Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Muskiete-Jag van AD Keet
Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #29510] So, 26 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Muskiete-jag

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
van jou sal net 'n bloedkol bly
hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery
deur jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure

Mag ek my voorstel eers ons skei
eer jy die doodslag van my kry -
My naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie-
wees ook nie so kieskeurig nie
Jy moet tog éendag sterwe!

Verwekker van malaria
sing maar jou laaste aria -
Mog een minuut vir grasie
al soebat jy nou nog so lang
al sê jy ook: ek is nie bang -
Nooit weer sien jy jou nasie!

Hoe sedig sit hy, o die kring!
Sy kinders kan maar kranse bring
Nou gaan die vabond sterwe ...
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer
My naam is Van deeer Merwe!

(naskrif: Ek had dit ook dat dit "o die kreng" was, maar aldus die
Afrikaanse Verse van DF Malherbe is dit "o die kring")

Thys de Wet op Somerset-Wes waar die 'sedoos' mens die afgelope twee dae mal
gewaai het!
Re: Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #29518 is 'n antwoord op boodskap #29510] Ma, 27 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Muskiete-jag

> Hoe sedig sit hy, o die kring!
> (naskrif: Ek had dit ook dat dit "o die kreng" was, maar aldus die
> Afrikaanse Verse van DF Malherbe is dit "o die kring")
>

Ja Thys, ek verbeel my dit moet "kreng" wees, en ek dink ek
het op 'n stadium die betekenis van "kreng" geken, maar het dit
nou vergeet. Hoekom vra jy nie bietjie rond by die taalmense
nie?

Gloudina
Re: Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #29519 is 'n antwoord op boodskap #29510] Ma, 27 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobbe  is tans af-lyn  Kobbe
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Thys de Wet schreef in berichtnieuws
38de5d5d.0@news1.mweb.co.za...
| Muskiete-jag
|
| Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
| van jou sal net 'n bloedkol bly
| hier op my kamermure.
[...knip...]

'k Krijg er spontaan jeuk van !

En... Had jij geen last van die groene dingen ?
Gewoon uitspuugen, an allezeven de ogen kapottrappen !

Kobbe
Re: Muskiete-Jag van AD Keet [boodskap #29542 is 'n antwoord op boodskap #29510] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
schreef...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Muskiete-jag
>
>> Hoe sedig sit hy, o die kring!
>> (naskrif: Ek had dit ook dat dit "o die kreng" was, maar aldus die
>> Afrikaanse Verse van DF Malherbe is dit "o die kring")
>
> Ja Thys, ek verbeel my dit moet "kreng" wees, en ek dink ek
> het op 'n stadium die betekenis van "kreng" geken, maar het dit
> nou vergeet. Hoekom vra jy nie bietjie rond by die taalmense
> nie?
>

Een kreng zijn de resten van een dood beest. Een kadaver.

Groeten,
Arthur
Vorige onderwerp: Vloektaal
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Verhoogde Politieke Eenheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:26:42 MGT 2024