Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina oor taal
Gloudina oor taal [boodskap #29857] Do, 13 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hoe ek praat het niks met jou te doen nie.As ek dink dink ek darem in
Engels. As ek lees wat jy skryf wonder ek soms of jy dink, of jy dink soos
die klomp daar.

Dit gaan nie hoe ons praat nie maar wat ons se en probeer regkry om die land
reg te kry sodat jy kan terug kom of besoek sonder dat jy geroof word of jou
kind verkrag word of jy doodgeskiet word vir jou selfoon.
Dink jy nie dit is belangriker nie. Jy moet onthou Afrikaans is n unieke
taal wat deur verskillende mense gepraat word op hulle manier ,en die
snaakste is ons verstaan mekaar.

Net om te se my ma was van Ierland en alhowel my pa n Afrikaanse van gehad
het het hy meer Engels gepraat omdat hy meeste van sy loopbaan n offisier in
die Royal Navy was en daarna in die Suid Afrikaanse vloot was. So ek dink
Engels maar hou daarvan om Afrikaans te praat omdat ek van die taal hou.

As ons gaan verskil oor standpunte laat ons verskil . Dit is ons reg om te
verskil.As ons almal saamgestem het sou dit n uiterse vevelige lewe gewees
het.

As ek mag vra waar in Kanada bly jy en hoe lyk dit daar. Hoe is die misdaad.
Sal jy weer wil terugkom na Suid Afrika.As ons met mekaar gaan verskil kan
ons seker iets van mekaar weet.

Ek hoop om nog baie met jou te praat in my plat Afrikaans.

Reenen van Niekerk
Kaapstad
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29858 is 'n antwoord op boodskap #29857] Do, 13 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> om die land
> reg te kry sodat jy kan terug kom of besoek sonder dat jy geroof word of jou
> kind verkrag word of jy doodgeskiet word vir jou selfoon.

Reenen, laat ek nou vir jou iets interessants vertel. Ek "chat"vanmiddag met my
suster in Pretoria oor hoe veilig dit is waar
sy bly. (Ek is natuurlik altyd kronies bekommerd oor my
familie daar in SA omdat julle klomp altyd die plek sit en uit-
maak as so gevaarlik dat daar 'n moordenaar om elke bos
skuil. ) Sy stel my toe weer gerus dat sy in haar onmiddellike
omgewing geen moeilikheid ondervind nie, en gisteraand nog
45 minute alleen rondgeloop het. Sy se die enigste ding wat
haar bietjie ontstel is die vader en seun wat bo-op hulle klein
woonstelblok se dak "squat" en hulle sommer daar ook ontlas,
sodat die opsigter gedurig moet opgaan om daar skoon te
maak. Sy se sy het al met die seun gepraat en hy het baie na
drank geruik en het bedwelm gelyk. (Sy se daar is baie
plek waar boemelaars kan huisvesting kry in Pretoria, maar
hulle mag nie drink nie.) En weet jy wat vind ek toe uit.
Albei die vader en seun is wit, en Engels-sprekend. So dit
lyk nou vir my ons het 'n probleem met die prentjie wat jy so
graag vir my wil wysmaak. As ek vir my suster gaan kuier in
haar woonstelblok, sal ek baie nie-blankes vind wat daar
bly in vrede en vriendskap met hulle wit bure. Maar bo-op
die dak sit twee boemelaars, en hulle is wit, en hulle praat
Engels, en hulle ontlas hulle sommer net daar op die dak.
So ek wonder of ek wil gaan kuier voordat julle Engelse julle
act bymekaar het.

Gloudina

>
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29878 is 'n antwoord op boodskap #29857] Vr, 14 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:38F65419.DC45589F@home.com...
> Reenen van Niekerk wrote:
>
>> om die land
>> reg te kry sodat jy kan terug kom of besoek sonder dat jy geroof word of
jou
Maar bo-op
> die dak sit twee boemelaars, en hulle is wit, en hulle praat
> Engels, en hulle ontlas hulle sommer net daar op die dak.
> So ek wonder of ek wil gaan kuier voordat julle Engelse julle
> act bymekaar het.
>
> Gloudina

Ag nee, Tannie, dis nie mooi om so oor ek en my Pappie te praat nie. Liewe
land! Stoute kabouter. Ja dis ek wat daar op die dak gedwing is om te
piepie, maar dis nie my skuld nie, dis die verv---te methsies waarvan ons so
elke af en toe 'n drankie skink. Die gehalte is nie so goed as dit wat ek
van my kinderjare onthou nie. Ek wou in die straat gaan piepie het, maar
daar was 'n ou olifantjie wat die trappies so bietjie versper het, en toe
moes ek my op die dak onlas.

"Pappie, se se sê asseblief toe vir daai dierbare diertjie op die trappies
om plek te maak dat ek kan gaan verby en ontlas myself daar onder op die
straat" gesê het ek. Maar soos altyd het die ou k*** my net half doodgem***

Vir een of ander rede kry ek nou sommer lus om my maag te ontlas op die
skerm.
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29879 is 'n antwoord op boodskap #29857] Vr, 14 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> So ek dink
> Engels maar hou daarvan om Afrikaans te praat omdat ek van die taal hou.

Ok, Reenen. Solank jy net nie jouself uitgee vir 'n Afrikanernie, het ek vrede
met jou Afrikaans.

> As ek mag vra waar in Kanada bly jy en hoe lyk dit daar. Hoe is die misdaad.
> Sal jy weer wil terugkom na Suid Afrika.
>

Ek bly in Ottawa, Reenen. Vra vir Phatti hoe om by my uitte kom. Ek kyk uit op
die Ottawa-rivier, wat noual geheel
en al ontvries is. Ons hoop die lente begin volgende week,
want oor omtrent drie vier weke wil ons he die hele plek moet
vol tulpe staan, sodat ons ons Tulip Festival kan vier. Die
bloeisels moes al uitgekom het, en die daffodils langs die
Parkway, maar hulle is laat vanjaar. Maar oor 'n paar weke
behoort die dandelions ook geel plate te staan, en dan kan
jy vir jou verbeel jy is in Namakwaland.
Hier is ook maar moord en doodslag, Reenen. 'n Onverge-
noegde ou wat vier busbestuurders doodskiet in die busdepot.
Mense wat in die seedy dele van downtown Ottawa vir mekaar
met messe doodsteek. Kinders wat daarvan beskuldig word
dat hulle 'n skoolmaat in die skool se waskamer opgehang het.
Maar ek sal maar hier bly. Dis nou my land. My kinders is
Kanadese in murg en been. En ek hou daarvan dat ek so na
aan die VSA bly. As ons 'n uur suid ry, gaan ons oor die grens.
Nou is dit weer jou beurt om vir my te vertel waar in die Kaap
jy bly.

Gloudina
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29901 is 'n antwoord op boodskap #29857] So, 16 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Samuel Murray wrote:

> wie is gary? ek weet wie is gloudina, maar wie is gary?
>

Gary is nogal 'n oulike ou, Samuel, maar soos ek dit sien het hy
'n identifeerbare mediese probleem. Hy klink vir my 'n geleerde
ou (sover ek kan agterkom moet hy wetsopleiding ontvang het.)
Hy gee ook gewoonlik baie gebalanseerde opinies van dinge,
as jy in ag neem dat as hy in die wetsprofessie is, en dat hy baie van
die "seamy side" van die lewe moet sien. Ek bewonder ook die
feit dat hy, ten spyte van die feit dat dit lyk asof hy Engelssprekend
is, hy 'n baie goeie bruikbare kennis van Afrikaans het.
Nou, om by sy probleem uit te kom. Hy gebruik baie "vuil taal"
en het 'n kompulsie om te vloek. As ek nou so iemand in lewende
lywe ontmoet, sou ek wonder of hy aan 'n milde vorm van
Tourette's sindroom ly. Mense wat aan Tourette's sindroom ly,
kan hulself nie help nie. Hulle het vloekuitbarstings waaroor hulle
geen kontrole het nie. Dis eers na so 'n uitbarsting dat die spanning
wat in hulle opbou, bietjie afneem. Ek weet nou nie of die mense
wat aan Tourette's sindroom ly, hulle uitbarstings in skrif kan
he met dieselfde verligting nie.
Die ander ding waaraan hy miskien kan ly, is stres sindroom.
Dis omtrent soos iemand wat bomskok het. Nou is die vraag: kry
Gary soveel stres by sy werk (en watter soort stres het hy deurge-
gaan in die ou bedeling?) dat iets moet meegee. Op die oomblik
lyk dit of hy deur vloek en onsmaaklike taal sy stoom probeer
afblaas. Dis egter 'n uiters negatiewe manier van doen. As ek hy
is, gaan soek ek professionele hulp. Daar moet gesonder maniere
wees om daardie energie en stres te hanteer. Hier in Kanada het
hulle nou klinieke spesifiek vir mense wat in die wet praktiseer,
want hulle weet dat dit een van die hoogste stres soort werke is.

Die tannie wat vry diagnoses maak.
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29902 is 'n antwoord op boodskap #29857] So, 16 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
'n Bees wat geleer het hoe om te tik.

Samuel Murray skryf in boodskap news:8dcane$hv4$9@ctb-nnrp2.saix.net...
> wie is gary? ek weet wie is gloudina, maar wie is gary?
>
> Gary Bartholomew wrote in message
> news:8d9t1k$l16$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>> skryf in boodskap news:38F65419.DC45589F@home.com...
>>> Reenen van Niekerk wrote:
>>>
>>>> om die land
>>>> reg te kry sodat jy kan terug kom of besoek sonder dat jy geroof
> word of
>> jou
>> Maar bo-op
>>> die dak sit twee boemelaars, en hulle is wit, en hulle praat
>>> Engels, en hulle ontlas hulle sommer net daar op die dak.
>>> So ek wonder of ek wil gaan kuier voordat julle Engelse julle
>>> act bymekaar het.
>>>
>>> Gloudina
>>
>> Ag nee, Tannie, dis nie mooi om so oor ek en my Pappie te praat nie.
> Liewe
>> land! Stoute kabouter. Ja dis ek wat daar op die dak gedwing is om te
>> piepie, maar dis nie my skuld nie, dis die verv---te methsies waarvan
> ons so
>> elke af en toe 'n drankie skink. Die gehalte is nie so goed as dit wat
> ek
>> van my kinderjare onthou nie. Ek wou in die straat gaan piepie het,
> maar
>> daar was 'n ou olifantjie wat die trappies so bietjie versper het, en
> toe
>> moes ek my op die dak onlas.
>>
>> "Pappie, se se sê asseblief toe vir daai dierbare diertjie op die
> trappies
>> om plek te maak dat ek kan gaan verby en ontlas myself daar onder op
> die
>> straat" gesê het ek. Maar soos altyd het die ou k*** my net half
> doodgem***
>>
>> Vir een of ander rede kry ek nou sommer lus om my maag te ontlas op
> die
>> skerm.
>>
>
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29904 is 'n antwoord op boodskap #29857] So, 16 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
wie is gary? ek weet wie is gloudina, maar wie is gary?

Gary Bartholomew skryf in boodskap news:8d9t1k$l16$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> skryf in boodskap news:38F65419.DC45589F@home.com...
>> Reenen van Niekerk wrote:
>>
>>> om die land
>>> reg te kry sodat jy kan terug kom of besoek sonder dat jy geroof
word of
> jou
> Maar bo-op
>> die dak sit twee boemelaars, en hulle is wit, en hulle praat
>> Engels, en hulle ontlas hulle sommer net daar op die dak.
>> So ek wonder of ek wil gaan kuier voordat julle Engelse julle
>> act bymekaar het.
>>
>> Gloudina
>
> Ag nee, Tannie, dis nie mooi om so oor ek en my Pappie te praat nie. Liewe
> land! Stoute kabouter. Ja dis ek wat daar op die dak gedwing is om te
> piepie, maar dis nie my skuld nie, dis die verv---te methsies waarvan ons so
> elke af en toe 'n drankie skink. Die gehalte is nie so goed as dit wat ek
> van my kinderjare onthou nie. Ek wou in die straat gaan piepie het, maar
> daar was 'n ou olifantjie wat die trappies so bietjie versper het, en toe
> moes ek my op die dak onlas.
>
> "Pappie, se se sê asseblief toe vir daai dierbare diertjie op die trappies
> om plek te maak dat ek kan gaan verby en ontlas myself daar onder op die
> straat" gesê het ek. Maar soos altyd het die ou k*** my net half doodgem***
>
> Vir een of ander rede kry ek nou sommer lus om my maag te ontlas op die
> skerm.
>
Re: Gloudina oor taal [boodskap #29923 is 'n antwoord op boodskap #29857] Ma, 17 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gary Bartholomew schreef ...
> Samuel Murray wrote ...
>> wie is gary? ek weet wie is gloudina, maar wie is gary?
>
> 'n Bees wat geleer het hoe om te tik.

Nee toch zeker? Was jij Bees?!?!
Vorige onderwerp: Sal ons dit ooit erken?
Volgende onderwerp: Re - smileys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:03:21 MGT 2024