Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Howard Dean
Howard Dean [boodskap #3086] Do, 04 Desember 2003 20:08 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat dink jy van hom Katryn?

Lorinda
Re: Howard Dean [boodskap #3089 is 'n antwoord op boodskap #3086] Do, 04 Desember 2003 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Wat dink jy van hom Katryn?

Nogal baie. ;-)
Eugene (waar *is* daai man in elkgeval?), is die persoon wat al
voorspel het dat hy die beste van al die kandidate is, nog lank voor
hulle ernstig begin "campaign" het. Ek was aan die begin maar baie
skepties, want daar is 'n hele paar aspekte waar ek nie met hom
saamstem nie. Maar ek dink hy is intelligent met logiese denke, is
fiskaal konserwatief, maar sosiaal liberaal. Dit is my tipe van
kandidaat! ;-)
My eerste keuse is John Kerry, maar Dean is 'n baie sterker kandidaat.
Ongelukkig is die Clintons baie sterk gekant teen Dean (iets wat ek
nog nie heeltemal kon begryp of verstaan nie, en buitendien dink ek
dat Hilary Clinton baie sleg sal wees as president vir Amerika. Ek
hoop werklik nie sy gaan haarself beskikbaar stel nie. Dalk sal ek
anders voel teen 2008 wanneer sy WEL gaan run. Maar sy laat my
ongemaklik voel (as presidentiele kandidaat) Ek dink as mens en as
seantor, is sy heel nice.).
Daar word nou so baie modder gegooi na Dean dat ek dink die media nie
meer die "mens" agter die kandidaat so goed uitbring nie.
Dean het my veral beindruk met sy openlike standpunt teen Israel - die
ENIGSTE kandidaat wat kon insien dat Amerika nie kant mag kies nie.
Okay, laat ek ophou babbel.
In kort, ek glo dat Howard Dean 'n uitstekende president vir ons sal
wees.


Wat dink jy? Word hy daar by julle ook so swart gesmeer soos hier?
Re: Howard Dean (oeps - GROOT fout - regstelling) [boodskap #3093 is 'n antwoord op boodskap #3089] Do, 04 Desember 2003 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:

> Dean het my veral beindruk met sy openlike standpunt teen Israel - die
> ENIGSTE kandidaat wat kon insien dat Amerika nie kant mag kies nie.

Dit is nie veronderstel om te klink asof hy TEEN Israel is nie. Hy is
nie gekant teen Israel nie, maar hy het gesê dat Amerika moet neutraal
wees in daardie konflik en nie so openlik kant kies soos op die
oomblik die geval is nie.
Tradisioneel kry die Demokrate baie stemme van die Joodse bevolking
hier in Amerika, en so standpunt wys vir my dat hy dit guts het om
radikaal anders te wees as sy voorgangers, hetsy Repug of Dem.
Sy woorde was:
"it is not our place to take sides in Middle East negotiations and
that Israel would need to dismantle an enormous number of West Bank
settlements."
Re: Howard Dean [boodskap #3115 is 'n antwoord op boodskap #3089] So, 07 Desember 2003 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
>
> Wat dink jy? Word hy daar by julle ook so swart gesmeer soos hier?

Nee, hier word hy voorgestel as 'n goeie kandidaat. Ons hoor egter nie
veel van die ander kandidate nie, dis so amper asof hy die enigste een
nie (dis waarom ek jou gevra het wat jy van hom dink, want ons hoor
van niemand anders nie).

Lorinda
Re: Howard Dean (oeps - GROOT fout - regstelling) [boodskap #3116 is 'n antwoord op boodskap #3093] So, 07 Desember 2003 00:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Katryn wrote:
>
>> Dean het my veral beindruk met sy openlike standpunt teen Israel - die
>> ENIGSTE kandidaat wat kon insien dat Amerika nie kant mag kies nie.
>
> Dit is nie veronderstel om te klink asof hy TEEN Israel is nie. Hy is
> nie gekant teen Israel nie, maar hy het gesê dat Amerika moet neutraal
> wees in daardie konflik en nie so openlik kant kies soos op die
> oomblik die geval is nie.
> Tradisioneel kry die Demokrate baie stemme van die Joodse bevolking
> hier in Amerika, en so standpunt wys vir my dat hy dit guts het om
> radikaal anders te wees as sy voorgangers, hetsy Repug of Dem.

Dit is inderdaad braaf, enige kritiek teen Israel lok gewoonlik 'n
sterk reaksie uit. Onthou jy daai artikel uit die Wall Street Journal
wat iemand eenkeer geplaas het waarin beweer is dat die BBC so
anti-Israel is dat dit anti-semities is!! Ek was baie verbaas, totdat
ek besef het dat hulle geen kritiek teenoor Israel sou duld nie.

Lorinda
Re: Howard Dean [boodskap #3139 is 'n antwoord op boodskap #3115] Di, 09 Desember 2003 01:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Nee, hier word hy voorgestel as 'n goeie kandidaat. Ons hoor egter nie
> veel van die ander kandidate nie, dis so amper asof hy die enigste een
> nie (dis waarom ek jou gevra het wat jy van hom dink, want ons hoor
> van niemand anders nie).

Ah, 'kay. Dit sal interessant wees om te hoor wat julle nuusmedia
berig oor die presidentiële kandidate tydens die primaries. Dalk is
dit 'n beter indikasie van wat gaan gebeur as wat ek hier kan vorm.
;-)

Ek hoor ook vandag dat Gore vir Dean gaan "endorse". Dit sal baie
beteken vir die Dean span IMO. Maar ek reken dat Lieberman wat saam
met Gore as lg. se vise-president, verkiesbaar was vir die 2000
eleksie, sal seker bietjie suur wees hieroor.
Lieberman is een van my minder gunsteling kandidate. Reg daar met
Dick Gephardt.
Ek hou nogal baie van die Southern outjie, John Edwards (kyk na sy
foto op die skakel hieronder). Maar hy staan nie 'n kans nie. Dis
net die ouens met geld wat werklik 'n kans staan.

Dit sal baie interessant wees om te sien wat gaan volgende maand
gebeur in die "primaries" van New Hampshire, wat 'n sleutel staat is,
en dus baie belangrik vir Dean om die nominasie daar te wen teen die
Missouri Rep. Richard Gephardt.

Terloops as jy dalk belangstel, hier is 'n skakel met foto's en so aan
van die kandidate:
http://www.politics1.com/p2004.htm
Re: Howard Dean (oeps - GROOT fout - regstelling) [boodskap #3142 is 'n antwoord op boodskap #3116] Di, 09 Desember 2003 02:04 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Dit is inderdaad braaf, enige kritiek teen Israel lok gewoonlik 'n
> sterk reaksie uit. Onthou jy daai artikel uit die Wall Street Journal
> wat iemand eenkeer geplaas het waarin beweer is dat die BBC so
> anti-Israel is dat dit anti-semities is!! Ek was baie verbaas, totdat
> ek besef het dat hulle geen kritiek teenoor Israel sou duld nie.

Ek onthou baie goed. ;-) Ek wens net jy wou destyds iets gesê het,
maar selfs ek bly ook maar deesdae nou net stil. Dit help tog nie -
daardie ouens glo wat hulle wil glo en sal net tydskrifte en koerante
lees wat hulle sienings bevestig en beaam. So dit help tog nie om te
stry nie. ;-(
Vorige onderwerp: http://www.vlaamsblok.be/
Volgende onderwerp: Engels/Afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:12:40 MGT 2024