Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is die Duitser en Hollender van virskillende Ras?
Is die Duitser en Hollender van virskillende Ras? [boodskap #29822] Wo, 12 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Volgens die uitspraak van die hof in die saak van David Irving is hy
skuldig bevind van onder andere rasisme. Van watter ras? Die Joodse ras?
Die Duitse Ras of nou die Amerikaanse ras? Of, is dit nou dat Irving
eintlik Engels is? So ironies - selfs die Jode van die tyd was
hoofsaaklik van Duitsland. So, waar pas nou rasisme in as, almal
betrokke geklasifeer as 'Europeer'? Of, is die hof nou eintlik so
bietjie konfuse?

Ernest
Die pennie drop nou eers. Dit moet wees dat Hitler nie Duis was nie!
Re: Is die Duitser en Hollender van virskillende Ras? [boodskap #29835 is 'n antwoord op boodskap #29822] Do, 13 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "E Bessinger"

Jy het 'n paar bydraes gemaak m.b.t. ras, Ernest, en hiermee 'n paar stuiwers
wat dit moontlik duideliker sal maak. Ras, weliswaar, verwys na daardie
fisiese en/of biologiese karaktertrekke waarvolgens individue en groepe
kwalitatief onderskei kan word. Die term is egter nie sonder probleme nie.
Vroee antropoloee en selfs intuitiewe commonsense het voorgehou dat daar vier
wereldrasse is (wit, swart, geel, rooi). Sedertdien het "wetenskaplikes"
voorgehou dat soveel as 37 rasse onderskei kan word, maar meeste antropoloee
setel op nege (pasifiese eilander, mongoloied, kaukasier, ....). Kritici,
egter, wys daarop dat daar meer verskeidenheid is BINNE groepe (84% van die
variansie) as TUSSEN groepe (10% van die variansie) - en hierdie is waar vir
beide fisiese karaktertrekke (bv. haartekstuur, kleur van vel, enc) sowel as
selbiologie en chemiese prosesse. 'n Sterk argument kan dus gevoer word vir
ras as sosiale konstruksie, liewer as 'n objektiewe, meetbare, wetenskaplik
onderskeibare entiteit.

Etnisiteit en kultuur, merendeels, is waarna jy verwys wanneer jy praat van
duitsers en hollanders, en so meer. Ras is nie dieselfde as etnisiteit of
kultuur nie. Wanneer jy dus nou praat van daardie sot David Irving (wie,
terloops, in die laat tagtigerjare deur Clive Derby-Lewis genooi was on 'n
reeks toesprake in suid-afrika te lewer, wat hy wel gedoen het), is die vonnis
duidelik op sy revisionisme en haatspraak gerig. Hy identifiseer 'n duidelike
etniese groep (Jode) vir sy haat (om nie van swartes te praat nie) en terwyl
dit akademies verkeerd is om van die Jode as 'n afsonderlike "ras" te praat, is
die etnosentriese bevooroordeelde aard van Irving se haat duidelik geskoei op
'n identifiseerbare etiket - Joods. Voorts, daar is nie 'n Europese ras nie.
Carl Linnaeus se rasverdeling (en sy rassisme) is duidelik te bespeur in sy
oortuiging dat die mooiste, perfekste mense gevind kon word rondom berg
kaukasus - vandaar die term kaukasier om na wit (van europese oorsprong) te
verwys. Europese as beskrywing vir ras is problematies rondom spanje, pole, en
die slawiese lande.
Vorige onderwerp: "Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865)
Volgende onderwerp: oorseese strontgatte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 09:14:05 MGT 2024