit lyk asof ek op 'n baie seer
puntjie gedruk het.
Voorts wil ek dit beklemtoon dat ek hoegenaamd geen belang het wat die boedhiste
met geel geverfde lywe en vetgrevete gesiggies aanvang nie,ook kan die
mohammmedane met hulle getjank in die oggende en die aande my glad nie aanstaan
nie.Sover dit my aanbetref moet daar nie eers iets soos godsdiensvryheid in 'n
land wees nie,en die new age movement is al ouer as die berge self want dit is
uitgedink deur satan homself en wat 'n samevoeging is van al die sogenaamde goeie
idees in alle gelowe-alle paaie lei na Rome ,of jy vir die maan bid of jy 'n
christen is,jy moet dus net een wees met die kosmiese energie van die heelal want
jy is eintlik mos self god sodat daar geen geweld en miskenning van mekaar se
regte mag wees nie.

Nee wat,jy is vir God of teen God,die besluit is joune--en ek buig net voor die
Lewende God.

Boertjie.

@home.com wrote:

> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Nou dan ,Gloudina as jy nie 'n christen is nie ,en so baie aandag bestee aan
>> ander godsdienste en gelowe ,wat is jy dan?,moontlik 'n "new ager",want dit
>> klink my baie so na aanleiding van die humanistiese benadering van die
>> verskeie gelowe wat jy aangehaal het.
>>
>
> Wel, daar is nie so 'n ding soos 'n "new ager" nie, behalwe
> in die verhitte breine van die reaksionere mense wat praat
> van "liberales" of "rooies" of "new age" vir alles waarmee hulle
> nie saamstem nie. Sover ek weet, is die leer van Christus al twee-
> duisend jaar oud, en die Boeddhisme gaan nog verder terug
> (met wortels in die Hinduisme wat nog verder terugstrek).
> Dus geen "new age" nie. Swedenborg en William Blake het
> albei meer as twee honderd jaar gelede gelewe. Nog 'n
> woord wat jy rondgooi is die "humanisme." Weet jy wat die
> woord werklik beteken, of is dit ook een van die "vloekwoorde"
> wat jy geleer het gedurende die periode toe "Christelik Nasionaal
> Onderwys" in SA toegepas was?
> Watter naam jy aan 'n "geloof" knoop, maak nie saak
> nie. Dis of jy in aanraking probeer kom met die goddelike
> influx in jou in. Dit is wat Christus gepredik het, dis wat die
> Buddhiste probeer bereik, dis wat die Mohammedane na
> streef as hulle vele kere daagliks in die publiek bid.
>
> Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31501 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou dan ,Gloudina as jy nie 'n christen is nie ,en so baie aandag bestee aan
ander godsdienste en gelowe ,wat is jy dan?,moontlik 'n "new ager",want dit
klink my baie so na aanleiding van die humanistiese benadering van die
verskeie gelowe wat jy aangehaal het.

Boertjie

@home.com wrote:

> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Is jy dan nou 'n boedhis,jy was dan nog 'n rukkie gelede 'n christen?Ek
>> wil graag hoor wat sê jy,wie is dit?
>>
>
> Wel, boertjie, hoekom dink jy dat ek 'n Christen was
> 'n rukkie gelede? Het ek verklaar dat ek 'n "Christen"
> is, of het jy maar net sommer die besluit geneem?
> Wat ek wel gedoen het, is om te wys dat ek
> wat Christus geleer het, aanneem as die waarheid.
> Hy het verklaar dat mens Sy (Onse) Vader moet liefh^e,
> en ook jou naaste net soos jouself. Daarmee stem ek
> volkome saam. Ek glo dat as 'n mens aan hierdie leer
> van die Liefde glo, en ook glo dat die "egosentriese
> jy" moet doodgaan voor die "geestelike jy" kan ontwikkel,
> dan kan jy in die Paradys leef.
> Maat terselfdertyd glo ek ook dat wanneer 'n Boeddhis
> van die "Pure Land School" glo dat deur vir Amitabha
> se naam te roep hy herbore sal word in die Paradys
> in die Weste, hy presies dieselfde ding doen as 'n Christen,
> en dat albei reg is.
> Vir 'n Buddhis is daar egter verskillende Buddha-families
> en Amithaba is net een van hulle. Ek sal later vir Pat probeer
> verduidelik van hierdie Buddha-families en die "buddha-fields"
> wat deur hulle benader kan word. Ek en my man het onlangs
> begin om Dzogchen te bestudeer (die "Great Perfection"
> tradisie, een van die vier Tibetan skole, die oudste van die vier.)
> Terselfdertyd bestudeer ek ook Swedenborg, 'n man wat in
> die agtiende eeu in Europa gelewe het en wat binne die Christelike
> leer oor sommige van dieselfde dinge praat as Buddhiste.
> Swedenborg was 'n groot invloed op William Blake, wat ons al
> vir die laaste paar dekades bestudeer.
> Ek kan dus nie se ek is Christen of Buddhis nie, maar al wat
> ek weet, albei groepe is ernstig besig om te soek na die Waarheid
> en die Woord.
>
> Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31502 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wag nou,wag nou, ek gee toe dat daar baie meer swartes as wittes in rsa
is,maar van belydende christene weet ek nie so mooi nie,by hulle is dit
'n tipe van vormgodsdiens en moet hulle behoort aan iets soos die
ZCC(zionist christian church).
Ook moet hulle 'n sekere soort uniform aantrek om eenvormig te wees en
word baie klem gelê op sekere vorme van dinge doen en om te wys dat
hulle gaan godsdiens hou.
Daar is egter van hulle wat waarlik gelowiges is en ek het nog nooit
gesê dat hulle of enige ander volk nie gered kan word nie,ek maar net
die feite uitgelig soos duer Frikkie gegee en bklemtoon dat Jesus wel 'n
blanke was,maar dat as hulle die cristelike geloof aanneem sal hy geseen
word,dis tog immers wat die bybel sê.

Ek begin nou om oor my vingers te sstruikel.

Boertjie

@home.com wrote:

> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>>
>> Nee wat,jy is vir God of teen God,die besluit is joune--en ek buig
>> net voor die Lewende God.
>
> So verklaar 'n ou wat dink dat hy die enigste wysheid
> en pag het. (Is dit verbasend dat hy ook net sy eie
> ras as waardig sien?) Nee wat ou Boertjie. Jy
> buig nie voor God nie. Jy dikteer aan Hom, hoe
> Hy moet wees, wie gered mag word en wie nie.
> Daar is op die oomblik baie meer belydende
> swart Christene in SA as wittes (bloot omdat
> meeste mense in SA nie-blank is.) Ontmoet jy
> gereeld hierdie broeders in Christus? Of is om
> dit te doen nou "new age."
>
> Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31503 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou maar is dit nie die persoon se reg om te kies aan
watter Godsdiens hy mag behoort nie. Dit is uitsluitlik sy keuse en hy moet
daarmee saamleef.Die Here het gese gaan sprei die Christelike woord aan alle
volke en bekeer die ongelowiges maak nie saak van waar hy is nie. Ek voel
ook dit is die persoon se reg om aan n kerk te behoort waar hy gemaklik mee
voel. Maak nie saak of dit NG of Apostolie is of wat nie aan die end aanbid
hy een God.

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:39405E0D.3513079D@home.com...
> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Te oordeel aan die hewige reaksie van jou kant af
>>
>
> Te oordeel aan die feit dat jy in die middel
> van die nag (my aand) my poste sit en
> beantwoord, lyk dit vir my of iets tog
> vir jou hinder. Ek wil jou iets vra. Gaan
> jy gereeld kerk toe, lees jy gereeld die
> bybel en hou jy huisgodsdiens vir jou
> familie (as jy al een het.) Hoeveel tyd
> spandeer jy aan die bestudering van die
> Bybel en die oorpeinsing van die
> woorde van Christus. Dis wat saakmaak.
> Nie hoeveel jy vir ander mense kan uitkryt
> oor hulle verkeerde godsdiensoortuigings
> nie, maar hoeveel tyd jyself bestee aan die
> praktisering van jou eie vorm van godsdiens.
> So, voor jy nou weer hierdie pos van my
> beantwoord, buig jou hoof en vra vir die
> genade van die Vader, en antwoord my
> dan.
>
> Gloudina
>
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31504 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Ek stem saam met jou maar is dit nie die persoon se reg om te kies aan
> watter Godsdiens hy mag behoort nie. Dit is uitsluitlik sy keuse en hy moet
> daarmee saamleef.Die Here het gese gaan sprei die Christelike woord aan alle
> volke en bekeer die ongelowiges maak nie saak van waar hy is nie.

Ja, Reenen. Elke persoon op die aarde het diereg om die Goddelike te soek Watter
metode
maak nie saak nie. Wanneer iemand as Christen
uitgaan om "die ongelowiges te bekeer" dink ek
dit beteken om vir mense te probeer verduidelik
hoe om in aanraking met die Goddelike (of soos
die Buddhis praat: "die buddha" in jou) te kom.
Dit beteken nie dat hulle uitgaan om vir mense
te vertel om soos 'n westerling te dink of die
ou Testament as die enigste versameling geskrifte
wat waar is, aan te neem nie. Dis die tye wanneer
jy (as jy jouself Christen noem) op jou kniee deur-
bring, die tye wanneer jy soos die barmhartige
samaritaan jouself vir jou medemens in gevaar stel,
wat vir jou siel "in die hemel" gaan kry. Vir die
Moslem of die Buddhis geld ander tegnieke, maar
die eindpunt is dieselfde. Mens moet by 'n "Lewende
God" uitkom, nie by dooie woorde nie.

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31505 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> Te oordeel aan die hewige reaksie van jou kant af
>

Te oordeel aan die feit dat jy in die middel
van die nag (my aand) my poste sit en
beantwoord, lyk dit vir my of iets tog
vir jou hinder. Ek wil jou iets vra. Gaan
jy gereeld kerk toe, lees jy gereeld die
bybel en hou jy huisgodsdiens vir jou
familie (as jy al een het.) Hoeveel tyd
spandeer jy aan die bestudering van die
Bybel en die oorpeinsing van die
woorde van Christus. Dis wat saakmaak.
Nie hoeveel jy vir ander mense kan uitkryt
oor hulle verkeerde godsdiensoortuigings
nie, maar hoeveel tyd jyself bestee aan die
praktisering van jou eie vorm van godsdiens.
So, voor jy nou weer hierdie pos van my
beantwoord, buig jou hoof en vra vir die
genade van die Vader, en antwoord my
dan.

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31506 is 'n antwoord op boodskap #31469] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Boer...@eskom.co.za wrote:

> Nou dan ,Gloudina as jy nie 'n christen is nie ,en so baie aandag bestee aan
> ander godsdienste en gelowe ,wat is jy dan?,moontlik 'n "new ager",want dit
> klink my baie so na aanleiding van die humanistiese benadering van die
> verskeie gelowe wat jy aangehaal het.
>

Wel, daar is nie so 'n ding soos 'n "new ager" nie, behalwe
in die verhitte breine van die reaksionere mense wat praat
van "liberales" of "rooies" of "new age" vir alles waarmee hulle
nie saamstem nie. Sover ek weet, is die leer van Christus al twee-
duisend jaar oud, en die Boeddhisme gaan nog verder terug
(met wortels in die Hinduisme wat nog verder terugstrek).
Dus geen "new age" nie. Swedenborg en William Blake het
albei meer as twee honderd jaar gelede gelewe. Nog 'n
woord wat jy rondgooi is die "humanisme." Weet jy wat die
woord werklik beteken, of is dit ook een van die "vloekwoorde"
wat jy geleer het gedurende die periode toe "Christelik Nasionaal
Onderwys" in SA toegepas was?
Watter naam jy aan 'n "geloof" knoop, maak nie saak
nie. Dis of jy in aanraking probeer kom met die goddelike
influx in jou in. Dit is wat Christus gepredik het, dis wat die
Buddhiste probeer bereik, dis wat die Mohammedane na
streef as hulle vele kere daagliks in die publiek bid.

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31529 is 'n antwoord op boodskap #31469] Sa, 10 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Pat wrote:

> Gloudina, vertel my meer van die Napster.

Nee, Pat, jy vra die verkeerde persoon. En onsmaak nie nuwe CD's nie. Ek dink my
man geniet
net die feit dat hy nou genoeg musiek in sy rekenaar
het, dat hy omtrent nooit na die stereo hoef te gaan
nie, behalwe as hy klassieke musiek wil luister.
Laasgenoemde kan mens natuurlik ook oplaai in
RealJukebox.

Gloudina
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31575 is 'n antwoord op boodskap #31469] Di, 13 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Reenen van Niekerk"

> Maar was daar fout met die Christelike Nasionale Onderwys.

Boertjie, Frikkie, bester ...

> Dit was darem
> beter as vandag se skool waar daar nie eers met n gebed geopen mag word nie.

Dis nie net Christene wat in die klaskamer sit nie. Publieke skole word
onderhou met die belastingrande van 'n publiek wat alle gelowe insluit. Stuur
jou kind na 'n Joods-gerigte, of Katolieke, of wat ook al ander private skool
wat na 'n godsdiensmissie opereer.
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31576 is 'n antwoord op boodskap #31469] Di, 13 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Boer...@eskom.co.za

> Ek begin nou om oor my vingers te sstruikel.

Soos ook oor jou "argument"
Re: vir Gloudina: wie is my/jou naaste? [boodskap #31577 is 'n antwoord op boodskap #31500] Di, 13 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Boer...@eskom.co.za

> Voorts wil ek dit beklemtoon dat ek hoegenaamd geen belang het wat die
> boedhiste
> met geel geverfde lywe en vetgrevete gesiggies aanvang nie,ook kan die
> mohammmedane met hulle getjank in die oggende en die aande my glad nie
> aanstaan
> nie.Sover dit my aanbetref moet daar nie eers iets soos godsdiensvryheid in
> 'n
> land wees nie,

Jy mis die inkwisisie, nê - die martelgang en die sekerheidstang.
Vorige onderwerp: "Voorkennis" van LOUIS ESTERHUIZEN
Volgende onderwerp: Amerikaner leer Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 12:43:50 MGT 2024