Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die ligte sy van misdaad
die ligte sy van misdaad [boodskap #29886] Sa, 15 April 2000 00:00
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees vanoggend(15 April) van n ou oom wat sy honde se landmyne opgetel
het in n plastiek sak en in die straat afgeloop het om dit in die
Munisiepale drom te gaan gooi.
Op pad het n bakkie verby hom gery en die persoon het die sak gegryp en
weggejaag.

Dit is nou uiterlik kak steel.

Die oubaas se hy wens hulle wil elke keer se sak vat dan hoef hy nie sover
elke dag te stap nie.

Hoekom is julle so stil van oor die see.Ek sien uit om met julle te praat
en te stry.

Ek lees ook vandag in die koerant dat ons adjunk pres se vrou ook geregtig
is op n motor.Al probleem hy het twee en elkeen moet n motor kry, maar aan
die anderkant kan ons gelukkig wees hy het nie meer vrou nie.

Ek weet van een baie gelukkige persoon. Die een wat die 13 Miljoen Rand
gewen het in die lotto.Hy moet net oppas want hy gaan nou van vriende hoor
wat hy nog nooit geken het nie.

Verder is die koerante nog altyd vol van Hansie Cronje. Plaas laat hulle dit
eers los na die ondersoek afgehandel is .Ek is natuurlik baie spyt wat
gebeur het want ek het hom beskou as n baie goeie kaptein. Dit wys maar net
dat die euwel van geld jou kan laat knak.

Laat van julle hoor dat ons kan stry of lekker praat.
Daar is so min plekke op die net wat Afrikaans is

Reenen van Niekerk
Vorige onderwerp: kaapstad
Volgende onderwerp: De Lille op Hansie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 18:02:10 MGT 2024