Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Re Gloudina
Re: Re Gloudina [boodskap #29865] Vr, 14 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Jou
> suster en die ander bewoners moet n petiesie opstel en dit na die eienaar
> van die woonstel neem dat hy die nodige stappe doen om hulle te verwyder.
> Hulle moet ook nie te lank vat nie want die nuwe wet se as hulle vir n seker
> tyd daar woon hulle nie verwyder mag word nie en as die eienaar hulle dan
> verwyder moet hy vir hulle n alternatiewe woonplek kry.

Nouja, ek sal my suster vertel dat as daardie Engelse ouenste lank op hulle dak
sit, hulle dalk permanente residensie daar
kan eis. My suster is egter nie te bekommer nie. Sy se die
boemelaars gaan gewoonlik vir die winter na Durban! My
suster en haar mede-bewoners van die klein woonstelblok
is natuurlik die eienaars daarvan. Dus kan hulle nie by 'n eienaar
gaan kla nie. Die polisie weet egter van die Engelse ouens wat
op hulle dak "squat." Die polisie in SA het duidelik probleme
met squatters. Net soos hulle 'n paar dekades terug in Amsterdan
probleme gehad het met hippies wat sommer ongebruikte ou
geboue beset het. In die groot stede hier in Kanada is daar ook
maar altyd probleme met huislose mense. Ek is nogal jammer
vir laasgenoemdes. Maar soms beny ek hulle ook. Dit moet soms
lekker wees as jy al jou besittings in 'n kruidenierskarretjie kan
laai en sommet die wapad vat.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Bep Nieuwhof -oorseese strontgatte
Volgende onderwerp: Re: Zimbabwe en setlaars-lou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 03:28:04 MGT 2024