Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Gekke Doodsvlug"
"Gekke Doodsvlug" [boodskap #30659] Wo, 17 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gekke doodsvlug
Philip de Bruin


Opsienbarende nuwe getuienis wat bewys dat die Helderberg, die SAL-vlug wat op
28 November 1987 naby die kus van Mauritius in die Indiese Oseaan neergestort
het, 'n "dodelike" vrag aan boord gehad het, het in Amerika aan die lig gekom.

Die getuienis is deur die Amerikaanse Forensic Audio Laboratory (FAL) met hoogs
gesofistikeerde tegnologie (wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie) van die
Helderberg se vlug opnemer verkry.

Die FAL word in Amerika as een van die gesaghebbendste forensiese laboratoriums
beskou en is gekontrakteer om forensiese ontledings vir die Amerikaanse
departement van justisie te doen.

Die Suid-Afrikaanse burgerlugvaart-owerheid (BLO) is reeds laat eergister oor
die nuwe getuienis in kennis gestel en het onmiddellik met 'n ondersoek begin.

"Omdat ons nie oor dieselfde tegnologiese hulpmiddels as die FAL beskik nie,
sal ons waarskynlik binnekort een van ons amptenare na Amerika stuur om self na
die nuwe getuienis te gaan luister," het mnr. George Uriesi, bestuurder van
lugvaartveiligheid van die BLO , gistermiddag gesê.

"Hierdie is 'n dramatiese en belangrike ontwikkeling in die Helderberg-sage en
gaan waarskynlik daarop uitloop dat die hele ondersoek na die ramp ná dertien
jaar heropen word."

In die geregtelike ondersoek wat kort ná die ramp, waarin 159 mense gesterf
het, deur oud-regter Cecil Margo gedoen is, kon 21 minute van die gesprekke op
die vlugopnemer nie as getuienis toegelaat word nie omdat dit geheel en al
onhoorbaar was.

Dit is nege minute van dié getuienis wat die FAL nou met hul tegnologie kon
ontwar.

Daarvolgens lig die vlugkaptein, kapt. Dawie Uys, op 8 minute en 24 sekondes
van die nou herwonne opname sy vlugpersoneel in dat 'n "dodelike vrag agter in
die vliegtuig vervoer word".

Op 11 minute en 47 sekondes spreek 'n lid van die bemanning sy misnoeë uit oor
"die gekheid" dat die betrokke vrag hoegenaamd op die vliegtuig vervoer word.

Die implikasies van dié nuwe getuienis is, volgens 'n regskenner, "enorm".

"Om maar een ding te noem - naasbestaandes van die oorledenes kan eise van
miljarde rande teen die SAL instel as dit waar bewys word."

Mnr. Neels van Wyk, 'n oud-Suid- Afrikaner wat sedert 1997 permanent in Amerika
woon, het 'n afskrif van die vlugopname aan die FAL vir die ontleding besorg.

Van Wyk het, toe hy nog in Suid- Afrika was, die Helderberg-ramp ondersoek en
het in die proses verlof gekry om die oorspronklike vlugopname onder die
persoonlike toesig van die destydse hoof van burgerlugvaart, mnr. Rennie van
Zyl, te kopieër.

Van Wyk het gister uit Amerika gesê hy was vasbeslote om met sy ondersoek voort
te gaan, maar kon die forensiese ontleding deur die FAL nie bekostig nie.

Ná meer as twee jaar het mnr. Richard Price, 'n Britse sakeman, onlangs
ingestem om vir die FAL se ontleding te betaal op voorwaarde dat hy (Price) die
rolprent- en boekregte kry.

"Dit is nou gebiedend noodsaak lik dat die Suid-Afrikaanse regering die
oorspronklike opname na Amerika bring ," het Van Wyk gesê.

Hy het reeds verlede jaar die gewese minister van vervoer, mnr. Mac Maharaj,
versoek om 'n amptenaar na Amerika te stuur om aan die proses van die FAL deel
te neem, maar Maharaj het geweier.

Uriesi sê nou daar bestaan geen rede om die integriteit van die FAL of dié se
bevindinge in twyfel te trek nie. Hy meen die oorspronkli ke opname moet
dadelik na Amerika gebring word.

Mnr. Victor Nosi, senior skakelbestuurder van die SAL, het gisteraand gesê alle
nuwe inligting oor die Helderberg moet aan die BLO of die kantoor van die
minister van vervoer deurgegee word. Vliegtuigongelukke word deur hierdie
instansies ondersoek.
Re: "Gekke Doodsvlug" [boodskap #30707 is 'n antwoord op boodskap #30659] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou watter een van die onskuldige mense wat dood is verwys jy na as jy van
suurstofdiewe praat.

Ek dink dat dit in uiterse swak smaak is. Hoe sal jy gevoel het as dit
familie van jou was wat gedood was

Reenen van Niekerk

Charles van der Wath skryf in boodskap news:zCFU4.3799$J06.47010@news6-win.server.ntlworld.com...
>
>
>> Opsienbarende nuwe getuienis wat bewys dat die Helderberg, die SAL-vlug
wat
> op
>> 28 November 1987 naby die kus van Mauritius in die Indiese Oseaan
> neergestort
>> het, 'n "dodelike" vrag aan boord gehad het,
>
> en dit was....
>
> twee suurstofdiewe!!
>
Re: "Gekke Doodsvlug" [boodskap #30708 is 'n antwoord op boodskap #30659] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Charles van der Wath  is tans af-lyn  Charles van der Wath
Boodskappe: 49
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Volle Lid
> Opsienbarende nuwe getuienis wat bewys dat die Helderberg, die SAL-vlug wat op
> 28 November 1987 naby die kus van Mauritius in die Indiese Oseaan neergestort
> het, 'n "dodelike" vrag aan boord gehad het,

en dit was....

twee suurstofdiewe!!
Re: "Gekke Doodsvlug" [boodskap #30709 is 'n antwoord op boodskap #30659] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja,hulle het die enjins gesteel.

Charles van der Wath wrote:

>> Opsienbarende nuwe getuienis wat bewys dat die Helderberg, die SAL-vlug wat
> op
>> 28 November 1987 naby die kus van Mauritius in die Indiese Oseaan
> neergestort
>> het, 'n "dodelike" vrag aan boord gehad het,
>
> en dit was....
>
> twee suurstofdiewe!!
Vorige onderwerp: Re: Black is boring (en seks en drugs en buitelandse skuld en swak vertalings.)
Volgende onderwerp: raar Nederlands !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 18:11:32 MGT 2024