Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanada en VSA
Kanada en VSA [boodskap #31306] Sa, 03 Junie 2000 00:00
Pat[2]  is tans af-lyn  Pat[2]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, as jy so naby aan die grens is, is daar iets wat julle kom
koop aan duskant wat goedkoper as daardiekant is? Dalk petrol. Ons hier
in die suide betaal nou al $1.45 vir n gelling, bietjie aan die duur kant
vir ons, maar seker ietwat goedkoper as in upstate N.Y.

Pat

skryf in boodskap news:3939116A.2D3BF44C@home.com...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> Ik weet niet zeker waarom Canada werd gekozen. Waarschijnlijk vond
>> Wilhelmina Engeland niet veilig genoeg en zond ze haar dochter daarom zo ver
>> weg. Misschien speelde ook de goede band met president Rooseveld een rol.
>> Canada is dicht bij de VS,
>
>> Het schijnt dat ze
>> regelmatig logeerden op het Witte Huis en vakanties hielden in de VS (bv.
>> Cape Cod).
>
> Ja, om in Ottawa te kom bly, het hulle baie na aan dieVSA gebring. Dis minder
> as een uur se ry reg suid, dan
> is jy in Noordelike New York Staat. (Met 'n direkte
> vlug tussen Ottawa en Washington, heelwaarskynlik
> ook maar net 'n uur of so.) Die Rooseveldts se
> landgoed in die middel van New York staat was seker
> ook maklik binne 'n paar uur per kar te bereik. Die
> vakansies op Cape Cod was miskien op die Kennedys
> se uitnodiging.
> Mens vergeet natuurlik ook dat daar geskiedkundige
> bande tussen Nederland en New York staat is. Vandaar
> die Rooseveldts se naam. En die baie plekname wat
> duidelik Nederlands is. As ek oor die grens gaan, verbeel
> ek my dat ek ook 'n Nederlandse intonasie in die Engels
> van die mense hoor.
>
> Gloudina
>
Re: Kanada en VSA [boodskap #31308 is 'n antwoord op boodskap #31306] Sa, 03 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Pat wrote:

> Gloudina, as jy so naby aan die grens is, is daar iets wat julle kom
> koop aan duskant wat goedkoper as daardiekant is? Dalk petrol. Ons hier
> in die suide betaal nou al $1.45 vir n gelling, bietjie aan die duur kant
> vir ons, maar seker ietwat goedkoper as in upstate N.Y.
>

Pat, die grens tussen Ontario en Up State New York
is 'n studie op sigself. Dit wissel met die jare, wat
aangaan. Net nadat Kanada die G.S.T. ('n value added
tax) ingevoer het, het duisende en duisende Kanadese
oor die grens gegaan om selfhulle inkopies te doen.
Daar het groot "malls" sommer so in die kaal haai
vlakte oopgemaak (byvoorbeeld naby Messina.) Nadat
die Kanadese regering die manier van die GST invorder
verander het, en die Kanadese dollar aanmerklik gedaal
het, het die strome mense opgehou (en nou staan al die
malls bietjie leeg.) Nou, met die Kanadese dollar so
laag, kom koop die Amerikaners hulle inkopies in Kanada,
waar hulle lekker waarde kan kry vir hulle Amerikaanse
dollar. Daar is ook 'n boom in ons toeriste-bedryf om
dieselfde rede.
Nog 'n ander rede hoekom daar 'n boom en bust
in Noordelike New York staat was, was omdat daar
'n First Nation reserve is in die St. Lawrence, wat half
in Kanada en half in die VSA is. Hulle het 'n groot
bingo hall en later casino daar gehad, en bussevol
toeriste het uit Kanada en die VSA daarheen gestroom.
Maar nou is daar skielik baie ander casinos op Indian
Reserves in die VSA en nou is daardie toeloop ook oor.
Daar is 'n groot casino in Windsor net oorkant die
rivier van Detroit af. Daar stroom die Amerikaners glo
nog elke aand oor. Ek dink die Windsor casino maak
iets soos 'n mijoen dollar per dag.
Een van die snaakste stories wat ek nog gehoor het
oor hoekom Amerikaners in Kanada kom shop is die
volgende: in die VSA het die federale regering, om water
te bespaar, die kapasiteit van water "cisterns" in die toilet
met 'n wet begin reel. Die Amerikaners kla dat hulle nie
genoeg water op 'n keer produseer nie, en kom koop
groteres in Kanada en gebruik dit dan (onwettig) in die
VSA.
Ons petrol is ook maar net so hoog soos op die
oomblik in die VSA.
Gloudina
Vorige onderwerp: Wat word van ons helde?
Volgende onderwerp: Radio Stasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:28:18 MGT 2024