Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: De Lille op Hansie
Re: De Lille op Hansie [boodskap #29859] Do, 13 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Ek lees in vandag se Burger (13 April) dat sy die volgende gese het
>
> "Daar is net een wet vir ons almal.In Hansie se geval moet hy aangekla word.
> Hy het geld ontvang waarvoor hy nie gewerk het nie"
>
> Dan moet helfte van die goverment mos ook toegesluit word
>
> Wat reg is vir die een is reg vir die ander
>
>

Reenen, ek vra jou nou met trane wat oor my wange biggel: probeertog om jou
Afrikaans te behou, uit te bou en te respekteer. Die enigste
persoon in die bostaande stuk wat goeie Afrikaans praat, is de Lille
self. Jy dink in Engels. Dis nie "De Lille op Hansie" nie. (Dit klink erg
pornografies. En nogal nie eens in die sendeling-posisie nie.) Dis "De
Lille oor Hansie" of iets in dier voege. En wat van "goverment" met
"regering" te vervang. Jy weet, Reenen, ek is nou al altesaam 34 jaar
in Kanada, en ek probeer my Afrikaans in stand hou. Wat doen jy om
joune in stand te hou?

Gloudina
Vorige onderwerp: Zimbabwe en setlaars
Volgende onderwerp: oorseese strontgatte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 13:40:34 MGT 2024