Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ras klasifikasie
Ras klasifikasie [boodskap #29801] Ma, 10 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hoe word ras geklasifiseerd?

Maklik en tog mooilik.

Om mee te begin (die maklike metode)

1) Ek begin met twee rasse nl A en B
2) Ek vermeng die twee rasse en eindig met 1/2 A en 1/2 B (dis nou die
stadium waar die benaming half-cast, bastard, baster half-en-half, ens
'n rol speel).
3) Ek kry nog 'n paar van 1/2 A en 1/2 B
4) Vermeng die twee half-en-half en eindig met die volgende 1/4 A, 1/4 B
en 1/2 Ander (dis nou sommer naby aan die pavement special of sommer net
mixed race)
5) Ek kry nog 'n stel van 1/4 A en 1/4 B en 1/2 Ander en meng die klomp
en kry 1/8 A, 1/8 B en 3/4 Ander.
6) Die geleerdes sê as ek nou kinders van stap 5 (wat gemeng is met
gelyke waarders van A en B) het, mag ek A en B weg laat van hulle ras
klasifikasie (dis nou so afgewater dat A en B nie meer tel nie). Dus die
kinders van 5 bestaan nou net uit _Ander_.
7) Ek doen aansoek by die rasteelersvereeniging om my Ander ras te
registreer. Die vereeniging mag my nuwe ras verwerp want dit mag geen
eienskappe hê wat
dit dit volgens hulle ras eg maak nie (so, dit rus nou egotisties op die
mens se whim)

Nou die mooilike metode:
Ek doen nou presies dieselfde stappe as in die maklike metode maar, ek
gebruik mense instede van diere en, die resultaat? Ek word geklasifiseer
as nog 'n Hitler. Dis nou waar die probleem voor kom!! Die totale proses
berus op die whim van mense.

Volgens die wetenskap metode (die maklike proses) kan daar rasse
verskille wees tussen Duitser en Nederlander. Volgens die mooilike
metode mag daar nie gediskrimineer word teen ras nie en is albei rasse
(die Nederlander en Duitser) is nou dieselfde ras. Sommer net so (hoe sê
die Noordkaap mense? so by so?).

Wat stop dan rasseklasifikasie onder die mens? Etiek. Die konsep van reg
en verkeerd (en moenie politieke korrekheid vergeet nie). Dit sal seker
maklik wees om wetenskaplik te bewys dat die Afrikaaner wat beinvloed is
deur Duitse bloed eintlik 'n ander ras is as die Afrikaaner met Ingilse
bloed. En, dat die klerlinge van die Kaap ras eg is. Maar, wat stop die
proses. Rasse diskriminasie (of die konsep van nie diskrimineer teen ras
nie). Maar, nou diskrimineer ons teen die ras deur hulle hulle ras
egtheid te weier. Hoe nou gemaak? Wel, volgens die rasse registrasie van
die Apartheid regime het die Rheobotbaster (sp?) hulle as raseg laat
klasifiseer gebaseer op die maklike metode). Hoekom nou nie die ander
nie?

Ernest
Re: Ras klasifikasie [boodskap #29816 is 'n antwoord op boodskap #29801] Di, 11 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Re: "Die Afrikaner en die Hollander"

Was alle Engelse/Duitse in die Kaap Afrikaner of Trekboer, Ernest????!!!!

Was alle Xhosas, Bantoes in die Kaap Afrikaner of Trekboer,
Ernest????!!!!!!

Beste wense

Alex Koster
Cambridge, V.K.

E Bessinger skryf in boodskap news:38f08be7.0@news1.mweb.co.za...

> Nou die aanwins van die bevoling in die Kaap 1808-1837 was soos volg:
> Brits 1014 siele of 35,3%
> Duits 717 siele of 24,9%
> Nederlands 512 siele of 17,8%
> Frans 144 sile of 5%
> nie-blank 200 of 6,9%
> Ander 151 siele of 5,3%
> Onbekend 137 siele of 4,8%
>
> Ernest
Re: Ras klasifikasie [boodskap #29832 is 'n antwoord op boodskap #29801] Wo, 12 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

E Bessinger wrote:

>>> Nou die aanwins van die bevoling in die Kaap 1808-1837 was soos
> volg:
>>> Brits 1014 siele of 35,3%
>>> Duits 717 siele of 24,9%
>>> Nederlands 512 siele of 17,8%
>>> Frans 144 sile of 5%
>>> nie-blank 200 of 6,9%
>>> Ander 151 siele of 5,3%
>>> Onbekend 137 siele of 4,8%

Ek kan nie die argument tussen jou en Koster volg nie.Waaroor argumenteer
julle nou eintlik?
Ook, die bogenoemde persentasies is vir die periode
1808-1837. Dit was nou nadat die Kaap vir die tweede
keer (hierdie keer permanent) deur Engeland oorgeneem
is. Die AANWAS (sluit dit geboortes in?) van Britse
siele is dus verstaanbaar. Nie alleen sal daar 'n klomp
administreerders na die Kaap kom van Engeland af nie,
maar dis ook die periode wanneer Engeland 'n aktiewe
beleid het om die Kaap te verangliseer. In die periode
het hulle mos Skotse predikante ingevoer om in die
Afrikaanse kerke te preek. (Die Skotte het egter
vernederlands en dis daarom dat McGregor en
Mcdonald goeie-Afrikaner name is.)
Die belangrikste deel van bogenoemde persentasie-
analise is dat DUITSE immigrasie in die periode 1808-
1837 so hoog was.
Ek verbaas my ook aan die getal van FRANSE
wat in die periode na SA kom. Ek het altyd gedink dat
meeste van die familiename wat Frans is, van Hugenote
kom wat in 1688 al na die Kaap gekom het.

Gloudina

>
Re: Ras klasifikasie [boodskap #29833 is 'n antwoord op boodskap #29801] Wo, 12 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Alex, Alex, Alex!!!
Lees wat ek gesê het. Dit is redelik duidelik. Dan kwoteer waar ek
gepraat het Trekboere en Xhosas. Mag ek vra wat bedoel jy met Bantoes
(siende dat in vandag se identifikasie daar nie so 'n klasifikasie is
nie of, is jy besig om vryheid van spraak uit te oefen, of, is jy net
rassisties?) Indien jy miskien -die- artikel hieronder bevraagteken teen
my artikel oor hoe ras geklasifiseer word, neem dit maar gerus op met
Human Research Counsel of SA. Dit vir hulle gedoen deur 'n bekende
navorser.

Ernest
NS Hoe meer ek jou aanval op die velede beskou hoe meer begin ek besef
dat jy eintlik kwaad is vir die onwaarhede van skoolboeke en
geskiedkundige boeke. Is dit so? Indien wel moet jy maar tyd maak en 'n
paar boeke naslaan wat nie noodwndig geskryf is om alles in rooskleurige
lig te beskou nie. Daar is al 'n paar hier genoem. Bestudeer hulle
gerus.

"Alex Koster"  skryf in boodskap news:8cup0b$6dn$1@newsg4.svr.pol.co.uk...
>  Re: "Die Afrikaner en die Hollander"
>
>  Was alle Engelse/Duitse  in die Kaap Afrikaner of Trekboer, Ernest????!!!!
>
>  Was alle Xhosas, Bantoes  in die Kaap Afrikaner of Trekboer,
>  Ernest????!!!!!!
>
>   Beste wense
>
>   Alex Koster
>  Cambridge, V.K.
>
>  E Bessinger  wrote in message
>  news:38f08be7.0@news1.mweb.co.za...
>
>>  Nou die aanwins van die bevoling in die Kaap 1808-1837 was soos volg:
>>  Brits 1014 siele of 35,3%
>>  Duits 717 siele of 24,9%
>>  Nederlands 512 siele of 17,8%
>>  Frans 144 sile of 5%
>>  nie-blank 200 of 6,9%
>>  Ander 151 siele of 5,3%
>>  Onbekend 137 siele of 4,8%
>>
>>  Ernest
>
Vorige onderwerp: @home.com(wat reg is vir een is reg vir n ander)
Volgende onderwerp: ICQ in Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:50:25 MGT 2024