Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Afrika Kontinent Ontwikkelings Inisiatief
Toekoms Advies vir: Afrika Kontinent Ontwikkelings Inisiatief [boodskap #31073] So, 28 Mei 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleids bestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

'n Baie spesiale dank aan die Rockerfeller en Kissinger
Foundations, die VSA, Britse en Sjinese Regerings, Verenigde
Nasies, Statebondsraad, EU lidlande en Regerings, IMF en Wereld
Bank, Escom, Farmaseutiese firmas, en menige ander Regerings en
Organisasies op die Planeet, veral G-7, G-8 en G-20 lidlande,
vir inisiatiewe om die vrede en voorspoed te verhoog vir menige
lande op die Afrika Kontinent. Asook die Libiese leier om
Zimbabwe te ondersteun, en vir ondersteuning gelewer om die
helderheid te verhoog aangaande die Lockerbie saak. Insluitend
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en
elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en elders op die
Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van die Afrika Kontinent asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Advies wat hier gelewer word, kan gesien word as die basis
bydrae vir die Afrika Kontinent, en die Afrika Renaissance. En
alle bydraes alreeds gelewer, en wat nog gelewer gaan word, as
sub-afdelings van hierdie bydrae. Veral bydraes aangaande die
Zimbabwe verkiesings inisiatief, Mosambiek Ontwikklings
inisiatief. En die miv+/vigs en miv+/vigs vrye gemeenskappe
bydrae.

En om hierdie belangrike bydrae te begin:

Stel voor om ontmoetings te verhoog met alle lande van die
Afrika Kontinent, veral Kenia, Libie, Nigerie en Zimbabwe.
Asook, om lidmaatskap aan die OAE te verhoog, om alle lande op
die Afrika Kontinent in te sluit, indien dit nie alreeds die
geval is.

Die rol van SAOG kan ook verhoog word, om die stu-krag agter die
Suid Afrikaanse en Afrika Renaissance in die geheel te word.

Stel voor die volgende ekonomiese streke / areas, om die vrede
en voorspoed vir die Kontinent in die geheel te verhoog. Om
Groep inisiatiewe te verhoog, op dieselfder tyd -

Libie - Noordelike en Noord Westelike Afrika. Lande wat grens
aan die Meditireense See.
Egipte - Noord Oostelike Afrika.
Nigerie - Westelike, Noord Westelike, Suid Westelike en Sentraal
Afrika.
Kenia - Oostelike, Noord Oostelike, Suid Oostelike en Sentraal
Afrika.
Zimbabwe - Suidelike en Sentraal Afrika.
Suid Afria - SAOG lidlande.
En later die DRK - Sentraal Afrika.

Ontmoetings kan ook verhoog word met alle Afrika lande. Asook
met Regerings en Ondersteunings Organisasies regoor die Planeet.
Vir besprekings aangaande die 2020 en daarna plan. Om die vrede
en voorspoed van persone van die Afrika Kontinent in die geheel
te verhoog. Asook, om oorvleuelde gebiede as gesamentlike
ondernemings te beskou. Handels betrekkinge kan ook verhoog word
tussen lande. Tot voordeel van deelnemers.

Die regverdigheid van die belasting stelsel kan ook verhoog
word, indien nodig. Afrika Regerings kan die aanwending van
publieke fondse verhoog om die infra struktuur te verhoog, asook
sosiale dienste.

Uitnodigings vir beleggings kan ook verhoog word. Om die
suksesse van die Suid Afrikaanse, en veral die Afrika
Renaissance te verhoog. Om die sukses te bereik wat dit
veronderstel om te wees. Prioriteit vir beleggings kan ook
verhoog word, vir persone van Afrika afkoms wat elders op die
Planeet bly. Veral Afro-Amerikaners, die Gemeenskap wat Pres.
Mbeki in Desember 1999 ontmoet het (Afro-Europeers ?), ens.

Meer effektiewe demokratiese beginsels kan ook verhoog word,
waar nodig. Wil voorstel, om die beginsels van demokrasie, veral
godsdienstige regte, in die grondwet van elke land, as per
werkende voorbeeld van ons Paradys te verhoog. Met of sonder die
hou van verkiesings. Verkieslik daarsonder, indien verkiesings
nie benodig word om die demokratiese beginsels te verhoog. Asook
vir Zimbabwe en Mosambiek, indien moontlik.

Medium en lang termyn visies vir die standardisasie van wette,
beleid en besigheids reels kan ook verhoog word, waar nodig. Om
gelykstaande te wees, indien moontlik. Vir alle lande buite ons
Paradys. Om die effektiwiteit te verhoog om met bg. lande
betrekkings te verhoog, vir Besigheids Vennote, Lande en/of
Regerings.

Die pad vervoer stelsel kan ook verhoog word, veral om
passasiers voertuie, op hoof asook binnelandse roetes te
verhoog, na en van enige land op die Kontinent. Die kwaliteit
van roetes kan eerste verhoog word. Daarna binnelandse roetes,
sodra fondse beskikbaar gestel word. Hoogstens aangeraai, om
die pad oppervlak bo grondvlak te verhoog, veral tydens reen
seisoene. Asook, om voorsiening te verhoog vir 4 baan deurpaaie
- 2 bane vir vragmotors, en 2 bane vir passasiers voertuie, wat
almal in dieselfde rigting beweeg.

Vragmotor staanplekke, en/of brandstof vulstasies en rusplekke
kan ook verhoog word. Met verblyf fasiliteite, waar moontlik. Om
met gemak te reis in 'n 4x4, en binnekort later in 'n passasiers
voertuig, van Kaap tot in Kairo, en/of Kaap na Tangier. En/of
regoor die Kontinent. Oos / Wes, en Noord / Suid hoofwee kan ook
verhoog word. Om vervoer in die algemeen te verhoog.

Die aantal lughawens, en lughawe kapasiteit kan ook verhoog word
by hoof sentra. Asook, om voorsiening te maak vir groeiende
ekonomiee. Lang termyn beplanning in hierdie gebied word
hoogstens aanbeveel.

Mens gemaakte binnelandse mere, riviere en damme kan ook verhoog
word. Veral in lande waar water hoog in aanvraag is, bv. DRK,
Kenia, Ethiopia, Eritrea, ens. Veral in lande aangrensend aan
die Sahara woestyn. Veral om landbou ekonomiee te verhoog, waar
nodig. Ondergrondse pyplyne kan ook verhoog word. Veral in droee
gebiede, indien enige. Asook regoor die Sahara woestyn, indien
moontlik. Die boor van water putte kan ook verhoog word, waar
benodig. Om die beskikbaarheid van water te verhoog. Verkieslik
vir elke land om sy eie water voorraad te besit - binnelandse
damme, riviere, water putte, ens. Asook om die opberging van
water, en water versuiwerings aanlegte te verhoog, waar en
wanneer nodig.

Hidro-elektriese krag aanlegte, asook kern krag aanlegte kan ook
verhoog word, waar moontlik. Om die verskaffing van
elektrisiteit te verhoog vir die Kontinent as geheel. Straat
ligte en lampe kan ook verhoog word, veral op hoof paaie, waar
nodig.

Vrede en voorspoed inisiatiewe kan ook verhoog word op die
Afrika kontinent, waar nodig. Veral in Sierra Leone, DRK,
Burundi, Ethiopia en Eritrea. En elders, waar nodig. Die
beskikbaarheid van land myne, indien enige, kan ook asemrowend
verminder word, d.m.v. radar, en ander moontlike skoonvee
tegnieke. Asook, om die aantal vuurwapens te verminder.

Eienaars van hoë kaliber vuurwapens, indien enige, kan versoek
word om dit in te handig by die naaste polisie stasie, sonder
vervolging. Asook om 'n register te hou van alle wettige
jagters. Lg. kan hoë kaliber vuurwapens toegelaat word, vir jag
doeleindes alleenlik, indien nodig.

Inisiatiewe kan ook verhoog word om te verseker wapens en
ammunisie word ingehandig by grens poste, wanneer persone reis
na aangrensende buurlande. En/of om te verseker die toelaatbare
getal oorskry nie die maksimum kwota wanneer daar na lande in
Afrika gereis word. Wette kan ook verhoog word om die veiligheid
en sekuriteit in lande in hierdie verband te verhoog.

Stabiliteit en sterkte van sekuriteits magte kan ook verhoog
word. Om die sekuriteit vir lande wat aan die Afrika Renaissance
deelneem, te verhoog. Die sekuriteit by grense, deur
registreerde sekuriteits magte, kan ook verhoog word. Om
vredevolle verhoudinge tussen lande te verhoog.

Die leen van tente kan ook verhoog word aan gemeenskappe, waar
aanvraag die beskikbaarheid van materiaal beskikbaar vir wonings
ver oorskry. Om tydelike verblyf te verskaf, wanneer voldoende
materiaal verhoog word om die bou van huise en woon kwartiere te
verhoog. Ruilhandel vir dienste gelewer, vir bou materiaal en
voedsel kan ook verhoog word. Vir families wat groei na formele
woon eenhede, indien nodig.

Die dreinering stelsel kan ook verhoog word. Om muskiete se
broei kanse te verminder, wat malaria, en ander siektes, indien
enige, versprei. Asook om inenting fasiliteite te verhoog, en om
die beskikbaarheid van benodigde medisyne te verhoog, by
lughawens, grensposte, en elders. Om die gesondheid van toeriste
wat Afrika besoek, te verhoog.

Landbou kan ook verhoog word in Afrika, afhangende van die
groeiende aanvraag van die groter Asiese markte. Veral die
verbouing van tropiese gewasse, bv. piesangs, tabak en suiker
riet. En ander gewasse, afhangende van plaaslike en planetere
aanvraag.

Voedsel programme kan ook verhoog word. Veral vir lande wat
deelneem om vredes inisiatiewe op die Afrika kontinent in sy
geheel te verhoog. En om streeks ondersteuning te verhoog vir
ander lande. Tot die voordeel van die Afrika kontinent in sy
geheel.

Vark boerdery, asook Rekenaar aanmekaarsit aanlegte kan ook
verhoog word. Veral in gebiede waar voldoende hulp bronne en
arbeid beskikbaar is. Om in die groeiende aanvraag in Sjina te
verskaf, soos wat daaroor berig is onlangs in die media. Asook,
om kontrakte in hierdie verband te verhoog.

Verbruikers goedere fabrieke, asook nuts industriee, kan ook
verhoog word. Asook winkels en klein handelaars. Om die
beskikbaarheid van verbruikers goedere in Afrika te verhoog,
waar nodig.

Plekke van Geestelike aanbidding, kulturele sentrums, Afrika
kunste en vaardighede, insluitend Inligtings Tegnologie onderwys
en opleiding sentra kan ook verhoog word. Om die sosiale waarde
van persone in elke land te verhoog. Uitnodigings aan
internasionale sprekers - godsdienstig en motiveerings - kan ook
verhoog word. Om die vrede en voorspoed van persone te verhoog.
Veral om 'n voorspoedige uitkyk op die lewe te verhoog.

'n Organisasie kan ook gevorm word, indien een nie alreeds
bestaan, vir Sangomas en Kulturele leiers om die uitbreiding van
die historiese aspek van die Afrika gemeenskap in sy geheel te
verhoog. Asook om aansporings middele te verhoog, om persone van
Afrika afkoms te bemagtig aangaande kennis van hulle afkoms.
Veral vir persone van Afrika afkoms, en andere wat in Afrika
reis vir hierdie rede.

Werwing van eksterne diens versswartes ("outsourcing") kan ook
verhoog word in lande. Om werk te verskaf vir werkers van ander
lande wanneer aanvraag vir produkte hoog is, bv. produkte
afhanklik aan seisoen veranderinge. Veral vanuit ons Paradys,
gedurende die periode 2004 tot omtrent 2008, indien nodig. (Vir
diegene wat oë het om te sien, en ore het om te hoor.)
Kontraktuele aanpasbaarheid kan ook verhoog word, om na die
Paradys terug te keer op versoek van die betrokke werknemer. Wat
ook al die beste opsie in die geval is.

Dubbele burgerskap kan ook verhoog word, vir burgers van Afrika
lande. Behalwe in bg. geval, indien moontlik. Om die betaling
van belasting te verhoog aan lande waar salarisse en/of lone
ontvang word.

Die oordrag van publieke fondse in persoonlike rekenings kan ook
verhoog word na publieke fondse, indien van toepassing. Asook,
om politieke punte te verhoog vir diegene wat nie aan sulke
handelings deelneem. Verdere advies, indien enige, kan later in
die verband gelewer word, indien nodig.

Lenings aan Afrika lande, veral Suid en Suid-Wes van die Sahara,
die monitor van die aanwending van fondse, en terugbetaling van
skuld, indien enige, kan ook verhoog word, waar en wanneer
nodig. Ten voordeel van alle partye wat deelneem in die verband.

Hoogstens aangeraai, om die teenwoordigheid van vrugte plase in
die Kaap in ons Paradys te verhoog. Asook om die aantal vrugte
plase, vark boerdere, en Rekenaar aanmekaarsit aanlegte in ons
Paradys te verhoog. Om aan die toenemende aanvraag te voldoen in
die nabye toekoms vir lande wat deelneem aan die Afrika
Renaissance, asook die groter Afrika Kontinent Renaissance.
Asook Sjina, Asie, en elders, waar nodig. Potensieele kontrakte
kan in die verband ook verhoog word, na suksesvolle afhandeling
van ontmoetings.

Mynbou inisiatiewe kan ook asemrowend verhoog word. Veral
diamant, ru olie, goud, yster erts, koper, platina, en ander
mynbou inisiatiewe. Om werks geleendhede in Afrika lande te
verhoog. Tot die voordeel vir alle lande wat betrokke is,
afhangende van die verbruikers aanvraag plaaslik en
internasionaal.

Toerisme, veral agro-toerisme inisiatiewe kan ook verhoog word.
Asook skuba duik, en ander see ontspannings aktiwiteite, langs
kus gebiede.

Asook, om die aantal nasionale parke, wild plase en diere tuine
te verhoog. Die aantal olifante, en ander wild soorte kan ook
verhoog word. Bush Gardens (Florida, VSA) tipe vermaaklikheids
fasiliteite kan ook verhoog word. Veral om toerisme in Afrika te
bevorder.

Akkommodasie en ander fasiliteite kan ook verhoog word, in alle
kategorieë. Om voorsiening te maak vir "backpakers", asook
begroting, medium en hoë vakansie opsies. Asook om self-onthaal
fasiliteite te verhoog. Insluitend verhoging van sport en
ontspannings geriewe, bv. golf bane, tennis bane, swem baddens,
ens. Winkel sentrums, met teaters, asook ope lug markte kan ook
verhoog word.

Asook om Lande wat aan hulp verleniging deel neem in Afrika, se
Hotel groepe prioriteit te verleen om gesogte gebiede te kies om
ekslusiewe hotelle met casinos daar op te rig.

Die sekuriteit situasie kan gedurend monitor word. Asook die
beweging van toeriste in Afrika. Strenge sekuriteits beheer
maatreels kan ook verhoog word. Asook om see patrollies te
verhoog. Om algehele sekuriteit in Afrika te verhoog.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Vervoer van goedere kan asemrowend verhoog word.
Infra struktuur om miv+/vigs, TB, kanker, malaria en ander
siektes te bekamp, kan asemrowend verhoog word.
Asemrowende uitvoer mark potensiaal.
Werks geleendhede kan asemrowend verhoog word, in menige lande
op dieselfde tyd.
Ekonomiee, en potensieele ekonomiee, kan asemrowend verhoog
word.
Terug betalings van lenings kan asemrowend verhoog word.
Toerisme, en verwante industriee kan asemrowend verhoog word,
veral in afgelee gebiede.
Hotel groepe van lande wat betrokke is om hulp en ondersteuning
te lewer, kan oorsese geldeenheid verdien vir Afrika
eko-toerisme vakansie pakkette.
Profyte kan asemrowend verhoog word.
Ontwikkeling kan asemrowend verhoog word in Afrika in die
geheel.

Gesogte bestemmings vir menige Europeers, en persone van ander
lande kan asemrowend verhoog word.
Die ekonomie van die Afrika Kontinent kan asemrowend stimuleer
word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance, asook die Afrika
Kontinent Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Interessant om te weet:
Die reisiger glo daar is nie minder as 3 lande noord van die
Limpopo met dieselfde gemaklikheid om minerale te ontgin, as in
ons Paradys. Soos aangeteken in die profesiee van wyle Siener
van Rensburg, en moontlik andere ook. En moontlike myn verslae
aangaande die beskikbaarheid van minerale in Afrika, elders
voorgele op die Planeet. Veral in die DRK en Zambia. Indien ru
olie in ons Paradys - heel onverwags - gevind kan word, kan dit
verwag word dat ander minerale gevind kan word, namate tyd
verbygaan. Veral met die nuutste tegnologie om navorsing in die
verband te kan lewer.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van Afrika, en elders op die Planeet, met Prag en Praal,
Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle
Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Vorige onderwerp: Paul Bester....
Volgende onderwerp: afrika renaissance
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 20:27:05 MGT 2024