Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Indwe" deur FERDI GREYLING
"Indwe" deur FERDI GREYLING [boodskap #30607] Di, 16 Mei 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Indwe
Ferdi Greyling

In die lig
van 'n silwer maan
flits die dam donker.

Op swart water
dryf die maan
onder koue sterre.

As die water roer,
breek die maan.
Soos ys verstil die nag.

Solied lê die lug
yskoud en oneindig
om die blink sterre.
Vorige onderwerp: Uit "Klipwerk" deur N.P. van WYK LOUW
Volgende onderwerp: "Kak" deur Git
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 18:15:46 MGT 2024