Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groot asseblief
Groot asseblief [boodskap #31474] Do, 08 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dat die meeste van die mense op die groep by die tyd al van die
Napster sagteware weet waarmee jy Mp3 files kan download van ander
gebruikers se rekenaars af. Indien jy nog nie daarvan weet nie en vetroud is
met Mp3's beveel ek dit ten sterkste aan, miskien kan Ferdi selfs die ou
stukkie sagteware in die Beeld se IT afdeling bespreek. ( lewe Ferdi nog,
lank laas van hom gehoor/gesien )

Ek het 'n paar versoeke, indien iemand dit het laat weet my aseblief.

1. Exclusively yours Dickie Loader and
the Blue Jeans

2. Die wiel draai Danie Niehaus
(?)

3. Laat my langs die heide wandel Ge Korsten (?)

En 'n bekende liedjie wat toe ek nog 'n laaitie was baie deur een of ander
studente koor gesing was maar ek nie die naam van ken nie, ek kan ook net 'n
reel of wat van die woorde onthou en dit gaan so

Dis my land, dis my land die Boland vir my dis die land waar ek
..................ek ken nie die res nie.

Ek het omtrent in totaal 2000 mp3's, maar ek maak nie al 2000 beskikbaar nie
omrede die mense my server doodtrek. Maar laat weet my as jy 'n versoek het
en ek stuur dit graag.

Lekker luister

Riaan
Re: Groot asseblief [boodskap #31514 is 'n antwoord op boodskap #31474] Vr, 09 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Lied van die boland - alabama studente geselskap

Kaaskop wrote:

> Riaan
>
> Dis (as ek reg kan onthou) die Alabama studentegeselskap.
>
> Groente
> Kaaskop
>
>> En 'n bekende liedjie wat toe ek nog 'n laaitie was baie deur een of ander
>> studente koor gesing was maar ek nie die naam van ken nie, ek kan ook net
> 'n
>> reel of wat van die woorde onthou en dit gaan so
>>
>> Dis my land, dis my land die Boland vir my dis die land waar ek
>> ..................ek ken nie die res nie.
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Padbou toerusting vir Afrika en die Planeet
Volgende onderwerp: Re: basters in die ou testament het nie 'n kat se kans gehad nie ............. maar .........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 08:02:06 MGT 2024