Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plaaslyn stories
Plaaslyn stories [boodskap #30098] Ma, 24 April 2000 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Kyk nou net na al die stories en threads hier op die nuus groep.

Laat my sommer dink aan my kinderdae met 'n plaastelefoon. Een van daai
een-kort-drie-lang luie en almal weet daar's iets om af te luister...

My ma vertel die storie:
Hier in die oorlog jare (39-45) werk sy toe op die 'sentrale'. Nou saans
bel iemand uit die dorp vir familie op die plaas. Nou moet die 'sentrale'
eers die lyn 'optel', en dan vir die lot wat op die lyn kuier sê: "Ek het 'n
oproep vir julle, sit neer lat ek kan lui."
Voor die tyd het hulle so periodiek geluister wat op die lyn aangaan net om
te kan weet of die lyn besig is: Sy sê dan sit die ou spul en klets op die
lyn. Niemand het 'n slinger gedraai om vir die ander te lui nie, nee
hulle't maar so 'bygekom' soos die lot nou klaar ge-eet en boek gevat het.
Sal een nou sê: "
Wonder of Jan Grootoog al slaap?
Nee wat! Wie wil dan nou gaan slaap. was nog nie eers nuus oppie Kaap nie!
Hei ou Koos, het jy gehoor van oom Gaffie en die galdeers?"
So praat die ou spul dan totdat daar nou 'n regte oproep deurkom, of tot
hulle so een na die ander kooi toe gaan.
In daardie jare was die "Kaap" die afrikaanse diens van die SAUK, en
streeknuus en sekere programme is vanaf Kaapstad uitgesaai.
Oom Gaffie het eenkeer by die plaaswinkel aangeloop gekom in daai jare. (Het
net bokant die winkel geboer) Net mooi in die tyd van D-Day toe die
Geallie�rde magte Frankryk ingeval het.
Sit hy daar in die winkel en luister na die praatjies wat almal nou maak.
Seg hy ook so tussen deur:
"Ja, en daar lees ek en die ouvrou toe gist'raand oor die Galde�rs, en net
na ons klaar gebid en gesing het sit sy die draadloos aan, en daar hoor ek
toe maar die galdeers het toe wragtag vir hiekler ok aangeval! Glo in
Frankryk aan land gegaan. Maar ek had niks van skepe gistraand gelees nie!"
Einste oom Gaffie se "Case trekter wat op perlifienk loop"

En nou het ek teruggegaan in die verlede, en die vraag is: Wie kan dit nog
onthou? Kom nou, moenie skaam wees nie: Mens sien tog nie die bleskoppe en
die gryskoppe deur die nuusgroep nie!!

Grys en bles Thys vannie Kaap
Re: Plaaslyn stories [boodskap #30160 is 'n antwoord op boodskap #30098] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Oom Thys, ek hoor nou skielik die .. grandfather clock?.. op Oupa se
jonger boetie se plaas, wat eers oupagroetjie s'n was. Dit was nie Oom se
oudae, nie, maar daardie plek was stil en rustig ritmies met volle lewe.
Oupagroeitjie het blykbaar geweier om enigiets met daai moderne telefone te
doene te hê nie, in sy tyd, en in Oom Leslie se tyd was die telefoon nes die
een wat Oom nou beskryf. Tortelduifstilte, en binne in die huis, die tyd wad
hardop, maar sonder haas gemeet was.

Nou kom die snelweg branderklank terug in hierdie huis weer in. Vir my klink
dit soos die see, en dit raas net so onophoudelik. Elke dag verloor ons meer
van die mense wie se oë iets doe-----r (ku------de; 'n saamloop?) in die
hemel altyd raaksien. Hemeloë word van die aarde af gedryf deur vinnige oë,
beskermde oë, ens. Die wat die taal goed ken sou seker 'n mooi ooglys kon
opstel.

Thys de Wet skryf in boodskap news:3904acf4.0@news1.mweb.co.za...
> Kyk nou net na al die stories en threads hier op die nuus groep.
>
> Laat my sommer dink aan my kinderdae met 'n plaastelefoon. Een van daai
> een-kort-drie-lang luie en almal weet daar's iets om af te luister...
>
> My ma vertel die storie:
> Hier in die oorlog jare (39-45) werk sy toe op die 'sentrale'. Nou saans
> bel iemand uit die dorp vir familie op die plaas. Nou moet die 'sentrale'
> eers die lyn 'optel', en dan vir die lot wat op die lyn kuier sê: "Ek het 'n
> oproep vir julle, sit neer lat ek kan lui."
> Voor die tyd het hulle so periodiek geluister wat op die lyn aangaan net om
> te kan weet of die lyn besig is: Sy sê dan sit die ou spul en klets op die
> lyn. Niemand het 'n slinger gedraai om vir die ander te lui nie, nee
> hulle't maar so 'bygekom' soos die lot nou klaar ge-eet en boek gevat het.
> Sal een nou sê: "
> Wonder of Jan Grootoog al slaap?
> Nee wat! Wie wil dan nou gaan slaap. was nog nie eers nuus oppie Kaap nie!
> Hei ou Koos, het jy gehoor van oom Gaffie en die galdeers?"
> So praat die ou spul dan totdat daar nou 'n regte oproep deurkom, of tot
> hulle so een na die ander kooi toe gaan.
> In daardie jare was die "Kaap" die afrikaanse diens van die SAUK, en
> streeknuus en sekere programme is vanaf Kaapstad uitgesaai.
> Oom Gaffie het eenkeer by die plaaswinkel aangeloop gekom in daai jare. (Het
> net bokant die winkel geboer) Net mooi in die tyd van D-Day toe die
> Geallie�rde magte Frankryk ingeval het.
> Sit hy daar in die winkel en luister na die praatjies wat almal nou maak.
> Seg hy ook so tussen deur:
> "Ja, en daar lees ek en die ouvrou toe gist'raand oor die Galde�rs, en net
> na ons klaar gebid en gesing het sit sy die draadloos aan, en daar hoor ek
> toe maar die galdeers het toe wragtag vir hiekler ok aangeval! Glo in
> Frankryk aan land gegaan. Maar ek had niks van skepe gistraand gelees nie!"
> Einste oom Gaffie se "Case trekter wat op perlifienk loop"
>
> En nou het ek teruggegaan in die verlede, en die vraag is: Wie kan dit nog
> onthou? Kom nou, moenie skaam wees nie: Mens sien tog nie die bleskoppe en
> die gryskoppe deur die nuusgroep nie!!
>
> Grys en bles Thys vannie Kaap
>
Vorige onderwerp: Phatti = ou Suid-Afrika?
Volgende onderwerp: Kommunikasie: Kuns of 'n Klug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:25:31 MGT 2024