Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Spelgenoot" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Spelgenoot" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #30941] Wo, 24 Mei 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

SPELGENOOT
Louis Esterhuizen

Na vele jare het die reflekse
moeg geword daarvan om die gesig
se beeld
gewroeg te hou. Die reflekse
het deur die gesig na vore getree -
Leser geword
en elders heen gegaan.

Kom terug, liewe leser,
het die gesig agterna geroep (maar
sonder reflekse veryl in die puin
van woorde). Kom terug, kom terug -
Ek sal die spel van wanbegrip
staak
op die man af skryf
my taal stroop van aangekoekte metafoor
en simboliek. Ek sal drie koppe kweek
dans
net vir jou kom ek terug ek sal sing
grappies maak

Sonder jou is ek niks,
geen gesig. Bestaan ek nie -

En die reflekse het na die gesig
teruggekeer en die reflekse was koning
vir die duur van die spel

en het geheers
Vorige onderwerp: Vir Meester Phat
Volgende onderwerp: Engels op die groep!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 04:37:38 MGT 2024