Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hansie
Re: Hansie [boodskap #29919] Ma, 17 April 2000 00:00 na volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gestel nou Hansie het 'n aand voor 'n wedstryd
gesê dat die veld is hard/sag en dat dit die
boulers/kolwers sal bevoordeel, het geen
haan daarna gekraai het nie. Hy was/is seker
skuldig dat hy geld ontvang het vir sy info,
maar dit is werklik nie so ernstig gewees soos
die wêreld en sommige Suid Afrikaners dit wil
uitmaak nie. Kom ons kyk na
sy rekord; hy het baie meer krieket wedstryde gewen
as verloor. Hy is seker die beste kaptein wat enige
ons nog gehad het. Ek dink nie ons moet Hansie kruisig
nie, want ons is seker almal skuldig aan goed waaroor
ons self nie trots is nie. Die enigste probleem is, doen
ons iets verkeerd, is dit maar slegs 'n baie klein groepie mense
wat daarvan weet... ons weet almal Hansie is wêreld
bekend, en daarom lyk dit erger as wat dit is. Kom
ons gee hom nog 'n kans.
Re: Hansie [boodskap #29920 is 'n antwoord op boodskap #29919] Ma, 17 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "J" jha...@usa.net

> Die enigste probleem is, doen
> ons iets verkeerd, is dit maar slegs 'n baie klein groepie mense
> wat daarvan weet... ons weet almal Hansie is wêreld
> bekend, en daarom lyk dit erger as wat dit is.

Dit is nogal 'n interressante debatspunt hier. Aan die een kant sou mens kon
argumenteer dat dit juis is vanwee hierdie bekendheid dat 'n persoon 'n
verantwoordelikheid skouer om hom of haarself op 'n sekere manier te gedra.
Bekendheid of leierskap of faam is dus nie 'n individuele fenomeen wat in
isolasie gebeur nie, maar voorveronderstel 'n toegewydheid tot, en 'n
bereidwilligheid om, 'n sekere gedragskode na te volg. Aan die ander kant is
daar 'n argument wat voorhou dat mense soos hansie cronje (of dan nou nelson
mandela of bill clinton) tog maar net mense is en dat hul geregtig is op foute
en geen ekstra verantwoordelikheid dra om enigsins "anders" op te tree as ander
mortal sinners nie. Wat dink jy?
Re: Hansie [boodskap #29938 is 'n antwoord op boodskap #29919] Di, 18 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Apr 2000 21:54:36 +0200, "J" <jha...@usa.net> wrote:
><<>Gestel nou Hansie het 'n aand voor 'n wedstryd
> gesê dat die veld is hard/sag en dat dit die
> boulers/kolwers sal bevoordeel, het geen
> haan daarna gekraai het nie. Hy was/is seker
> skuldig dat hy geld ontvang het vir sy info,
> maar dit is werklik nie so ernstig gewees soos
> die wêreld en sommige Suid Afrikaners dit wil
> uitmaak nie. Kom ons kyk na
> sy rekord; hy het baie meer krieket wedstryde gewen
> as verloor. Hy is seker die beste kaptein wat enige
> ons nog gehad het. Ek dink nie ons moet Hansie kruisig
> nie, want ons is seker almal skuldig aan goed waaroor
> ons self nie trots is nie.>>

As jy hom verskoon moet jy honderde ander bedrieers ook verskoon en
dan staan jy nie 'n korrupsievrye Suid-Afrika voor nie.

Dis so eenvoudig soos dit.
Vorige onderwerp: Hoekom is julle so stil
Volgende onderwerp: Julian de beer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 20:33:00 MGT 2024