Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doodstraf
Doodstraf [boodskap #29963] Wo, 19 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
misdade.

Ek voel dat die doodstraf ingestel kan word vir sekere misdade.

Die eerste misdaad is die vir verkragting veral die van kinders.Dit is n
uiterse siek persoon wat n kind verkrag.Verkragting is in die algemeen n
siek misdaad. Ek kan nie sien watter plesier dit is om n kind van 2 en 3
jaar te verkrag nie, Die siekste is n man wat sy eie kind kan verkrag.Sulke
mense hoort nie in die samelewing nie.

Sekere gevalle van moord veral op polisiebeamptes. Polisiemanne oor die hele
wereld is altyd n teiken. Ek dink die lande waar die meeste polisiemanne
vermoor word is in Suid Afrika en Amerika.

Nou word gese dat die persone wat die misdade gepleeg het sekere regte het.
Maar my sienning is die vrou en die kind wat verkrag was het mos ook die reg
gehad om nie verkrag te word nie. In my 18 jaar in die polisie het ek baie
verkragting sake ondersoek en baie van kinders spook nog by my. En die
persone loop al weer buite rond maar haar lewe is vir altyd verwoes.

Dink julle die doodstraf is regverdig in seker gevalle of wat dink julle
moet met sulke siek mense gedoen word.

Hoe weeg mens die regte van die persone op

Ek hoop om redelike opinies te hoor op die onderwerp

Reenen van Niekerk
Re: Doodstraf [boodskap #29992 is 'n antwoord op boodskap #29963] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:38fe1a59.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
> misdade.
>
> Ek voel dat die doodstraf ingestel kan word vir sekere misdade.
>
> Die eerste misdaad is die vir verkragting veral die van kinders.Dit is n
> uiterse siek persoon wat n kind verkrag.Verkragting is in die algemeen n
> siek misdaad. Ek kan nie sien watter plesier dit is om n kind van 2 en 3
> jaar te verkrag nie, Die siekste is n man wat sy eie kind kan verkrag.Sulke
> mense hoort nie in die samelewing nie.

Ek voel dat sogenaamde heteroseksualiteit die grootste perversie ooit
is. Ek kan my net indink hoe grillerig dit moet wees vir daardie arme
hetero mans om hul totties in vroue se fiefies te steek... ek dink
heteroseksualiteit moet die doodstraf kry.
Re: Doodstraf [boodskap #29993 is 'n antwoord op boodskap #29963] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Reenen van Niekerk wrote in message
...
> Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
> misdade.

En ek wil graag voorspel dat Reenen weer die volgende soort van
ding gaan kwytraak oor enigiemand wat nie dieselfde siening het
as hy nie:

"Ek dink jou probleem is dat jou man jou nie genoeg bevredig nie.
Loop af na n sexshop en gaan koop die grootste vibrator wat jy
kan kry en jy weet waar jy dit kan gaan steek.Los ons hier uit in
Suid Afrika. Ons is mans genoeg om ons eie fokken probleme op te
los sonder jou stront."

Swart Simon
Re: Doodstraf [boodskap #29994 is 'n antwoord op boodskap #29963] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
> heteroseksualiteit moet die doodstraf kry.

Homo's verkrachten ook.........kleine onschuldige kinderen.
Helaas......

groetjes
Emmy
Re: Doodstraf [boodskap #29995 is 'n antwoord op boodskap #29963] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Ek voel dat die doodstraf ingestel kan word vir sekere misdade.

1 In de landen waar de doodstraf niet meer in de wet staat is de misdaad
niet groter als in landen waar wel nog de doodstraf in de wet staat.
2 Als je een ander mens de opdracht geeft om iemand te doden ( doodstraf)
dan maak je van hem een moordenaar dat is ook tegen de menselijkheid.
3 De doodstraf als afschrikking helpt niet de oorzaak van slecht menselijk
( misdaad) is veel complexer.
4 De rechter kan zich vergissen en dan dood je een onschuldig iemand.

**************************************
Hoe wordt iemand een misdadiger:

1 Hij heeft niks te verliezen hij is arm en de aandacht van de familie
heeft hij ook niet.
2 Hij heeft verkeerde vrienden en komt zo in het criminele milieu
3 Hij is zwak begaafd
4 Hij is verslaafd aan alcohol of/en drugs
5 Geen zelfrespect omdat hij bv geen werk heeft
6 Verveling......
7 Hij ziet mensen die dat allemaal wel hebben en hij rechtvaardigt
zijn daden doordat hij zichzelf als slachtoffer ziet ( maar hij is dader)
8 Onder invloed zijn ( mentaal en fysiek door drugs) van grote criminele
organisaties of bende leider.
enz.....

> Die eerste misdaad is die vir verkragting veral die van kinders.Dit is n
> uiterse siek persoon wat n kind verkrag.Verkragting is in die algemeen n
> siek misdaad. Ek kan nie sien watter plesier dit is om n kind van 2 en 3
> jaar te verkrag nie, Die siekste is n man wat sy eie kind kan verkrag.Sulke
> mense hoort nie in die samelewing nie.

Je zei het al deze mensen zijn ziek en dat deze misdaad bestaat en ook
nog in het eigen gezin is van alle tijden zolang de wereld bestaat
Helaas.........

Wat kan je hier tegen doen dat is de vraag....

Kinderen moeten mondiger gemaakt worden en voorlichting krijgen zodat
ze niet onderdanig zijn aan volwassen mensen.
Ze moeten durven te zeggen ' nee dat wil ik niet' ze mondig maken
is een taak van ouders en leerkrachten op school.
Daders pakken de makkelijke slachtoffers het eerst.

> Sekere gevalle van moord veral op polisiebeamptes. Polisiemanne oor die hele
> wereld is altyd n teiken. Ek dink die lande waar die meeste polisiemanne
> vermoor word is in Suid Afrika en Amerika.

In NL wordt er zelden een politieman gedood en dat komt omdat de NL politie
alleen
zijn vuurwapen mag gebruiken in zeer kritische situaties.
Als je een politieman dood wordt dat zwaar bestraft. De misdadiger weet dat
en
handelt dus ook niet in paniek door op de politie te schieten omdat hoeft
niet bang te zijn
dat de politieman op hem schiet.
Voor zeer gevaarlijke situaties heb je speciale eenheden maar daarbij sterft
ook zelden een politieman.
In NL is de politie je vriend en helper ;-))
Ik denk dat dit veiliger en fijner is voor de mensen en ook voor de
politie......

Groetjes
Emmy
Re: Doodstraf [boodskap #29996 is 'n antwoord op boodskap #29963] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Apr 2000 00:57:31 +0200, "Riaan" wrote:

met die volgende verskil:[/color]
>
> As 'n persoon die doodstraf ontvang moet dit binne 7 dae voltrek word. In
> die 7 dae kan die persoon sy saak met God regmaak as hy wil of nie. Maar
> daar is geen rede hoekom hy op die belasting betaler se geld vir jare
> aangehou moet word nie.>>

En se nou dis die verkeerde ou wat gehang is?
Re: Doodstraf [boodskap #30015 is 'n antwoord op boodskap #29963] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:38fe1a59.0@news1.mweb.co.za...
Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
misdade.

Ek het dit al genoem dat ek dink die doodstraf moet weer ingestel word maar
met die volgende verskil:

As 'n persoon die doodstraf ontvang moet dit binne 7 dae voltrek word. In
die 7 dae kan die persoon sy saak met God regmaak as hy wil of nie. Maar
daar is geen rede hoekom hy op die belasting betaler se geld vir jare
aangehou moet word nie.
Re: Doodstraf [boodskap #30016 is 'n antwoord op boodskap #29963] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Riaan

Ek stem saam met jou dat dit gou gedoen moet word. As jy kyk in Amerika sit
van die mense tot tien jaar op death row wat ook nie reg is nie.

AS jy praat van 7 dae praat jy van die dag wat hy skuldig bevind is. As dit
so is het hy die reg om te appelleer volgens wet. As sy appel nie slaag nie
sal ek se dan moet hy so gou moontlik uitgevoer word

Reenen van Niekerk

Riaan skryf in boodskap news:8dmnp2$1thl$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>
> Reenen van Niekerk wrote in message
> news:38fe1a59.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
> misdade.
>
>
> Ek het dit al genoem dat ek dink die doodstraf moet weer ingestel word maar
> met die volgende verskil:
>
> As 'n persoon die doodstraf ontvang moet dit binne 7 dae voltrek word. In
> die 7 dae kan die persoon sy saak met God regmaak as hy wil of nie. Maar
> daar is geen rede hoekom hy op die belasting betaler se geld vir jare
> aangehou moet word nie.
>
Re: Doodstraf [boodskap #30041 is 'n antwoord op boodskap #29963] Sa, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Apr 2000 11:08:09 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

Ek stem saam met jou dat dit gou gedoen moet word. As jy kyk in Amerika sit[/color]
> van die mense tot tien jaar op death row wat ook nie reg is nie.
>
> AS jy praat van 7 dae praat jy van die dag wat hy skuldig bevind is. As dit
> so is het hy die reg om te appelleer volgens wet. As sy appel nie slaag nie
> sal ek se dan moet hy so gou moontlik uitgevoer word>>

Wat maak jy van die gevalle waar daar gevind is dat iemand wat reeds
terggestel is, eintlik onskuldig was?

Of waar die onskuld na jare van gevangenisstraf aan die lig gekom het?
Re: Doodstraf [boodskap #30042 is 'n antwoord op boodskap #29963] Sa, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Emmy skryf in boodskap news:#Ra#DOuq$GA.197@net025s...
>
>> heteroseksualiteit moet die doodstraf kry.
>
> Homo's verkrachten ook.........kleine onschuldige kinderen.
> Helaas......

Skies Emmie, dalk moes ek 'n smiley bygesit het... ek het net gejoke.
Re: Doodstraf [boodskap #30133 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf in boodskap news:8e427q$ctq$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:39085bb2.1877392@news.is.co.za...
> On Tue, 25 Apr 2000 21:56:40 +0200, "Riaan"
> En voor dit njie is nie moet ons seker waak teen sulke mistykies?
>
> Ag Ferdi jy raak nou kleinlik. Daar sal nooit op aarde 'n regstelsel wees
> wat 100% werk nie.
>
> En as dit dan nou moet dan sien ek liewers dat 5% onskuldige mense ook die
> tydelike met die ewige moet verwissel, maar jy kry minstens 95% van die
> gemors uit die samelewing + die ander groepie wat daar sou gewees het maar
> agv die doodstraf liewers 2 keer gedink het.
>
>
>
>
As mens 'n samelewing wil hê waar die individu 'n selfstandige, vrye mens
is, dan kan jy nie 'n regstelsel aanvaar wat mense saambondel nie. Reg en
geregtigheid moet geskied op die indiwiduele vlak, en die syfers wat jy hier
gee wys aan 'n beginselfout. Waar die onskuldige wat aan moord skuldig
gevind word, moet daar gekyk word of reg en geregtigheid geskied het in *sy*
geval as hy daarna galg toe gestuur is. Het dit? Nee. Hierdie onskuldige
mens (verbeel jou dis jy of jou vrou, want dit kan met enige iemand gebeur)
is sonder rede doodgemaak. Dis moord, en dat daar 'n duisend skuldiges ook
deur die stelsel uit die samelewing verwyder is deur die selfde stelsel wat
hierdie moord gepleeg het maak geen saak aan die feit dat *hier* moord
gepleeg is. (Of hoe anders sou jy die willekeurige doodmaak van 'n
onskuldige mens beskryf?).

Pas op as jy die nommers in hierdie moreële ontleding wil inbring, want as
jy dan konsekwent wil wees, moet jy 'n volledige numeriese, stastistiese
moraliteit aanvaar. Hierdie tiepe van redenasie beperk jou eie vryheid as
dit tot sy uiterstes gevolg word. Dis Stalin se rede vir die kampe in
Siberia, vir die wat dit nog wil regverdig.

Die mees basiese reg wat enige van ons het is om te bly lewe solank as wat
ons kan. As oorlog uitbars moet ons maar seker ons lewens gaan opoffer om 'n
menswaardige lewe te behou; daar's min keuse in so geval. Maar in die geval
van 'n skuldigbevinding vir moord, is daar alternatiewe. As die regstelsel
volmaak was, dan was daar miskien 'n argument ten gunste van die doodstraf
(miskien); maar dit is nie, en hierdie onherstelbare vonnis *sal* in
indiwiduele gevalle 'n onherstelbare onreg as gevolg hê. Het die staat die
reg om van sy burgers te vermoor? (*Vermoor*, onthou?). As jy dit aanvaar,
dan aanvaar jy allerhande aantastings van jou menseregte.
Re: Doodstraf [boodskap #30134 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
joh  is tans af-lyn  joh
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Daar sal BAIE mistykies moet wees om op te weeg teen al die moorde wat dan
nie meer gepleeg sal word nie.
Re: Doodstraf [boodskap #30135 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:38ff48a9.13771683@news.icon.co.za...
En se nou dis die verkeerde ou wat gehang is?

Dit is natuurlik as AL die kanale reeds gevolg is en sy appel het of nie
geslaag nie of is van die hand gewys.
Re: Doodstraf [boodskap #30136 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Apr 2000 21:56:40 +0200, "Riaan" wrote:

news:3902e405.2731781@news.icon.co.za...[/color]
> Wat maak jy van die gevalle waar daar gevind is dat iemand wat reeds
> terggestel is, eintlik onskuldig was?
>
> Of waar die onskuld na jare van gevangenisstraf aan die lig gekom het?
>
> Ferdi ek stry nie dit is seker moontlik maar dit sal daie beslis die
> uitsondering wees. Niemand het gese die regstelsel is 100% perfek nie>>

En voor dit njie is nie moet ons seker waak teen sulke mistykies?
Re: Doodstraf [boodskap #30137 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3902e405.2731781@news.icon.co.za...
Wat maak jy van die gevalle waar daar gevind is dat iemand wat reeds
terggestel is, eintlik onskuldig was?

Of waar die onskuld na jare van gevangenisstraf aan die lig gekom het?

Ferdi ek stry nie dit is seker moontlik maar dit sal daie beslis die
uitsondering wees. Niemand het gese die regstelsel is 100% perfek nie
Re: Doodstraf [boodskap #30138 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Apr 2000 13:50:59 +0200, "joh" wrote:

nie meer gepleeg sal word nie.>>[/color]

Dis nie 'n kwessie van opweeg nie. Dan gooi jy respek vir menselewe by
die venster uit en werk met 'n skaal van soveel sterftes teen soveel
sterftes as die bepalende faktor vir jou morele besluite.
Bad idea.
In elk geval om iemand vir sy natuurlike lewe tronk toe te stuur
verwyder hom net so effektief uit die samelewing as die dood.
Met die voordeel dat daar gewaak word daarteen dat JY nie self
onnodig en verniet 'n onskuldige mens doodmaak nie.
Re: Doodstraf [boodskap #30139 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi

Riaan het n punt en jy het n punt.OP die oomblik is daar lewenslang
gevangenisstraf maar jy sal saamstem dat dit nie op die oomblik werk nie. As
dit nie werk nie wat anders stel jy voor. Ek stem ook nie volkome saam met
die doodstraf nie maar ek voel vir sekere misdade moet dit ingebring word
soos verkragting ,veral van kinders want daar is siek mense wat plesier
daaruit put om n vrou te verkrag en dan kkry jy siek varke wat kinders
verkrag. As jy al so iets gesien het sal jy my punt verstaan want ek het
baie sulke sake gesien toe ek in die polisie was. My laaste saak was 7 jaar
oud gewees en die man het maar net 7 jaar gekry en met ons stelsel was hy
uit op parool na 75 dae. Nou hoe werk dit.
Dan kry jy die vark wat sy eie kind verkrag en dan se die hof omdat dit in
familie verband was is dit nie nodig dat hy te lank tronk toe gaan nie.
Voel jy dat daar nie miskien erens iets goeds daaruit kan kom nie. Of wat
voel jy .

Reenen van Niekerk

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39069d32.3648139@news.is.co.za...
> On Wed, 26 Apr 2000 02:15:54 +0200, "Riaan" wrote:
>
>
> >
>> Ag Ferdi jy raak nou kleinlik. Daar sal nooit op aarde 'n regstelsel wees
>> wat 100% werk nie.
>>
>> En as dit dan nou moet dan sien ek liewers dat 5% onskuldige mense ook die
>> tydelike met die ewige moet verwissel, maar jy kry minstens 95% van die
>> gemors uit die samelewing + die ander groepie wat daar sou gewees het maar
>> agv die doodstraf liewers 2 keer gedink het.>>
>
> Wel hier skei ons wee.
> Ons is aan twee verskillende kante.
>
> Jy praat nou net soos 'n motorkaper. Hulle gee ook nie om vir 'n
> sekere persentasie van onskuldiges wat doodgaan nie.
>
Re: Doodstraf [boodskap #30140 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Apr 2000 02:15:54 +0200, "Riaan" wrote:

[/color]
> Ag Ferdi jy raak nou kleinlik. Daar sal nooit op aarde 'n regstelsel wees
> wat 100% werk nie.
>
> En as dit dan nou moet dan sien ek liewers dat 5% onskuldige mense ook die
> tydelike met die ewige moet verwissel, maar jy kry minstens 95% van die
> gemors uit die samelewing + die ander groepie wat daar sou gewees het maar
> agv die doodstraf liewers 2 keer gedink het.>>

Wel hier skei ons wee.
Ons is aan twee verskillende kante.

Jy praat nou net soos 'n motorkaper. Hulle gee ook nie om vir 'n
sekere persentasie van onskuldiges wat doodgaan nie.
Re: Doodstraf [boodskap #30186 is 'n antwoord op boodskap #29963] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die punt wat ek wil maak is eerstens dat daar nooit 'n stelsel sal wees wat
100% sal werk nie. Maar dit is nie te sê dat die beste moontlike stelsel nie
in werking gestel moet word nie.

Ek ken nie die bedrae nie maar ek kan dink dat dit 'n relatiewe groot bedrag
geld kos om een persoon vir 'n jaar in die tronk te moet hou. En op die
oomblik is ons tronke oorvol

En die volgende stelling is 'n blote raaiskoot maar ek wil sover gaan om te
se dat daar op die oomblik meer onskuldige mense per dag in die land
doodgemaak en/of verkrag word as wat daar in 'n hele jaar onskuldige mense
verkeerdelik tereggestel sal word.

En onthou op die oomblik is dit dus ook moontlik om lewenslank in die tronk
te sit vir iets wat jy dus nie gedoen het nie ... dit is net so onregverdig
maar die verskil lê daarin dat jy nog 'n las op die staat is ook in die
proses.
Re: Doodstraf [boodskap #30187 is 'n antwoord op boodskap #29963] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39085bb2.1877392@news.is.co.za...
On Tue, 25 Apr 2000 21:56:40 +0200, "Riaan"
En voor dit njie is nie moet ons seker waak teen sulke mistykies?

Ag Ferdi jy raak nou kleinlik. Daar sal nooit op aarde 'n regstelsel wees
wat 100% werk nie.

En as dit dan nou moet dan sien ek liewers dat 5% onskuldige mense ook die
tydelike met die ewige moet verwissel, maar jy kry minstens 95% van die
gemors uit die samelewing + die ander groepie wat daar sou gewees het maar
agv die doodstraf liewers 2 keer gedink het.
Re: Doodstraf [boodskap #30188 is 'n antwoord op boodskap #29963] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Apr 2000 20:45:21 +0200, "Riaan" wrote:

te sit vir iets wat jy dus nie gedoen het nie ... dit is net so onregverdig[/color]
> maar die verskil lê daarin dat jy nog 'n las op die staat is ook in die
> proses.>>

Wel jy leef darem.
En daar is heelwat gevalle in die westerse wereld van mense wat 'n
klomp jare gesit het en dan is daar agtergekom hulle is onskuldig.

Hier in SA is daai ANC ouens wat gesit het vir die moord op die mense
by die vulstasie in die suide van Jhb 'n voorbeeld.

Hulle sit en se die hele tyd hulle onskuldig en skielik bring die WVK
verhore die regte PAC mense na vore wat se ja hulle het dit gedoen.

Die ouens is nou vrygelaat. In jou model sou hulle lankal dood gewees
het.
Re: Doodstraf [boodskap #30189 is 'n antwoord op boodskap #29963] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Apr 2000 21:30:06 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

gevangenisstraf maar jy sal saamstem dat dit nie op die oomblik werk nie. >>[/color]

Hoekom sal ek saamstem?
Ek dink toevallig dit werk.
Mense wat skuldig bevind word word lewenslank tronk to gestuur en dit
beteken gewoonlik dit.

Maar as dit die verkose soort straf en dit werk nie, is die oplossing
mos voor die hand liggend - laat dit werk.
Moenie begin doodmaak nie.

Toevallig, hoekom dink jy lewenslank "werk"nie?
Re: Doodstraf [boodskap #101556 is 'n antwoord op boodskap #29963] Di, 22 Februarie 2005 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja siestog en was die crime rate in daardie jare nie ontstellend laag nie,
ou perd?

"Pete" skryf in boodskap news:cvdihg$jj9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vanuit "The good, the bad & the ugly": first you shoot, then you talk.
>
> Siestog, Clint was nog bloedjonk in hierdie movie.
>
Re: Doodstraf [boodskap #101585 is 'n antwoord op boodskap #29963] Do, 24 Februarie 2005 07:35 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag issie man - hy tree maar net normaal op soos die deursnee Afrikaanse
man:)))
--
Groetnis
Annette

"Blitzkrieg" skryf in boodskap news:cvk08j$edv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee ek raak nie persoonlik nie maar Suidwester maak of hy altyd van beter
> weet en dan snou hy 'n mens toe omdat sy kennis nou kamstig beter is en hy
> maak asof hy beter weet deur net te se jy weet nie waarvan jy praat nie! Hy
> raak persoonlik deur almal wat nie sy punt insien nie uit te maak as dom en
> onnosel en wat nie weet waarvan hulle praat nie!
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:cvjuli$bkt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ag kom nou Blitzkrieg, jy verkies self 'n naam wat uit WO2 uit kom. Moet
>> nou
>> nie soos al die dommes persoonlike aanvalle doen as jy nie oor iets
>> behoorlik kan argumenteer nie.
>> Jou argumente was nogal heel goed tot nou - ek verkies ook om nie 'n
>> vuurwapen te hê nie - ek maak staat op my skerp tong,
>> selfverdediging-opleiding en my baie handige knuppel.:))
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Blitzkrieg" wrote in message
>> news:cvjr5r$6j3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> O jammer ek het vergeet jy is Suidwester Allmighty jy weet en ken mos alles,
>>> die eksperts se ekspert btw jy weet dit seker nie maar Suid-Wes soos in
>>> Suid-Wes Afrika is nou Namibie so jy klou ook nog aan iets wat lankal sy gat
>>> gesien het!
>
>
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:DLOdnYjxKo4M-4DfRVn-jA@is.co.za...
>>>> Ou vriend, in alle respek gesê, jy weet nie waarvan jy praat nie.
>>>> Daar
>>>> is nie 'n hond op hierdie aarde wat jy nie vinnig uitsit nie. Ek wil dit
>>>> nie hier sê hoe nie, maar gaan vra maar vir enige hondehanteerder. Jy
>>>> leef in 'n droomwêreld en ek neem aan jy's in die dan'ne....die dat jy so
>>>> sterk is?
>>>> "Blitzkrieg" wrote in message
>>>> news:cvhdiq$kp1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > ek kan 'n ou donner, wil jy kom......en ek hou nogal nie 'n rotweiler aan
>>>> > nie, hulle beteken fokkol......ek het drie opregte mongrels.....wat
>>>> > nie
>>>> > skrik vir 'n skroewedraaier, halwe baksteen, sambok of stok nie..........
>>>
>>>
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:2vKdnVixcuIJsIHfRVn-jA@is.co.za...
>>>>
>>>> >> "Blitzkrieg" wrote in message
>>>> >> news:cvf056$gkb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> >> My punt is ek sal liewers 'n ou donner as om
>>>> >>> trigger happy te wees. Jy is meer geel as om agter die sneller weg te
>>>> >>> steek as om te baklei vir wat joune is.
>>>> >> ----- Kan ek aannneem jy is in staat om 'n ou te donner? Kyk
>>>> >> bietjie
>>>> >> na die deursnit persoon in die land wat beroof word en jy sal vind
>>>> >> dat
>>>> >> die meeste oorgewig, sagte TV kykers is en jy konfronteer hom met 'n
>>>> >> jong man [of dalk ook nie so jonk nie] maar iemand wat elke dag van
>>>> >> sy
>>>> >> lewe baie kilometers loop en nie oorvreet op elke ete nie. En hierdie
>>>> >> mense wil die inbrekers donner? Ek vra weer, was jy al ooit in so
>>>> >> 'n
>>>> >> posisie? Het jy al beleef dat jou groot Rotweiler wat jy gedink het byt
>>>> >> die kak uit enige inbreker uit, lê dood in jou tuin en waarmee? 'n
>>>> >> Lang, dun skroewedraaier wat skerpgemaak is en jou hond is dood soos 'n
>>>> >> drol. Daai selle ou skroewedraaiertjie gaan lekker hier tussen jou
>>>> >> derde, vierde rib inglip en jy sal saam met jou boelie begrawe
>>>> >> word......want jy wil die man konfronteer en hom donner. Met 'n
>>>> >> vuurwapen staan jy weg van die persoon af en jy kan 'n waarskuwingskoot
>>>> >> skiet, of twee of drie en die ou kan of skrik en voete insit of hy
>>>> >> kan
>>>> >> jou aanval en jy dan hoop jy skiet hom dood anders gaan hy jou wapen
>>>> >> afvat en jou dalk doodskiet. Kom jy agter wat ek probeer sê? Het jy hom
>>>> >> probeer donner, was jy in elk geval dood. Met die wapen het jy 'n kans
>>>> >> om te oorlewe......veral nog as jy leer om die wapen reg en
>>>> >> verantwoordelik te hanteer.
>>>>
>>>>
>>>> >> Ja ek stem saam vuurwapens maak nie mense
>>>> >>> dood nie maar 'n lewe word gouer geneem met 'n vuurwapen.
>>>> >> ----So jy het 'n beswaar teen 'n vuurwapen oor hy jou vinniger doodmaak?
>>>> >> Ek neem aan jy glo as die ou jou net raakskiet, dan konk jy? Weet
>>>> >> jy
>>>> >> hoe moeilik is dit om iemand in die donker raak te skiet? Ek weet van
>>>> >> mense wat meer as 14 skote van 'n 9mm op hul lyf gehad het en vandag
>>>> >> steeds lewe. Aan die anderkant, 'n kunstige sny met 'n lekker sterk mes
>>>> >> op die regte plek en jy bloei so vinnig dood dat niemand jou maklik sal
>>>> >> kan help nie. Wat dink jy gaan gebeur met daai skroewedraaier in
>>>> >> jou
>>>> >> hart? En jy maak dit sommer maklik want jy gaan 'omhels' mos die
>>>> >> inbreker terwyl jy hom probeer donner!
>>>>
>>>> >> Net soos 'n
>>>> >>> vuurwapen vir jou vals mag gee so gee dit die misdadiger vals
>>>> >>> mag......waar kry hy sy onwettige vuurwapen?
>>>> >> -----Hy steel hom. Dis 'n bose kringloop. Die hoender en die
>>>> >> eier.
>>>> >> Wie was nou eerste? Op jou manier van op jou ruggie gaan lê en
>>>> >> stertjie waai gaan die misdadiger steeds lekker lewe en steel en vat wat
>>>> >> hy wil. Op my manier gaan jy 'n weerstand skep wat uiteindelik die prys
>>>> >> van misdaad te duur maak vir die misdadiger.
>>>>
>>>> >> Van ouens soos jy wat dink hulle is kwaai
>>>> >>> met 'n rewolwer langs die sy!
>>>> >> ---Ek twyfel aan jou IK. Dat jy van sekuriteit af niks weet nie, is
>>>> >> vyfduidelik! Dat jy van die lewe af nie veel weet nie, is ook vir
>>>> >> my
>>>> >> vyfduidelik. Alles in die lewe is 10% werklikheid en 90% persepsie [of
>>>> >> verbeelding]. In sekuriteit skep jy 'n persepsie van die vermoë dat jy
>>>> >> nie gaan eenvoudig stil staan en die misdaad wat teen jou gepleeg net
>>>> >> eenvoudig vat nie. Net soos die 'goeie' mense skinder in die
>>>> >> gemeenskap, net so skinder die misdadigers onder mekaar. Ek akn vir
>>>> >> jou vele gevalle noem van huise wat beroof is en waar die misdadiger
>>>> >> geskiet is en waar daar nooit weer 'n roof plaasgevind het nie. Wat
>>>> >> van 'n huis waar twee groot honde is wat twee vriendelike, natlekkende,
>>>> >> mensvriende is, MAAR die eienaar het 'n punt gemaak om 'n storie
>>>> >> onder
>>>> >> die werkers op die dorp te vertel van hoe die groot reunhond 'n man
>>>> >> amper doodgebyt het en hoeveel geld hy in die hospitaal moes betaal net
>>>> >> om die man se lewe te red. Die storie het soos 'n veldbrand
>>>> >> versprei
>>>> >> en niemand kom naby sy huis nie. Hy lag nog vandag daaroor!
>>>>
>>>>
>>>> >> Wat se gemeenskap leef jy dan in wat dink jy
>>>> >>> is 'n lafaard as jy 'n misdaad statistiek word??
>>>> >> -----'n Gemeenskap van mense wat in 'n harde land lewe waar jy vir
>>>> >> jouself sorg en jy moet wakker bly om te oorlewe. Niemand gee om
>>>> >> dat
>>>> >> jy 'n statistiek word nie, maar as jy gaan omrol, pensie bo en stertjie
>>>> >> swaai vir die ou wat jou goete kom vat, dan is jy 'n lafaard. Punt.
>>>>
>>>> >>> Lyk my jou groot geweer maak op vir iets klein!
>>>> >> -----Vir my lyk dit weer of jy deel is van die kant wat wil steel?
>>>> >> Hoekom protesteer jy so? Is jy bang jy word geskiet?
>>>> >
>>>>
>>>
>>>>
>>
>
Vorige onderwerp: VRYSTAAT
Volgende onderwerp: Vir Koot se vroutjie - Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:54:43 MGT 2024