Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toekoms Advies vir: Hersiende miv+/vigs statistieke
Toekoms Advies vir: Hersiende miv+/vigs statistieke [boodskap #29463] Wo, 22 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die
Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir
die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook inisiatiewe wat
geneem word deur die ANC, veral President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. En om
miv+/vigs statistiek bekend te maak, om publieke bewuswording te
verhoog. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die
Afrika en Suid Afrika Renaissance. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
verhoog. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan
enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse.
Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Wil voorstel om inwinning van inligting - huidige en afwagtende
- aangaande miv+/vigs te verhoog. Scenario beplanning kan ook
verhoog word. Asook toekoms projeksies.

Hersiende statistiek, wanneer beskikbaar, kan d.m.v. die Media
bekend gemaak word, vir verskeie scenarios - huidige maatreels
word gevolg en 'n geneesmiddel word teen 2004 uitgevind,
verhoogde maatreels word gevolg, en 'n geneesmiddel word teen
2004 uitgevind, ens. Asook om bg. te herhaal indien 'n
geneesmiddel vir miv+/vigs teen 2005, 2006, ens. uitgevind word.

Statistiek kan ook hersien en her-uitgereik word, elke 6 tot 8
maande. Asook wanneer betekenisvolle deurbrake gemaak word.
En/of wanneer persentasies verander.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :)
Groter publieke bewuswording aangaande miv+/vigs, en dat
miv+/vigs genees kan word. :) Lewens verwagting kan verhoog
word. :) Statistieke kan as 'n barometer syfer gebruik word, om
suksesse te meet. :) Navorsing kan 'n hupstoot vorentoe kry. :)
Meer akkurate toekoms beplanning kan deur individue en firmas
bereik word. :) Vredevolle multi-kulturele verhoudings kan
verhoog word. :) Vrede en voorspoed kan verhoog word. :)
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel. :)
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Hersiende miv+/vigs statistieke [boodskap #29473 is 'n antwoord op boodskap #29463] Do, 23 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
reisigerNOreSPAM@hotmail.com.invalid skryf in boodskap news:09fcb73d.777f79f0@usw-ex0104-033.remarq.com...
En om miv+/vigs statistiek bekend te maak, om publieke bewuswording te
verhoog.

Net jammer hulle statistiek is nie reg nie, ek dink jy kan die getal maar
met so 2.5 vermenigvuldig.
Vorige onderwerp: Re: Gloudina/ProPacem/@home.com/Tannie
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Pilare en Pale vir Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 12:18:30 MGT 2024