Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaans Theatre
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30495] Do, 11 Mei 2000 00:00
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hoeveel kos dit? Is dit duur? Is daar parkering? Is my kar veilig?
Hoe lank duur die show? Kan ek kos invat? As ek sulke vrae het, is
daar 'n pamflet vir my iewerster beskikbaar?

Peter skryf in boodskap news:05108cf7.1d7e7e2f@usw-ex0106-048.remarq.com...
> My naam is Peter Terry; ek is die hoof van die Drama-afdeling hier by
> die Staatsteater Pretoria.
>
> Ek is besig om nuus omtrent ons nuutste drama op die internet te
> versprei en die boodskap hieronder is in Engels. Ek vra verskoning
> daarvoor, maar dis tog deesdae die maklikste / algemeenste taalmedium...
>
> Wat my vreeslik baie pla is die feit dat Afrikaanssprekende mense nie
> eintlik hulle eie toneel ondersteun nie. Ja, goed, ons kry goeie gehore
> vir komedies soos Vettie Vettie! en dies meer, maar as dit kom by
> ernstige goed - nie eers arty-farty goed nie, maar ERNSTIGE goed, dan
> bly die Boere weg!
>
> Ek weet mens kry die regering wat jy verdien, maar dit lyk my ons gaan
> binnekort die teater kry wat ons verdien ook - dws absoluut g�ffffc3�ffff83�ffffc2�ffffa9�ffffc3�ffff83�ff ffc2�ffffa9n teater
> nie.
>
> Hierdie nuwe toneelstuk by die Staatsteater is regtig goeie teater -
> goeie akteurs, regie ens, goeie teks : toeganklik, prikkelend,
> interessant, eg, eerlik... alles wat goeie teater maak. Dis nie iets
> vir jaded palates nie. Dis nie skop skiet en donner nie. Net 'n mooi,
> deernisvolle blik op ONS mense en ONS geskiedenis. Niemand word
> uitgebeeld as pure held of pure skurk nie, en dit is nie holruggeryde
> polemiek nie. Dit eis dat Afrikaners dit moet sien.
>
> Ag, ek kan vir ure so aangaan, maar ek sal stilbly. Maar, regtig,
> Afrikaanse mense, dis omtrent julle laaste kans om professionele teater
> soos hierdie te ervaar.
>
> Lees maar verder...
>
> We have a new play on, called SKROOT, which deals with the Boer War,
> and ought to be of interest to people on this site, particularly those
> in the Gauteng area.
>
> We offer special discounts for block bookings. For more information,
> please contact our website (www.statetheatre.co.za) or phone us at 012
> 322 1665. (Skroot is scheduled to perform nightly at 20:00 in the Arena
> at the State Theatre.)
>
> Thank you
>
> Peter Terry (media release follows below)
>
> Skroot is set in a British concentration camp in the Anglo Boer South
> African War and is historic drama at its best, dealing in a poignant
> way with the human anguish of the conflict that still has an effect on
> the way people live their lives in South Africa.
>
> "Skroot" means scrap metal, or shrapnel, and is a metaphor for the
> destruction and devastation which affects all the characters in the
> play - British, Boer and Black.
>
> Bloemfontein playwright Nico Luwes has based his play on actual
> historical events, and there is the ring of truth to a startling story
> of love, hate, revenge, forgiveness and reconciliation which is
> guaranteed to touch the heartstrings.
>
> The conflicting perspectives of an idealistic young British doctor, and
> his cynical superior officer are juxtaposed with the
Boers�ffffc3�ffffa2�ffffe2�ffff82�ffffac�ffffe2
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30496 is 'n antwoord op boodskap #30495] Do, 11 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Peter wrote in message ...
> My naam is Peter Terry; ek is die hoof van die Drama-afdeling hier by
> die Staatsteater Pretoria.
>
> Ek is besig om nuus omtrent ons nuutste drama op die internet te
> versprei en die boodskap hieronder is in Engels. Ek vra verskoning
> daarvoor, maar dis tog deesdae die maklikste / algemeenste taalmedium...

Wel meneer Terry, as dit jou houding oor Afrikaans is, dan kan jy en jou
Staatsteater maar in julle m**r in vlieg, ek sal my 'kultuur' op 'n ander
plek gaan soek.

Dries Venter
Re: Afrikaans Theatre [boodskap #30497 is 'n antwoord op boodskap #30495] Do, 11 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Peter wrote:

> My naam is Peter Terry; ek is die hoof van die Drama-afdeling hier by
> die Staatsteater Pretoria.
>
> die boodskap hieronder is in Engels. Ek vra verskoning
> daarvoor, maar dis tog deesdae die maklikste / algemeenste taalmedium...
>
> Ek weet mens kry die regering wat jy verdien
>

Meneer Terry, vir 'n staatsdiensamptenaar maak jy
hierbo twee onvergeeflike faux pas. Jy is in diens
van die regering en behoort nie aanmerkings te maak
ten gunste van een of ander landstaal nie. Jy behoort
ook nie smalende aanmerkings te maak soos "ek
weet mens kry die regering wat jy verdien"nie. Die
laasgenoemde opmerking is in alle geval pure
nonsens. Het die nie-blanke deel van die Suid-
Afrikaanse bevolking gedurende die apartheids-
jare die regering gekry wat hulle verdien het?
Moenie snert praat nie.

Tant Alie (wat om die draai kom)
Vorige onderwerp: Boetman gooi 'n tantrum
Volgende onderwerp: Re: boesak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:40:01 MGT 2024