Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antjie Krog in Ottawa
Antjie Krog in Ottawa [boodskap #29362] Do, 16 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gister het ons vir Antjie Krog en Es'kia Mphahlele hier
in Ottawa hoor praat. In die middag het veral Antjie Krog
oor die werk van die "Truth and Reconciliation Commission"
gepraat. In die aand het albei van hulle werke voorgelees in
die publieke biblioteek. Ek was nog nooit vantevore met
Antjie Krog in aanraking nie, en is baie beïndruk deur haar
helder praatstyl en haar diep kennis van wat sedert 1994 in
SA politiek aangegaan het. Een van die dinge wat ek nooit
vantevore besef het nie, is dat die Waarheidskommissie tot
stand gekom het deels omdat die Nasionale Party amnestie
as voorwaarde ge-eis het voordat hulle die finale ooreenkoms
sou teken, wat die demokratiese verkiesings van 1994 moontlik
gemaak het. Ek kan dus nie verstaan hoekom so baie "regses"
so gekla het oor die Kommissie se totstandkoming nie. Dit was
dan juis die Nasionale Party wat daarvoor gevra het.
Een interessante brokkie: sy vertel dat dit soms moeilik
was om die korrekte vertalings van sekere woorde in elk van
die elf offisiële tale te maak. Sy sê daar is byvoorbeeld nie 'n
woord vir "perpetrator" in Afrikaans nie! Sy dink dat die feit
dat daar gelyktydige vertalings in al elf offisiële tale was en
mense dus in hulle eie moedertaal kon praat, grootliks bygedra
het tot die sukses en die indruk wat die getuies op die gehoor
gemaak het. Sy dink die proses van "hoor" wat aangegaan het in
die land van dinge wat gedoen is, 'n nuttige proses was, wat
ook al die uiteindelike konklusies in die finale rapport.
Mense was toegelaat om vrae te vra. In die aand vra iemand
vir Antjie Krog of die "obvious remorse" wat sy nou voel, sy ook
gevoel het voor 1994. Antjie dink toe so 'n bietjie en sê eerlik,
nee, dit was post-1994. Nou ja, dit is baie maklik om sedert 1994
'n groot bekering te ondergaan. Nou is dit die mode om die sondes
te sien vir wat hulle was. Ek dink nog, as alles gesê en gedaan is,
daardie stil vroue van die "Black Sash" was so deur die apartheids-
jare op die trappe gestaan het met lanfer om hulle, die werklike
heldinne was. (En, laat ons nie vergeet nie, meeste van hulle was
Engelssprekend.)
Ons het Krog se boek 'Country of My Skull' gister gekoop.
Toevallig was Antjie ook in die universiteitsbiblioteek toe ons die
boek koop, besig om eksemplare te teken. My man roep my toe
sodat ek die boek kan laat teken. "Dis darem so jammer," sê ek,
"dat dit nie 'Die dye trek die dye aan' is wat sy kan onderteken
nie." Sy was momenteel uit die veld geslaan, maar glimlag toe
skaam. "Dis onregverdig," sê sy toe.

Gloudina Bouwer
Re: Antjie Krog in Ottawa [boodskap #29386 is 'n antwoord op boodskap #29362] So, 19 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Interresant en waarskynlik grootmoedig van haar aangesien sy 'n
> aktiewe ANC-lid in die OVS was VOOR 1994. Waarskynlik ook heelwat voor
> 1994.
>
>

As sy dus 'n ANC lid was voor '94, hoekom het ek dan gedigte van haar in my
Matriek eindeksamen gehad?
Re: Antjie Krog in Ottawa [boodskap #29412 is 'n antwoord op boodskap #29362] Ma, 20 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Phatti wrote:

>> Interresant en waarskynlik grootmoedig van haar aangesien sy 'n
>> aktiewe ANC-lid in die OVS was VOOR 1994. Waarskynlik ook heelwat voor
>> 1994.
>>
>
> As sy dus 'n ANC lid was voor '94, hoekom het ek dan gedigte van haar in my
> Matriek eindeksamen gehad?

My wereld, Paul Bester, jy is darem dig. Het jou onderwysers jou nievan Antjie
Krog vertel nie. Sy het haar eerste bundel uitgegee toe sy
nog 'n tiener was. Sy is in 1952 gebore. Dus kan jy van omtrent die
laat sestigerjare af gedigte van haar gelees het. En wat het die feit dat
sy 'n ANC lid is, te doen met watter digters jy in jou matriek eksamen
gehad het.

Die tannie met die verslae kyk in haar oge
Re: Antjie Krog in Ottawa [boodskap #29413 is 'n antwoord op boodskap #29362] Ma, 20 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
none-suppiled  is tans af-lyn  none-suppiled
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 19 Mar 2000 23:53:15 GMT, "Phatti" wrote:

Jy se elders jy sal nie weer kontak met my bedryf nie.
Hou asb. by daardie belofte.
Vorige onderwerp: Mosambiek oorstromings
Volgende onderwerp: Treffend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 00:14:52 MGT 2024